Pasgelaai

Nuut by Lapa: ’n Jaar in my lewe deur Louis Pretorius

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-10-16

’n Valentynssokkie en ’n wolkbreuk. ’n Rekenaarspeletjie en ’n oomblik in die fliek. ’n Laataandgesprek met Eurythmics se "Sweet dreams" wat speel. ’n Vonk.

Nuut by Queillerie: Eleksie op Erdvark deur Rudie van Rensburg

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2025-10-16

Soois Swart se sukkelende koerantjie op Erdvark in die Knersvlakte berig sonder moderne tegnologie oor die naderende munisipale eleksie. Vir die eerste keer in ’n dekade word die BA Minus deur twee ander partye teengestaan.

A review and rethinking of Joseph and the amazing technicolour dreamcoat

Jessica Smith Lifestyle and entertainment 2025-10-16

"It is always evident when directors have properly supported their cast in realising and portraying fully formed characters. This production is one in which it shows."

Die storie van ’n storie: van roman tot draaiboek

Frederik de Jager LitNetKanaal op YouTube 2025-10-16

"Die verhaal is uitgeknip vir ’n film: Dis ’n buitengewone avontuur; dis ’n liefdesverhaal; dit klop met die gees van ons tyd van klimaatskrisis; dit het emosionele en intellektuele diepte, en sterk visuele trefkrag."

Dinkskrum: Gedagtes oor skrywers se voedingswaarde vir die siel

Jason Lloyd Rubrieke 2025-10-16

"Skrywers voed hul eie siele deur ervarings soos lees, navorsing, luister en verbinding met die natuur, wat hulle van die roumateriaal vir hul skryfwerk voorsien. Hulle voed ook hul siele deur die skryfwerk self, en gebruik dit as ’n manier om emosies te verwerk, van trauma te genees en met hul intuïsie te skakel."

Klein konings deur Theo Kemp "’n leeservaring uit die boonste rak"

Deborah Steinmair Resensies 2025-10-16

"Kemp druk sy vinger in vele wonde. Die roman is ’n studie oor skuld. Hy laat die hoofkarakters se geskiedenis oopval soos die land s’n. ’n Land waar een se erfenis die ander se letsel is. Niks is eenvoudig nie. Antwoorde is daar nie. Dis die karakters wat jou bybly."

Wanneer die krieke stil word: ’n onderhoud met Petro Kotze-Odendaal

Louise Viljoen (JBay), Petro Kotze-Odendaal Skrywersonderhoude 2025-10-16

"Dit is ’n ware lewensverhaal oor om die wedstryd van die lewe met ’n laat wegspring te begin, weens ’n alkoholispa en ’n gebroke ma."

Op dees aarde: Tylenol en ander aanslae op vroue se besluite oor hul eie liggame

Elsabé Brits Rubrieke 2025-10-16

"Van ál die medikasie op aarde, het Robert Kennedy Jr, die minister van gesondheid in Amerika, besluit om ’n aanslag te voer op Tylenol (asetaminofeen); hier by ons beter bekend as Panado. Maar die gekkigheid is net een van die aanslae op vroue se besluite oor hulle eie liggame."

GA Watermeyer (1917–1972)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2025-10-16

"Ek het nog altyd meer gemeenskap met die veld, die rante, die bome en die berge gehad as met mense." Lees meer oor die lewe en werk van GA Watermeyer in die ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche

Taxi

Anton van Rensburg Poësie 2025-10-16

"as die baas ook sy rantsoen
teen driemaal honderd eis.
Wat neem ek dan saam
vir almal by die huis?"

Toyota Stellenbosch Woordfees: Wat beteken IK in die tyd van KI?

Jean Oosthuizen Menings 2025-10-16

"Kritiese denke, nie net KI nie, moet die kern van onderwys bly. Só lui die sentrale boodskap van ’n lewendige paneelgesprek ('KI in die klaskamer') van die Netwerk24-gespreksreeks waar kenners en opvoeders die impak van KI op leer en onderrig bespreek het."

Atrium – Gedigte 1970–2025 deur Marlise Joubert (samesteller: Karen de Wet): ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Dewald Koen Resensies 2025-10-16

"Joubert se veelsydigheid verkry gestalte deur haar lewenservaringe en wederswerwinge. Atrium kan as ’n klein ark beskou word wat gevul is met allerlei kleinode waarin haar verse bewaar word."   

Huil die maan ooit oor die son

Tania Colyn Poësie 2025-10-16

"want die groter duister weet:
Sommige harte is veiliger op ’n afstand sodat hulle mekaar nie breek."

Glorie gevul

Tiaan Wentzel Poësie 2025-10-16

"My hart klop weer,
’n optimistiese ritme,
’n lied van oorwinning."

Die woorde

Anoniem Poësie 2025-10-16

"toe werp ek hulle hier neer 
uit my gedagtes uit 
vir altyd vasgevang 
met ink in papier "

Skilpadklip

Nato Zondagh Fiksie 2025-10-16

"Ek was die stom getuie van droogtes. Sterk westewinde het maande lank gewaai. Stofstorms en dwarrelwinde het droë tolbosse rondgewaai. Ek het gras en bossies sien verdor en diere wat van honger en dors gevrek het."

Fotoblad en kort opname: Vyfde Swart Afrikaanse skrywersimposium (Universiteit van Wes-Kaapland, Oktober 2025)

Ian Landsberg LitNetKanaal op YouTube 2025-10-16

Die vyfde Swart Afrikaanse skrywersimposium (Sas) het op 10 en 11 Oktober 2025 by die Universiteit van Wes-Kaapland plaasgevind. Hiermee ’n fotoblad deur Ian Landsberg.

Vyfde Sas-simposium: Swart Afrikaanse letterkunde – ’n tradisie in wording

Hein Willemse Seminare en essays 2025-10-16

Die eerste Swart Afrikaanse skrywersimposium is 40 jaar gelede op die UWK-kampus aangebied. Hein Willemse verskaf die teks van sy openingstoespraak by die vyfde Swart Afrikaanse skrywersimposium, wat op 10 en 11 Oktober by die Universiteit van Wes-Kaapland plaasgevind het.

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Oesie meense – ’n onderhoud

Naomi Meyer, Danneline Ramsden Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-10-15

"Oesie meense is eg en oorspronklike Namakwaland-stories en -musiek. Ek vertel stories wat regtig gebeur het, sonder om mense se name te noem. Dis net om myself ook te beskerm. Namakwalandse stories is oor die algemeen baie komies. Dit hou veral verband met ons manier van vertel." 

Toyota Stellenbosch Woordfees 2025: Kruger en Tutu: Wit, swart en volkleur serenades – ’n foto-essay

Yolanda Saayman Toyota Stellenbosch Woordfees 2025-10-15

"Wat begin het as ’n toevallige ontmoeting deur Parkour, het ontwikkel in ’n dinamiese, musikale vennootskap tussen Matt Kruger en Warren Tutu. Hulle doel is duidelik: om musiek te skep wat genees, verbind en oor kulture heen betekenis dra. Met hierdie produksie het nie net kulture en klankstyle saamgesnoer nie, maar in ’n viering van musiek se verbindende krag, is dié visie met flair op die verhoog gebring."

Top