Pasgelaai
Bokomo-brekfisbrief; 22/12/2010: Gewigte sake of gewigsvoordeel?
2010-12-21 Ek sukkel al ’n heel lange tyd met ’n paar ekstra strategies geplaaste rolletjies. Noem dit muffin tops of gerysde deeg net wat jy wil maar dit is botweg gestel, sommer net vet. Hoe dit ook al sy ... Feit bly staan ek is oorgewig! Ek ...
Bokomo-brekfisbrief; 21/12/2010: Grootfontein en Tsumeb in die ou Suidwes-herinneringe
2010-12-20 Hier volg ’n paar los gedagtes oor my herinneringe aan Grootfontein, maar ook enkele gedagtes oor Tsumeb. In Desember 1979 verlaat ek Kaapstad, waar ek gebore is, en gaan vestig my in Pretoria. Dit het so gebeur: Gedurende September van ...
Bokomo-brekfisbrief; 19/12/2010: Afrokreools
2010-12-17 só onder baasskap, slawerny, apartheid, só onder die ferm bestuur van kolonis, só onder segregasie, afsonderlikheid, groei ek toe, van tong tot tong, onder baas se patri-oerdrang uit, onder ounooi se matri-aanvaarding in, ...
Bokomo-brekfisbrief; 20/12/2010: Men are from Mars ... the god of war?
2010-12-17 Jisou, hoekom is mans so kompeterend? Alles ontaard altyd in ’n kompetisie. Ek kan nog soort van verstaan met die sport. Die hele doel daarvan, sovêr ek kan aflei, is om te check wie die vinnigste, grootste, sterkste, slimste is (hoewel ...
Bokomo-brekfisbrief; 18/12/2010: Ek praat die taal ... (Ngikhuluma izilimi ... )
2010-12-17 Dis soos ’n baba wat leer praat. Eers vorm die vokale in jou mond, dan sit jy ’n konsonant of twee vooraan die vokaal en kry so per ongeluk ’n woord uit. Later is jy braaf genoeg om ’n regte woord te sê en jy kan wys ...
Nadoodse ondersoek: CSI vir poësieliefhebbers
2010-12-17 Op die omslag van Martina Klopper se debuutbundel, soos met ander onlangse NB-digbundels, is iets baie vreemds. Onder die titel, in hoofletters, die verklaring: “GEDIGTE”. Regtig, kan jy nou meer. Miskien is hierdie vermaning bedoel vir daai ...
Ons sterre verskeit (sic): Oor Annie, Liefling en Pride and Prejudice
2010-12-15 “The worst thing about new books is that they keep us from reading the old ones” – Joseph Joubert Wat ’n vreugde was die Gilbert & Sullivan Society se produksie van Annie nie! Die ongelooflike stelle (ontwerp – ...
Oor pyn in die knieë en die waarhede in Spud
2010-12-15 “When an artist reasons, it is because he no longer understands anything” – André Derain David Kramer gee my ’n pyn… in die knieë! Maggies, terwyl ek daar sit en kyk na sy plaasnar met sy rooi ...
Bokomo-brekfisbrief; 17/12/2010: Soutsnoek om 'n Sondag te draai
2010-12-15 Gisteroggend vang my oog die ousie wat in die glasbak met die soutsnoek rondkrap. Vir die wat dit nie ken nie, dit is nie die fancy gerookte snoek wat ’n mens in daai oranje boksies koop nie. Nee, hierdie is rou, grof gesoute snoek, wat in ...
Bokomo-brekfisbrief; 16/12/2010: Die see is (was) blou
2010-12-15 Drie donderstorms tref ons Sondag tussen Winburg en Bloemfontein. Dit reën baie hard en die wind waai hael in vlae teen die kar se ruite. Dit maak ons senuwees baie agtig. Later hou ons by ’n vulstasie stil. Die dameskleedkamer sit vol ...
Gille vir Kersfees
2010-12-15 Luisterpaneel: Elsie Els, Naas Vermaas en Willemien Toerien Sameroeper en notuleerder: Theunis Engelbrecht Dit breek ons besmette harte net soveel soos julle s’n dat Sound Bites vanjaar baie ongereeld – indien ooit? – verskyn het. ...
'n Dag saam met Eben Venter
2010-12-14 Kom ek wees eerlik: Skrywers is nou nie eintlik celebrities onder ons jongklomp nie. Veral nie Afrikaanse skrywers nie. Niemand word juis opgewonde wanneer hulle hoor dat hierdie of daardie skrywer tans in die stad is om sy nuutste roman te bevorder ...
Bokomo-brekfisbrief; 15/12/2010: Google Zeitgeist 2010
2010-12-14 Hello, Google is die onderwerp. Die jaar in oorsig volgens Google. Baie dankie Wouter
Staan die natuur op die balansstaat? Omgewingsbeskouings van die plaaseienaar in Voetpad na Vergelegen en Verbrande Paradys
2010-12-14"Hierdie artikel fokus op Chris Barnard se jeugroman Voetpad na Vergelegen (1987) en Verbrande paradys (2009) uit die pen van Hans du Plessis om ondersoek in te stel te stel na die literêre manifestering van omgewingsbewustheid in die karakter van die plaaseienaars en na die vraag in watter mate ekosensitiwiteit in praktyke van bewaringsboerdery neerslag vind."
Bokomo-brekfisbrief; 14/12/2010: Waarheen gaan mense ...
2010-12-13 Om (i) aan nuwe insiggewende mites of MEME blootgestel te word of om (ii) die mistieke weg te ondersoek? is ’n vraag in 2 dele wat deur Naas Ferreira in hierdie artikel gevra word – die byvoegings in hakies hierbo is myne. Hy gaan ...
Bokomo-brekfisbrief; 13/12/2010: Venus se vliegvanger
2010-12-10 Ek het nou die dag vir my kinders ’n Venus Fly Trap gekoop. Ek ken die plant, het as kind ook ’n paar gehad, maar om weer hierdie wonderlike plantjie te beleef was ongelooflik. Destyds as kind het ek nie hierdie of daardie kant oor ...
