Nuut by Hemel & See: Verdeelde stand | Divided stance deur Celesté Fritze

  • 0

Celesté Fritze is ’n welbekende digter en skrywer. Haar roman Verlorenkop was in 2017 op die kortlys vir oa die ATKV‑prosaprys en die Jan Rabie Rapport‑prys (debuutwerk, fiksie).

Verdeelde stand | Divided stance is haar debuut-digbundel. Dit is saamgestel uit die vermenging van onder meer tale, kulture en seksualiteite in die diverse Suid-Afrikaanse werklikheid oor verskeie tydvakke heen. Die Afrikaanse en Engelse gedigte meld aan in die digter se voorkeurtaal vir die tema, stemming of onderwerp en is nie vertalings of verwerkings van mekaar nie. Die digter gebruik die taal van die moeder en die werkstaal van die vader om wydlopende temas soos die omgewing, meertaligheid, tolking, die politieke bestel, die liefde, verlies en veroudering, die Covid-19-pandemie, metapoësie, delusies, en drome aan te roer.

Klik hier vir nog inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top