Pasgelaai
Elders gesien: Riet de Jong-Goossens is oorlede
2024-12-14"Sy het meer as 60 boeke uit Afrikaans vertaal, onder meer Agaat, Eilande en Vatmaar, en was bevriend met baie skrywers."
Persverklaring: Annelie Botes se wêreld van woorde was ’n amulet teen seerkry
2024-12-13Annelie se koerantrubrieke was tot op die laaste pitkos vir lesers. Dít was die skryfwerk wat haar onverdunde genot verskaf het: om van die alledaagse kom en gaan, lag en huil, ’n storie te maak. Tot op die laaste dae van haar aardse reis het sy hierdie gedagtes met haar lesers gedeel.
Kinderboeke vir die Kerskous
2024-12-13"Die mooiste en lekkerste vakansies hoef nie net te gaan oor wat geëet is, speletjies, uitstappies, wat daai onmoontlike nefies weer dié jaar aangevang het of die familie van oorsee se gawe geskenke nie. Stories en vakansieboeke kan ook deel wees van baie spesiale vakansieherinneringe."
Huldeblyk: Annelie Botes
2024-12-13"Sy het generasies lesers aan die lees gehou, en generasies mense laat lag, laat huil en soms laat stik. Maar altyd met onvoorwaardelike liefde vir almal met wie sy te doen gekry het."
Persverklaring: Feesprogram vir KKNK 2025 bied al die ietse
2024-12-13"Die 29ste KKNK, geborg deur Absa, is saamgestel en verpak om in alle kunsvorms en genres, vermaak vir alle ouderdomme in te sluit. Daar is iets vir almal." So sê Hugo Theart, uitvoerende hoof en artistieke direkteur van die KKNK, wat volgende jaar Dinsdag 1 tot Sondag 6 April op Oudtshoorn aangebied word.
Elders gesien: Annelie Botes het stories en mense geken
2024-12-13"In 2014 het jy my onder jou vlerk geneem en aangebied om met my skryfwerk te 'interfereer'."
Wat sê Bettina? Kersfees in ’n oorlogsone
2024-12-13"Kersfees is deesdae ’n dag verwyder van die godsdienstige konteks, maar steeds verbonde aan die medemenslik-empatiese konteks, die idee van 'peace on earth and goodwill to all men'. Maar deesdae is daar al minder vrede en al minder goedgesindheid teenoor mekaar."
Huisies vir muisies deur Chareldine van der Merwe: ’n onderhoud
2024-12-13"Dit is vir my nogal lekker om oor hierdie storie en tema te gesels, want ek dink almal kan hierby aanklank vind en het hul eie storie oor muise, en meer spesifiek die tandmuis. ... En dan bly dit natuurlik ’n bonus as dit ’n lekker storie is wat kinders kan geniet en binne hul verwysingsraakwerk is."
Persverklaring en uitnodiging: Skryf in vir die ATKV se Crescendo-mentorskapprogram
2024-12-13Voornemende deelnemers aan die volgende Crescendo-projek het nog tot 31 Desember 2024 kans om in te skryf. Die ATKV-Crescendo nooi uit: "Skryf nou in! Moenie wag nie! Stuur vir ons daai liedjie wat jy self geskryf het."
Ditch mediocrity deur Heléne Smuts, ’n resensie
2024-12-13"Ditch mediocrity is propvol wenke en die skrywer bied waardevolle lesse vir entrepreneurs, leiers en spanlede in alle stadiums van hul reise aan. Sy praat oor imposter syndrome en verduidelik dat dit meer algemeen is as wat ons besef."
One pot cookbook for South Africans deur Louisa Holst: ’n resensie
2024-12-13"Hierdie boek is saamgestel deur Louisa Holst (wat bekend is vir haar Air fryer-kookboek), en die geregte is gepas vir familie-etes. Die eenvoud van die resepte sal baie mense aanstaan. Van die disse lyk vir my te vanselfsprekend, maar vir ’n onervare kok sal dit nuttig te pas kom."
In conversation with Siphiwe Gloria Ndlovu about The creation of half-broken people
2024-12-13"Polite society is very much concerned with the appearance of things – how things seem to be – and not how things really are. Therefore, polite society is living a non-reality in real time and making the thing that is not real seem real, and that act of alchemy actually makes a lot of violence that everyone has to be silent about, otherwise the illusion will be destroyed."
Tabby McTat: ’n onderhoud oor die Suid-Afrikaanse animasieprent wat ’n internasionale Emmy verower het
2024-12-12Sarah Scrimgeour en Jac Hamman, regisseurs van die animasieprent Tabby McTat, ’n verwerking van Julia Donaldson en Axel Scheffler se gelyknamige prenteboek, gesels met Maryke Roberts: "Oor die algemeen probeer ons om ’n film te maak wat toeganklik is, maar nie afgewater is op enige vlak nie."
Programrede: In 2025 word die Afrikaanse Taalmonument 50
2024-12-12"In ’n mens se lewe dui hierdie ouderdom op ’n middeljarigheid, op ’n stadig word, op die koms van mankoliekheid, en kruipende melankolie. Maar in die lewe van ’n monument is dit maar die eerste oogwink."
Persverklaring: Uitsonderlike gebeure sal Paarlse ikoon se 50ste vier
2024-12-12Dit gaan ’n jaar wees om te onthou! Só het Michael Jonas, die direkteur van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), op Saterdag 30 November 2024 belowe tydens die vermaaklike bekendstelling van dié instelling se feesprogram vir 2025 wanneer beide entiteite 50 jare vier. Daarnaas is ’n nuwe webtuiste, logo en buiteluguitstalling onthul terwyl verskeie kunstenaars ook opgetree het.
Onderwysers in Suid-Afrika – hie is jou exit plan!
2024-12-12"Om R100 000 te spend op ’n onderwysgraad, dan is djy forced om ’n R6 000 contract te aanvaar by ’n skool wattie ’n proper fundraising team het om mee geld in te bring om vi jou ’n proper salary te betaal’ie – maak hierie logic vi jou sin?"
Om vrou te wees
2024-12-12"Ek het nie geargumenteer nie, want ek het hulle verstaan. En vergewe. Ek het die konsistorie uitgestap en in die motor die meisiekind gebel en gevra of sy die aand kerrie by my wou kom eet."
Solomon gaan Parys toe
2024-12-12"My wingmen wil slaap. Ek sit my bier op die bedkassie en klim in die bed, klere en al. All Star-tekkies in die lug."
