Pasverskyn: Seuns weet deur Frederick Botha

  • 0

Titel: Seuns weet
Skrywer: Frederick Botha

Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485316121

’n Debuutbundel met kortverhale waarin ’n jong, wit, gay Afrikanerman sy ervaring van seksualiteit, geloof, familiebande, vriendskap, outeurskap en die sosiale werklikheid waarin hy homself bevind, ondersoek.

“Afgesien van die ryk en deeglik georkestreerde inhoud van hierdie verhale moet ook genoem word hoe fyn en sensories die waarnemings is en hoe skerp die formulering daarvan is, dikwels ook hoogs komies ... Dit is ’n literêre teks van agbare vaardigheid en impak ... Eweneens sou ek ’n pleidooi wou maak dat Seuns weet as hoofstroomletterkunde van die hoogste orde gesien moet word.” ~ Frederik de Jager

“Suggestieryke en genuanseerde verhale. ’n Eiesoortige perspektief op wat seuns werklik weet, wat hulle wil weet en wat ander nie van hulle weet nie...” ~ Marius Crous

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top