Pasgelaai
Wat sê Bettina? Persona non grata – wanneer ’n diplomaat slae ontvang namens sy regering
2025-03-17"Die VSA het nog nie formeel diplomatieke bande verbreek met SA nie. Ek twyfel ook of hulle sal. Wat wel aan die gebeur is, is dat Suid-Afrika nou geforseer word om ander bondgenote te nader. Dis nie noodwendig ’n slegte ding nie."
Katinka Heyns deur die Indiese Filmfees in Suid-Afrika vir lewensbydrae vereer: ’n onderhoud
2025-03-17"Ek was van kleins af verlief op stories."
Annie+Helen: Hennie en Pedro bring nuwe drama op die planke
2025-03-17"Twee vroue, beide getraumatiseerd, wat mekaar heel maak. Annie verduidelik op ’n stadium dat taal vir die brein is soos lig vir die oë, en ek hoop dat die ervaring van Annie+Helen mense se binnestes sal ligter maak."
’n Vriendskap wat woorde te bowe gaan: ’n lesersindruk van Mayflies deur Andrew O’Hagan
2025-03-17"Daar is ’n soort liefde tussen twee mans wat buite konvensionele definisies bestaan. Dit is onuitgesproke, maar tog maak dit sin; gevul met oneerbiedigheid, maar ook toewyding."
Persverklaring: Picture this – Ons is op soek na uitstaande ontluikende illustreerders
2025-03-17Is jy een van die inspirerende prenteboekillustreerders na wie ons op soek is? Stuur vir ons drie van jou mees unieke illustrasies wat saam ’n storie vertel.
Goue lint, my storie begint: Watter boeke koop ek vir my gretige of sukkelende kinderlesers?
2025-03-17"Hoe weet jy of hierdie of daardie boek ’n goeie keuse vir die jong leser in jou lewe is? In hierdie aflewering van 'Goue lint, my storie begint' sal daar enkele riglyne gegee word oor waarna om te kyk en waarvoor om uit te kyk."
Leeumens deur Rudie van Rensburg is ’n uitsonderlike Kassie-avontuur: ’n resensie
2025-03-14"Kassie en Rooi is al volksbesit en dit voel asof mens hulle ken, by hulle kan gaan braai op ’n Vrydagaand en hoor hoe dit met hul nuutste saak gaan. Maar daar is iets anders aan hoe [Van Rensburg] Leeumens aangepak het."
Sluitstuk deur Johann Rossouw: ’n Naglange gesprek
2025-03-14"Rossouw het in sy roman die feite omvorm om by algemene waarhede te kom, by dinge wat 'eintlik vir alle mense so werk': die aard en verwerking van trauma; die waarde van stilte en meditasie; die belang van selfontlediging; ’n luisterende lewenshouding; en rituele. Hy wil aan die leser ’n modus vivendi bied: Die beste manier om te lewe."
Nuut by Lapa: Leesboek 3: Tippie se avonture deur Fanie Viljoen, José Palmer en Reinette Lombard
2025-03-14Lees is pret met Tippie die Olifant! Leesboek 3 is saamgestel as ’n hoofstukboek om die vaardighede wat in Leesboek 1 en 2 bekendgestel is, te versterk en tuis te bring en is ontwerp om woordeskat en begrip uit te brei, wat met ander Tippie-titels integreer. Die stories bevat uitgebreide sinne en paragrawe en stel kontekstuele woordeskat bekend, met ’n fokus op ingewikkelde spelling.
Nuut by Lapa: Leesboek 2: Tippie ontdek deur Fanie Viljoen, José Palmer en Reinette Lombard
2025-03-14Leesboek 2 is saamgestel met 10 dekodeerbare stories wat voortbou op die vaardighede wat in Leesboek 1 bemeester is, en verder fonemiese bewustheid, begrip en woordeskat verbeter. Hierdie noodsaaklike hulpbron werk in harmonie met ander Tippie-titels en ondersteun beide skool- en tuisonderrig.
Nuut by Lapa: Leesboek 1: Hallo, Tippie! deur Fanie Viljoen, José Palmer en Reinette Lombard
2025-03-14Lees is pret met Tippie die Olifant! Leesboek 1 is saamgestel met 12 dekodeerbare stories wat fokus op klankontwikkeling, die koppeling van klanke en letters, sowel as die bou van sukses en selfvertroue in lees met begrip en die verhoging van vloeiendheid.
Nuut by Lapa: Ouma Mollie se verkeerde verjaarsdag deur Fanie Viljoen
2025-03-14"G’n mens kan so verkeerd verjaar nie!" roep ouma Mollie. Haar naam is Mollewania Mollewiekus Nagtegaal. Maar jy kan haar sommer net ouma Mollie noem – die grootste moeilikheidmaker op Seeperdjiebaai. Gelukkig hou Nina haar ouma (gewoonlik) uit die moeilikheid. Vandag is egter nie een van daardie dae nie.
Deel in die vreugde van die ATKV-Skryfskool
2025-03-14Hierdie kort video toon grepe uit 2024 se ATKV-Skryfskool toe Bernard Odendaal en Hans du Plessis die leiers was. Kom, deel in die vreugde! Vir slegs R380 kan jy die kursus bywoon, boonop is alle gespreksessies tydens die Etienne van Heerden Veldsoirée gratis vir deelnemers aan die ATKV-Skryfskool.
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: Zirk van den Berg se Landuit want jy wil mos – oor gemeenskap, ontheemding en tuiste
2025-03-14"Vir Afrikaners van ons geslag bly die nasleep van die vorige politieke bedeling dat ons in ons eie land gekonfronteer word met die vraag of ons moet bly en of ons moet gaan. Weens die abnormale normaliteit van ons jeug, wil-wil ek dink dat dit abnormaal is dat énige mens voor so ’n keuse te staan moet kom."
Vonnisbespreking: Om ’n reguit hou met ’n krom stok te slaan
2025-03-14"Die verhouding het in so ’n mate versleg dat die applikant die eerste respondent in kennis gestel het dat hy geen kontak met die oorledene wou hê nie en geen nuus aangaande die oorledene wil ontvang nie, tensy dit nuus rakende sy afsterwe is."
Press release: The budget points to a constitutional blind spot
2025-03-14"My view is that all the parties are aware of this constitutional dilemma and therefore have no choice but to work out a compromise on the budget to avoid the unthinkable."
Quo vadis, o quo vadis?
2025-03-13"Ja, natuurlik, neem kennis van daardie swart wolf en alle moontlike kakistokratiese, outokratiese, megalomaniese, narsistiese (klem op nar) geklikhede, plaaslik en globaal. Skryf daaroor sodat ons gewone mense kan verstaan wat aangaan op hierdie planeet van ons wat by die dag meer uit sy baan spin. Maar moenie histeries raak oor al die histeriese goed wat kwytgeraak word nie."
Oor ons trane, nou – en die mistiese groot trek
2025-03-13"Nee, die beloofde land is net hier tussen ons, net hier waar dit al verkennend onder ons voete vorm aanneem en ons help om mekaar behoorlik te kan sien, omlyn deur ons wonde, littekens en kanniedoodskap."
Die impak van grootdata op tradisionele argiewe: ’n oorsig van uitdagings en geleenthede
2025-03-13"Ten spyte van die uitdagings bied grootdata ook geleenthede vir tradisionele argiewe. Deur nuwe tegnologieë te omarm en hul praktyke aan te pas, kan argiewe hul versamelings uitbrei en meer diverse inligting insluit, en steeds relevant bly in die digitale era."
