Pasgelaai

Die geel dag

Neo Mehlomakulu Poësie 2023-08-10

"en teruggereis in tyd
en lot se vrou bevry van haar soutpilaar-tronk
ek het saam met julie andrews
oor die heuwels gehardloop"

My labirint

Martin Labuschagne Poësie 2023-08-10

"en teken my testament
op my handpalm
met neon kapsules,
om te neem soos benodig"

Dit is volbring

Waldemar Gouws Poësie 2023-08-10

 "kruis en dwars
tegnies geteiken en toe verdoem 
tot tombe vir die maan
se getye in pekel"

Afrikaans Huistaal: Literêrenavorsingstaak – voorbeelde vir graad 9 en graad 11, kwartaal 3

Dewald Koen Skole 2023-08-10

In die derde kwartaal moet leerders ’n literêrenavorsingstaak voltooi. Dewald Koen verskaf raad en wenke aan leerders, ouers en onderwysers.

Jy en net jy

CJ Saterdag Poësie 2023-08-10

"Wanneer ek wegraak
en die son my verblind
luister ek vir jou stem"

Die Eybers-dag – Letterkundetoer 2023

Ena Jansen Boeke en skrywers 2023-08-09

"Dis dag een van die tiendaagse Letterkundetoer deur Marieta Nel en Karin Tomlinson georganiseer. Elisabeth Eybers (1915–2007) is die vanselfsprekende eerste fokuspunt."

Is Vrouedag relevant?

Freek Robinson, Amanda Gouws Onderhoude 2023-08-09

Moet ons nog Vrouedag vier? Vaar Suid-Afrika goed met vroueregte sedert die totstandkoming van ons demokrasie? Het feminisme nog ’n plek in ons samelewing? Wat van die transgesprek? En die woke-beweging? Waar pas geloof in hierdie prentjie? Amanda Gouws neem Freek Robinson deur hierdie vrae, en vele meer.

Die meeste mans het ’n godkompleks

Nic Prinsloo SêNet-briewe 2023-08-08

"Hou op om jou blind te staar aan tradisionele geslagsrolle. As jou vrou ’n beter handyman (sien wat ek bedoel) as jy is, of meer geld verdien, waardeer haar daarvoor en gee haar die ruimte om haar ding te doen terwyl jy gaan kosmaak."

Persverklaring: Taalgenoot-RUK EN RYM gerat om geraas te maak

LitNet ATKV-Portaal 2023-08-08

RUK EN RYM is oop vir enige klankskeppende kunstenaars wat alternatiewe musiek met Afrikaanse lirieke maak. Wat beteken "alternatief"? Dit beteken enigiets wat afwyk van die hoofstroom – kunstenaars wat innoveer en wat die strewe na vars klanke en ritmes hoër ag as om neigings te volg.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Julie 2023

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2023-08-08

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Julie 2023 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Persverklaring: Huldigingsgeleentheid vir CJ Langenhoven, 150 jaar ná sy geboorte

LitNet Boeke en skrywers 2023-08-08

Die FAK se Kaapkantoor nooi graag die FAK-vriende in die Suid-Kaap uit na ’n huldigingsgeleentheid vir CJ Langenhoven om hom 150 jaar na sy geboorte, in 1873, te herdenk by sy woning, Arbeidsgenot, in Oudtshoorn. Bring gerus u familie en vriende saam.

Oppenheimer: ’n filmresensie

Leon van Nierop Film 2023-08-08

"Eintlik gaan Oppenheimer veral oor die geniale fisikus se hoed. Opmerklik dat hy een van die min karakters is wat ’n hoed dra in ’n era toe alle mans met hoede gespog het. Dit isoleer hom nie net visueel van die menigte koue wetenskaplikes wat hom omring of leegtap nie; dit skerm soms gedeeltes van sy gesig of oë af. Maar wanneer Nolan hierdie veelbesproke figuur in fokus kry, pen sy ysblou oë jou teen die muur vas."

Graad 8: Wiskundevraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2023-08-08

Dis ’n week met ’n vakansiedag; wie’s lus om hulle oor Wiskunde te bekommer? As jy in graad 8 is en jy wil nie dat breuke jou hoofbrekens besorg nie, laai hierdie gratis Wiskundevraestel deur Lee-Ann West af. Maak sommer ’n pizza en kyk wie het al ’n derde van hul pizza geëet ... As jy aanhou oefen, verorber jy uiteindelik jou eie kommer stukkie vir stukkie en kry goeie punte in hierdie toetsreeks.

Elders gesien: Die Napier-Ekspedisie, aangebied in die skrywer Wilma Stockenström se geboortedorp

Henk Serfontein Elders gesien 2023-08-07

"Op pad, in die mis, het ek ’n noue ontkoming met ’n tarentaal of twee gehad, maar ’n literêre fees wat met skons en room en ’n trekkeroptog begin, verdien my aandag."

Klein, maar wonderlik: ’n lesersindruk van Claire Keegan se Small things like these

Izak de Vries Lesersindrukke 2023-08-07

"Wanneer Furlong egter een snerpende oggend ’n meisie in die steenkoolhok ontdek, klop hy aan by die klooster en word dadelik vertel dat sy wegkruipertjie gespeel het. Hy kry warm tee en koekies, plus ’n Kerskaartjie met ’n allemintige 50 pond daarin."

Terugvoer oor die tweede Cape Flats Stories: ’n oorsig deur Christa Kleynhans

Christa Kleynhans Menings 2023-08-07

"Chenal  Kock-Collins, Christine Collins, Kelly Pockbas en Barend van der Merwe het die slypskool oor die evolusie van Afrikaaps na Afrikaans, van skinderstorie na storievertel bygewoon."

Persverklaring: Fotografiekursus | Press release: Photography course

LitNet Afrikaanse Taalmuseum en -monument-portaal 2023-08-07

Taalmonument en Haarhoff bied gewilde werkswinkels vir beginners en bekwames. | Taalmonument and Haarhoff offer popular workshops for beginners and the experienced.

Persverklaring: Eerste Innibos Boekenaweek in September op Kaapsehoop gehou

LitNet Boeke en skrywers 2023-08-07

Liefhebbers van lees, boeke en woorde moet nie die eerste Innibos Boekenaweek van Vrydag 1 September tot Sondag 3 September op Kaapsehoop misloop nie.

Die Johann Rossouw-gespreksreeks: in gesprek met René Girard oor die apokalips van ons tyd

Chantal Delsol, Johann Rossouw Seminare en essays 2023-08-07

"Die eietydse aankondiging van toekomstige klimaatskatastrofes openbaar die einde van die vooruitgangsgeloof, oftewel die idee dat die onbepaalde vooruitgang na die beste sy afsnypunt en sy versadigingspunt bereik het. Ons beweeg nie meer na ’n onbepaalde verbetering toe nie. Ons beweeg deur die afwisseling van orde en chaos, en dít in ’n sirkulêre beweging."

LitNet se Kommadagga-slypskool in samewerking met die Jakes Gerwel Stigting en Huisgenoot: ’n onderhoud met Fourie Botha

Naomi Meyer, Fourie Botha Slypskole 2023-08-07

"Skryf is ’n werkwoord. Wanneer ’n mens op ’n fiets klim, word jy ’n fietsryer; stap jy by ’n prokureursfirma in, is jy ’n kliënt. Meld jy by die Paulet Huis aan, kyk die mense daar vir jou soos ’n mens na ’n skrywer kyk en moet jy na jouself as ’n skrywer kyk. Jy het opgedaag om jou job te doen, en soos by enige werker is daar ’n doel voor oë."

Top