Die Liefde: Staan op die punt om vir die derde keer te skei

  • 1

Goeiedag

Ek staan sowaar op die punt om vir die derde keer te skei, en vir die derde keer met niks uit te stap. Ek het alles gegee wat ek gehad het: siel, liggaam, geld. Wat bly nou oor? Ag nee wat, ek weet nie ...

Wou net weet – ek weet nie wat nie; wou net iets hoor, iets opbouends, iets wat hoop gee … Ek glo aan God, en al die dinge – dís nie wat ek nou wil hoor nie. Ek soek raad vir myself, hier diep binne my.

Laat hoor gerus – ek wag vir iets ...

Anoniem van Parys

Reageer | Respond: ondersteuning@litnet.co.za 

  • 1

Kommentaar

  • Hi,

     

    Ek wens ek kon vir jou iets opbouend sê, want dan sou ek self beter voel. My omstandighede is dieselfde, en het ek nou vetroue in my eie oordeel verloor.

    Dalk, na 2 onsuksesvolle verhoudings, probeer 'n mens te hard, juis omdat jy nie weer kans sien vir 'n egskeiding nie. Dan was dit dalk nie binne jou beheer nie, en kon jy niks daaraan doen nie. Maar jy het nou 'n swak rekord, so jy glo eerder weer dat dit jou fout is.

    Dit is dalk nie, en jy is dalk nie waar jy moet wees nie.

     

    Sterkte, "all will be well in the end, if it is not well, it is not the end"

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top