Pasgelaai
Kommadagga 2022: Koos Kombuis onthou hoe Huisgenoot hom aan die lewe gehou het
2022-05-26Die sluitingsdatum vir aansoeke vir LitNet, Huisgenoot en die Jakes Gerwel Stigting se Kommadagga-slypskool vir tydskrifverhaalskrywers is om die draai: 10 Junie 2022. Koos Kombuis vertel hoe hy as jongman oorleef het deur verhale aan Die Huisgenoot te lewer.
Oor plek, inheemsheid en mag
2022-05-26"In die suide van Afrika het ’n slaaf uit die hartland van Tamilsprekende Indië ’n heenkome gevind en ’n nageslag nagelaat, net soos Danny Titus wat in sy naam die geskiedenis van verdrukking dra. Ons kan op uiteenlopende maniere Suid-Afrikaans wees, en daarvoor is inheemsheid nie ’n voorwaarde nie. Suid-Afrika behoort aan ons almal. Dit is waarvoor ons ons moet beywer." – Hein Willemse (Danny Titus-gedenklesing, DAK Netwerk, Mei 2022)
Persverklaring: PEN Afrikaans oor die voorgestelde naamsverandering van die Afrikaanse Taalmonument
2022-05-25Daar is min instansies wat sigself so deeglik herbesin het as juis die Afrikaanse Taalmonument en -museum. Nie net is dit veelrassig nie, dit is ook een van die min ruimtes wat die slaweherkoms en die wesenlike invloed van die Islam op Afrikaans openlik vier en tentoonstel. | There are few institutions that have reimagined themselves as thoroughly as the Afrikaans Language Monument and Museum. Not only is it multiracial, but it is also one of the few spaces that openly celebrates and exhibits the slave origins and the substantial influence of Islam on Afrikaans.
Reguit met Robinson: Is transformasie bloot ’n mooi woord vir die US?
2022-05-25Ervaar mense van kleur voortdurende rassisme aan die US, of is die onlangse insidente uitsonderlik? Wat doen die universiteit met hulle opdrag om te transformeer? Is transformasie bloot ’n mooi woord vir die US?
Aankondiging van wenverhale: Toegang – ’n kortverhaalkompetisie
2022-05-25PEN Afrikaans is trots om die wenners van ons kortverhaalkompetisie met “toegang” as tema te kan bekend maak.
Die rooi tekkies
2022-05-25"Elisa laat sak die mes en vee ’n straaltjie sweet langs haar neus met haar voorskoot se soom af. Sy is in elk geval te swak om te baklei. Die mens voor haar kon haar al lankal oorrompel het as hy wou. Hy lyk soos die branderplankryers wat gereeld hier verby haar huisie stap strand toe, verbleikte stuk hout onder een arm vasgeklem. Onskadelik."
Indemnity: ’n filmresensie
2022-05-25"Taute het in die onmoontlike geslaag: om ’n onverwagse rowwe-diamant-kwaliteit aan plaaslike aksie te gee. .... Hier is ’n visueel-geletterde regisseur wat ritme, ruimte, voorkoms, spanning en impak verstaan."
Elders gesien: Groot skrik teen Tafelberg
2022-05-25"Ek het nooit daar vuur gemaak nie en teen skemer altyd seker gemaak ek is alleen daar en het dan op die kant tussen die bosse gaan lê, sodat ek nie verras kan word nie."
Oupa Zombie deur Jaco Jacobs: ’n resensie
2022-05-25"Jy mag dalk geflous word om te dink hierdie is ’n lekker verbeeldingryke storie wat te goed klink om waar te wees, maar dit is steeds in die werklikheid geanker."
Die Charter of Compassion 12 jaar later
2022-05-25"Dalk het die tyd aangebreek dat vroue moet regeer. In elke land waar vroue aan bewind is, van Afrika tot Europa, word gesinne sentraal geplaas."
Covid – waar ons nou trek
2022-05-25"Mense is eensaam. Dit is nie die hermiet wat kies om alleen te bly nie, dit is die ganse planeet vol mense wat verby mekaar leef."
Nonnetjie van Aardt se laaste dag op aarde
2022-05-24"Mans is ons gewoond, het sy nog gedink. Hulle is ons handigheid, ons geskrop en gemop gewoond. Hulle staan aan die ander kant van die streep en los ons op die terrein wat ons vir onsself afgebaken het, hulle ten goede."
Nuut by LAPA: Die skool vir rampspoedige talente en ander gelukkige stories, saamgestel deur Marieta Nel
2022-05-24’n Splinternuwe versameling van die beste gedigte, kortverhale, dramas en volksliteratuur.
Nuut by LAPA: Blinkertjies in Pa se baard en ander skitterende stories, saamgestel deur Marieta Nel
2022-05-24’n Splinternuwe versameling van die beste gedigte, kortverhale, dramas en volksliteratuur.
Nuut by LAPA: Sal ’n skilpad op jou piepie? En ander gruwelike en grillerige vrae oor die natuur deur Jaco Jacobs
2022-05-24Wees gewaarsku – hierdie boek is propvol feite wat jou kan naar maak en laat gril!
Nuut by LAPA: Vrydag is ek verlief deur Cecilia Steyn
2022-05-24Ella Olivia is ’n kranige lysiemaker wat haar hele lewe fyn probeer beplan, want sy glo alle slegte dinge gebeur op Vrydae.
Nuut by LAPA: Die bok wat sy spring verloor het deur Marleen Lammers
2022-05-24Wat is ’n springbok sonder sy spring? Net ’n ... bok?
In conversation with Hannes Barnard about Halley’s Comet
2022-05-24"They run for their lives as dusk turns into night. Bullets fly as he gets closer. They stop breathing because it’s making too much noise. Still, Rudie comes closer. And closer."
Pasverskyn: Mixtape van die liefde, saamgestel deur Antjie Krog
2022-05-24Hierdie bundel gedigte verken die verskillende dimensies van die liefde.
Wind
2022-05-23"In die stormwind moes Aaron uit sy kamer kom om die windpomp te gaan vasmaak, want die dam loop oor. Die windpomp skree: Wat draai jy my arm so agter my rug in op? Ons loer deur die gordyne; bang dat Windvoёl ons sal sien. Aaron loop koes-koes; hy is ook bang. Golwe waai oor die dam se walle. So moet die see seker lyk, sê Sussie, net groter ... baie groter. Maar rond, sê ek."
