Pasgelaai

’n Kerssprokie ... met bobotie en geelrys

Karen Hart Kos en wyn 2023-12-19

"Op my Kerstafel skep ek ’n nuwe kossprokie – ’n lekker tradisionele feesmaal wat my sak pas en my nie gaan laat bloed sweet tot einde Januarie nie. Bobotie met geelrys en stoweperskes, omring deur bakkies met klapper, blatjang en sambal, miskien nog ’n lekker vars slaai – vir die koeligheid en die mooi."

Alice, Darling: ’n filmresensie

Liné Loff Film 2023-12-19

"Die film werp lig op die tipe komplekse emosionele mishandeling wat mense dikwels verskoon of ontken omdat die persoon hulle nog nooit fisiek aangerand het nie."

Ontaard deur Pieter Odendaal: ’n resensie

Elodi Troskie Resensies 2023-12-19

"In Ontaard is betekenisvlakke op mekaar gestapel soos rotslae; dit kring uit soos die jaarringe van ’n boom. Leesstof vir die valkoog-fynleser."

Is daar nog rede tot feesviering hierdie Kersfees?

Bettina Wyngaard Rubrieke 2023-12-19

"Vanjaar, met oorloë wat oral woed, is daar wêreldwyd selfs minder rede om Kersfees te vier. In Bethlehem, sentraal aan die Kersverhaal, word kinders daagliks uitgemoor."

In gesprek met Kleinboer oor die kosmos en sy bundel erf en elders

Albert de Vos, Kleinboer Skrywersonderhoude 2023-12-18

"Ja, die verganklikheid spook nogal by my, die vlugtigheid van alles. Ek sê gereeld vir blommetjies in die verbygaan: 'Ek sien julle, hoor!' Môre sal hulle verwelk wees en oormôre leweloos."

Lesersindruk van Koos Visser se boek Die geestelike noodtoestand in die kerk

Henrietta Klaasing Lesersindrukke 2023-12-18

"Die skrywer skryf van leertugondersoeke waarby hy self betrokke was en sê dat die ommekeer in die kerk plaasgevind het toe Skrifkritiek en sogenaamde Bybelwetenskap deur liberale teoloë as van hoër gesag as die Bybel geag is."

Bridge by Lauren Beukes: a review

Laurette de Jager Books and writers 2023-12-18

"And then, a mother is necessarily also the bridge through which we enter this world. Every single one of us crossed that bridge to get here, irrespective of the relationships we may have with our mothers throughout the rest of our lives."

Gerda Taljaard (1971–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2023-12-18

"Wanneer ’n mens in jou moedertaal skryf, kom dit wat in die onbewuste onderdruk word, na die oppervlak. Dan skryf jy uit jou binnegoed en uit jou hart, met integriteit en rou eerlikheid."

The sound of music in die Kunstekaap: ’n "favourite thing"

Naomi Meyer Teater 2023-12-18

"Soos ’n geliefde troeteldier wat ’n paar dae lank weg was en nou weer eensklaps in jou voordeur staan, daag The sound of music in die Kunstekaap op."

The Ecca group of poets launches The salt of being

Izak de Vries Books and writers 2023-12-18

"The group writes poetry, publishes an anthology and uses the money raised to fund their next anthology."

Persverklaring: Nog vyf suksesvolle aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds

LitNet PEN Afrikaans 2023-12-14

PEN Afrikaans maak met trots bekend dat die volgende vyf vertalings na afloop van die jongste ronde aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds gefinansier sal word.

Slawevrystelling aan die Kaap op 1 Desember 1834: Moet dit gevier of herdenk word?

Danie van Wyk Seminare en essays 2023-12-14

"Dit alles in ag genome kan die vrystelling van die slawe nie gevier word nie. Dit was nie ’n oorwinning van hulle kant nie, maar ’n edik wat deur die Britse regering uitgevaardig is waarin hulle vrystelling gewaarborg is ... ’n Herdenking van die vrystelling van die slawe sal meer gepas wees."

Press release: Liewe Heksie vang vis at The Baxter

LitNet Lifestyle and entertainment 2023-12-14

The beloved Afrikaans children’s classic Liewe Heksie vang vis, performed by Margit Meyer-Rödenbeck, flies into The Baxter for a short season this summer from 13 to 21 December 2023 at 10:00 and 12:00.

Inge Engelbrecht se PhD in Afrikaans, Engels en Kaaps: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Willemien Froneman, Inge Engelbrecht Onderhoude 2023-12-14

"Die PhD-proefskrif stem uit my master’s research oor drie coloured composers van Genadendal, die eerste mission station en Moravian mission station in Suid-Afrika. Omdat ek self in die kerk grootgeword het, was my interest spesifiek gepique deur een komponis se kerkmusiek wat my aan die rhythmic traits en syncopation van die koortjie remind het."

LitNet: Jou 1 093 bladsye nuwe Afrikaanse akademiese navorsing

LitNet Nuusbrief 2023-12-14

LitNet: Jou 1 093 bladsye nuwe Afrikaanse akademiese navorsing

New from Naledi: Moscow by Gerrit Olivier

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-12-14

Gerrit Olivier, South Africa’s first ambassador in the new Russian Federation (1991-1996), tells the story of the enriching events in Moscow as he experienced firsthand during his term: the fall of the once powerful Soviet Union; of Soviet communism; President Mikhael Gorbachev; but also of the Cold War and the resurrection of Russia under Putin.

Nuut by Naledi: Faust deur Goethe, vertaal deur Robert Schall

LitNet Op die redakteur se lessenaar 2023-12-14

Die karakter Faust is die beliggaming van elke individu wat morele waardes verruil vir eie gewin: Hierdie nuwe vertaling van Faust is getrou aan die groot verskeidenheid rym-, metrum- en versboupatrone van die oorspronklike teks.

’n Ander land | Wetenskapfiksiekompetisie

Sidney Gilroy Fiksiekompetisies 2023-12-14

"Hy was op die plaas toe die eerste bomme val. Dit was laataand."

Volpunte

Ena de Kock Fiksie 2023-12-14

"Hy gaan uit en skop sy sokkerbal teen die muur. Hy dink aan die perd wat nie omgee wat jy haar baba noem nie. Hy dink hy gee nie om dat sy ouma die toets sou gedruip het nie. Hy dink aan haar bewerige groot hand wat oor sy kop streel. Hy dink haar hande kan ’n dier regdokter al kan daardie hande nie skryf nie. En haar oë is sag en vriendelik al kan hulle nie lees nie."

Leemte

Catherine Janse van Rensburg Poësie 2023-12-14

"Die koue kleef nog
Die winter sny
Ek strek na stilte
Jy vou die lente om my"

Top