Nuut by Penguin Random House: Die drie lewens van Hannli Human deur Connie Luyt

  • 0

Reeds as ’n dogtertjie in Kenia leer Hannli die pyn van verlies ken. Ná die MauMau-aanvalle moet sy en haar gesin hul plaas verlaat en Suid-Afrika toe verhuis.

As student beleef sy ’n erge trauma waarvan net haar ouma Hannie, by wie sy haar sesde sintuig geërf het, weet.

Toe kom Buks Vermaak, en ná jare se gesukkel, ’n dogtertjie, Nell. Maar ’n droomhuwelik met Buks was haar nie beskore nie. Toe hy sterf, verkoop sy die huis in Pretoria en gaan woon in hulle strandhuis in Salt Rock.

Sal haar ouma se belofte van ’n gelukkige lewe vir haar hier op Salt Rock waar word – of lê haar geluk verder noord in die Afrika-landskap van haar kindertyd?

Klik hier vir nog inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top