Pasgelaai

Taalwetgewing in Suid-Afrika

Theodorus du Plessis LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-11-12

"Taalwetgewing word toenemend beskou as ’n belangrike meganisme by die inrig van ’n ampstaalbestel in meertalige lande."

Krismis in die hart

Theunis Engelbrecht 2009-11-12 Luisterpaneel: Alice Ellis, Beyers Eybers, Yvette (Ysterslet) de Wet en Naas Vermaas Sameroeper en notuleerder: Theunis Engelbrecht Klik op die CD-omslae om dit nou van kalahari.net te bestel! Sy háát Kersfees, sê Yvette, want ...

Gister is 'n ver land: Om tydelikheid te probeer deurgrond

2009-11-12 “In my lewe was daar nooit permanensie nie, net ’n lang verblyf” – só sê die hoofkarakter Maureen Sneddon Barnard in Malene Breytenbach se nuwe roman Gister is ’n ver land.

Bokomo-brekfisbrief; 12/11/09: Meer oor Gilgao

LitNet 2009-11-11 Eerstens, baie dankie aan almal wat reageer het op my brief oor my ontmoetings met Gilgao. Sekere gebeure in 'n mense se lewe bly jou mos vir altyd by. Ek moes wik en weeg of ek my storie sou vertel. Daar is altyd die moontlikheid dat dit te ...

Bokomo-brekfisbrief; 11/11/09: Suid-Afrika

LitNet 2009-11-10 Ek loop nou nou so deur die Tremloods, beursie styf vasgeknyp in die een hand en selfoon in die ander hand, bang dat iemand dit dalk net wil gryp. Sien, ek wil gou PEP-boetiek gaan besoek, op soek na rokkies, die klein marram wil nou net rokkies ...

Katvoet een van Scheepers se beste

Riette Rust 2009-11-10 Katte is sintuiglik, slim en slu … ’n Vrou is soos ’n kat. Jy kan haar nooit besit nie.

Bokomo-brekfisbrief; 10/11/09: My vriend Gilgao

LitNet 2009-11-09 24 Desember 1999. Ek was op pad drankwinkel toe om nog van die sterkste bestanddele vir my verslawing aan te koop. Genoeg daarvan om my hopelik deur te sien vir Kersfees. Ek het vroeg in my lewe leer drink en na my ondervindings in 1975 in Angola, ...

Bokomo-brekfisbrief; 09/11/09: Die Queen en die Slagter met die pen agter die oor

LitNet 2009-11-07 William Lloyd Williams uit Machynlleth in Wallis het vir opspraak gesorg tydens 'n seremonie waar hy 'n medalje ontvang het weens sy uitmuntende slagterskunsies. Die slagter het hom vreeslik grênd aangetrek vir die okkasie, maar soos ...

Bokomo-brekfisbrief; 08/11/09: Yuo hvae a sgtrane mnid

LitNet 2009-11-07 Spesiaal vir Karin en Jelleke en ander mense wat dink spellgin (sic) is belangrik:"fi yuo cna raed tihs, yuo hvae a sgtrane mnid too Cna yuo raed tihs? Olny 55 plepoe out of 100 can. i cdnuolt blveiee taht I cluod aulaclty uesdnatnrd waht I ...

Bokomo-brekfisbrief; 07/11/09: Oor groot woorde, moerse groot woorde, en die Bad Writing Contest

LitNet 2009-11-06 As ek 'n klein eiertjie mag lê oor die "Groot Woorde Debat."Die tydskrif Philosophy and Literature het in die laat 1990's 'n Bad Writing Contest gehou. Ek stel hulle aan die woord:"The Bad Writing Contest celebrates ...

Michelangelo in Afrikaans

Hennie Aucamp 2009-11-06 “Moses met die golwende baard” Ek het my stuk oor Titaan van Karel Schoeman in Rapport van 11 Oktober 2009 soos volg afgesluit: Titaan gaan, na my mening, ’n naslaanwerk word wat tussen boeke oor die kuns staan; ’n begeleiding by onder meer die mooi gedigte oor Michelangelo wat daar reeds in Afrikaans bestaan: dié […]

Bokomo-brekfisbrief; 06/11/09: Ma van 'n uitvinder

LitNet 2009-11-05 SêNetters kan hul verlustig in die antwoord van Leonard Kleinrock, uitvinder van e-pos, op die vraag wat vir hom die wonderlikste is van sy briljante ontdekking van presies 40 jaar gelede. Sy antwoord was: Dat my Ma van 90 nou besig is om ...

’n Skerpioen met meer as een angel

Johan Anker 2009-11-05 “Hoe kan ek in net vyf korte dae die geheimenisse van ’n ander mens se siel ontbloot?”

Schoeman werk sélf as beeldhouer in Titaan

2009-11-05 Met die opneem van dié 727 bladsy lange werk kan die leser dus ’n volledige verkenning van die rykgeskakeerde lewe en werk van die meesterkunstenaar, Michelangelo Buonarroti, verwag.

Annelie Botes thula nie oor bloedskande

Solette Swanepoel, Solette Swanepoel 2009-11-05 “Want as daar ’n man van onkreukbare integriteit is wat dit nié aan sy dogter sou doen nie, is dit Abel Strydom.” (11) Thula-thula vertel die skokkende verhaal van ’n pa wat twee en twintig jaar lank sy ...

Sewe M-bleme vir Marlene (van Niekerk) en Marlene (Dumas): ’n Metatekstuele lesing van Memorandum: ’n verhaal met skilderye

Adéle Nel LitNet Akademies (Geesteswetenskappe) 2009-11-05

"Die doel van hierdie artikel is om ’n metatekstuele dialoog tussen Marlene van Niekerk in die roman Memorandum: ’n verhaal met skilderye (2005) en die beeldende kunstenaar Marlene Dumas se oeuvre te identifiseer."

Bokomo-brekfisbrief; 05/11/09: As dit nie meer daar is nie

LitNet 2009-11-04 As jy in jou kar ry en die Jakarandabome se perskombers lê Pretoria se strate vol. As jy sien hoe sak die son agter 'n Kameeldoringboom in Ellisras en die laaste strale kleur die vlieswolke pienk. As Onrus se see se branders oor jou voete ...

Bokomo-brekfisbrief; 04/11/09: Trechikov en Zola vir 'n grênd Afrikaanse dinee, vir Ellen en Willa

LitNet 2009-11-03 Ek moet twee dames se geslypte uitdrukkingswyse en keuse van woorde tog felisiteer. Hulle is so reg ingestel op die gemoduleerde golflengte van uiters gekultiveerde Afrikaners. Dame Willa is sekerlik vernoem na die beroemde Hollandse koningin ...

Anne Landsman roei bo-oor die Afrikaner

Johannes Comestor SêNet-briewe 2009-11-03

As daar mense is waarmee ek 'n groot probleem het, dan is dit oorverligte oud-Suid-Afrikaners wat nou in die buiteland bly en vertel hoe hard hulle gewerk het om die nuwe Suid-Afrika 'n werklikheid te maak. Een van hulle is oud-regter ...

Top