Pasgelaai

Monster deur Rudie van Rensburg: ’n resensie

Anschen Conradie Resensies 2022-05-23

"My gunstelingkarakter was ongetwyfeld die mesmoordenaar. Hy is uiteraard ’n skurk, maar ’n genotvolle een."

Kiekie

Martin Labuschagne Poësie 2022-05-23

"herinneringe het hierdie karkas
tot manlikheid laat swel
en van binne uitgehol"

Windmill

Heidi Henning New writing 2022-05-23

"She plays a sound
Drawn from a deep-water source
She holds power"

Ek wil

Neo Mehlomakulu Poësie 2022-05-23

"ek wil almal voor God laat sit
en hulle Hom laat vra of ek
enigsins betrokke was
toe Hy my geskape het"

Persverklaring: Die UJ-debuutprys vir Afrikaans en ander debuutpryse

LitNet Boeke en skrywers 2022-05-23

Hierdie pryse, en die ontvangers daarvan, moet nie verwar word met die prys wat as Ingrid Jonker: L’ Art Poétique bekend staan nie.

’n Klassieke verhaal: Labirint deur Chanette Paul

Erla Diedericks Lesersindrukke 2022-05-23

"Labirint is geskoei op ’n storie in die Griekse mitologie wat vertel van die doolhof wat deur koning Minos onder sy paleis gebou is om sy stiefseun, ’n minotaurus met die kop van ’n bul en die lyf van ’n man, in weg te steek."

Hipoksie

Adelle van Wyk Fiksie 2022-05-20

"Elizabeth, dit is onnodig om so plat te praat. Dié sou sy nou al moes gehoor het oor die kussingsloop as Ester se praat nog gewerk het. Pal is sy reggehelp, asof háár Afrikaans vuil skollegoedwater is."

Afvlerkmens: ’n onderhoud met Grant Jefthas

Naomi Meyer, Grant Jefthas Skrywersonderhoude 2022-05-20

"Met 'Scheme-Kind' verklaar ek trots dat ek van die ghetto is. Die 'ghetto' van Franschhoek, Mooiwater HOP Skema, wat die toeriste nie eens van weet nie. Ek verklaar: 'Kinders uit sulke skemas, plakkerskampe en plase kan dit ook maak!'"

LitNet: Taalmonument

LitNet Nuusbrief 2022-05-20

LitNet: Taalmonument

Oor die Afrikaanse Taalmonument se voorgestelde naamsverandering: Danie van Wyk se mening

Danie van Wyk Seminare en essays 2022-05-20

"Daar kan nie meer aangevoer word dat die Taalmonument ander taalsprekers uitsluit nie. Erkenning word juis gegee aan die invloed van Afrika-tale op Afrikaans ook. Die Afrikaanse Taalmonument het ’n simbool van versoening geword en het lankal die kleed van ’n apartheidsinstelling afgewerp."

Theuns Eloff: Aftakeling van Afrikaans as akademiese taal universiteite se eie skuld

Jean Oosthuizen Menings 2022-05-20

Die enigste plek waar Afrikaans nog tot ’n mate as akademiese taal sal voortbestaan, is volgens Theuns Eloff die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom. In Stellenbosch sal Afrikaans nog net twee jaar as akademiese onderrigtaal oorleef voordat die universiteit volledig Engels sal word.

Persverklaring: Nuweling-dramaturge kan nou aansoek doen vir NATi Jong Sterre-projek

LitNet Suidoosterfees 2022-05-20

Opkomende dramaturge wat graag hulle werk op ’n professionele verhoog wil sien, kan nou aansoek doen vir deelname aan die Jong Sterre-mentorskapprogram. Dié projek word deur die Suidoosterfees, NATi, die Jakes Gerwel Stigting, Kunstekaap en Kunste Onbeperk aangebied, en onderskraag belowende skrywers deur hul verhoogtekste te ontwikkel, af te rond en by die Suidoosterfees op te voer.

Hoekom skryf ek in Kaaps?

Tasneem Daniels Menings 2022-05-20

"Kaaps stereotypes moet nou laain, en dis tyd dat mee Malay Kaaps Muslims daai feit moet onthou ennie skaamte daa’oo los."

Denke wat kan dans: Johan Degenaar en die kuns van gesprek

Andrew Nash Menings 2022-05-20

"Degenaar self het altyd verwys na Sokrates, ’n soort vaderfiguur vir die Westerse filosofie, as die beginpunt van sy eie filosofiese trajek. In ’n onderhoud wat hy met Pieter Duvenage gevoer het, vertel hy: 'Ek sou sê my eerste jaar, my ontmoeting met Sokrates, was ’n sentrale gebeurtenis in my lewe. En dit lyk my, as jy hom eers ontmoet het, dan los hy jou nie'."

Plak jou artist responsibility pledge vas op jou muur as djy rêrag ’n artist wil wies

Tasneem Daniels Menings 2022-05-20

"Daa is soeveel wêk wat ôs moet doen, stories wat ôs moet skryf en act en produce en direct, soeveel films wat ôs moet maak, soeveel poems in baie different tale wat ôs moet skryf ommie wêreld bieterer te maak."

Kompoun deur Ronelda Kamfer: ’n leeskringbespreking

Chris van der Merwe Leeskringe 2022-05-19

"Xavie het gelyk. In die taal van Kompoun het vroue wat stilweg ly, ’n stem gekry; ontwortelde mense het, deur die vertel van hul storie, ’n nuwe betekenis ontvang, en hul taalgebruik ’n vars erkenning. Met haar debuutroman het Ronelda Kamfer die Afrikaanse prosa verryk en verruim."

Duine

Johann Crous Fiksie 2022-05-19

"Soveel mooi en blink het ek in my hele lewe nie gesien nie. Dit was die binnekant van Leonard-hulle se sinkhuisie wat prentjiemooi op die sandvlaktes tussen die Port Jacksonbome en die bloekoms gestaan het."

Disinformation in the Global South: ’n onderhoud met Herman Wasserman

Menán van Heerden, Izak de Vries, Herman Wasserman Skrywersonderhoude 2022-05-19

Wêreldpersvryheidsdag word elke jaar op 3 Mei gevier. Vanjaar se tema is "Joernalistiek onder digitale beleg". Herman Wasserman vertel vir Izak de Vries en Menán van Heerden oor sy jongste twee projekte: ’n boek, Disinformation in the Global South, en ’n verslag, "Meeting the challenges of information disorder in the Global South".

Nuut by Tafelberg: Bot deur Carien Smith

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2022-05-19

Bot is ’n verrassende debuut wat ’n eiesoortige staanplek in die Afrikaanse verhalewêreld kry.

Nuut by Penguin: Tenk deur Pieter Stoffberg

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2022-05-19

Dit is van die grootste veldslae met Suid-Afrikaanse tenks in Angola. Daar is soldate wat sterf en vermink word. Ander breek onder die spanning. Almal keer terug met wonde in hul gemoed.

Top