Oproep om referaatvoorstelle: Algemene simposium van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns 2025

  • 0

Die SA Akademie se jaarlikse simposium vind vanjaar plaas op Donderdag 11 en Vrydag 12 September 2025 by die US STIAS Wallenberg Navorsingsentrum, Maraisstraat 10, Stellenbosch. Jy word vriendelik uitgenooi om ’n referaatvoorstel in te dien wat fokus op die breë simposiumtema. Jy is welkom om die uitnodiging ook aan belangstellende kollegas te stuur. Die simposium vind slegs in persoon plaas. 

 Tema: Afrikaans – 100 jaar amptelik: verlede, hede, toekoms 

Die oorkoepelende tema word vanjaar gewy aan Afrikaans wat in 1925 amptelike status naas Hollands en Engels verkry het. Die simposium bring kundiges, skrywers en wetenskaplikes byeen om terug te kyk op ’n eeu van taalontwikkeling, én vorentoe te kyk na die volhoubaarheid en veelstemmigheid van Afrikaans. Jy word hartlik uitgenooi om ’n referaatvoorstel voor te lê ten einde deel te wees van hierdie merkwaardige geleentheid. 

Belangstellendes wat ’n referaat (maksimaal 20 minute) wil lewer, word hartlik uitgenooi om ’n voorlegging in te stuur wat aansluit by die oorkoepelende tema en verwante terreine. Die voorlegging moet aan die volgende vereistes voldoen:

  • ’n Opsomming van ongeveer 400 woorde
  • Volle name en van, titel, werk- en e-posadres en selfoonnommer
  • ’n Bondige CV (maksimum 200 woorde in prosastyl)
  • ’n Hoëresolusiefoto van jouself

Referaatvoorstelle moet voor 31 Julie 2025 aan Linda Brink gestuur word by linda@akademie.co.za.

Moontlike subtemas: 

  • Van kombuistaal tot amptelike taal: die pad na erkenning in 1925 
  • Die rol van taalaktivisme in die vroeë 20ste eeu 
  • Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en die standaardisering van Afrikaans 
  • Die impak van apartheid op die beeld van Afrikaans: ’n herbesinning 
  • Afrikaans se verskeie oorspronge: Kaaps, Griekwa-Afrikaans, Oranjerivier-Afrikaans 
  • Afrikaans as onderrigmedium: verlede, hede en toekoms 
  • Die stryd om universiteitsstatus vir Afrikaans (en die huidige krisis) 
  • Wetenskap in Afrikaans: die rol van vaktaalontwikkeling 
  • Taalregte en moedertaalonderrig: internasionale perspektiewe met Afrikaans as gevallestudie 
  • Afrikaans en vaktaalontwikkeling in die natuurwetenskappe 
  • Ervarings van wetenskaplikes wat in Afrikaans publiseer of doseer 
  • Toegang tot kennis: die rol van moedertaalbegrip in STEM-vakke 
  • Die natuurwetenskappe in Afrikaans: suksesverhale en struikelblokke 
  • Die rol van Afrikaanse vaktydskrifte en publikasiekanale 
  • Oorsig van joernale soos SA Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 
  • Wetenskapskommunikasie in Afrikaans 
  • Populêre wetenskap in die media: hoe Afrikaans komplekse idees toeganklik maak 
  • Die rol van wetenskapjoernaliste in Afrikaans 
  • Afrikaanse wetenskapsreekse, radio, podsendings 
  • Afrikaanse onderrig in natuurwetenskappe – bedreig of bemagtigend? 
  • Die krag van moedertaalonderrig in tegniese vakke 
  • Ontwikkeling van Afrikaanse handboeke en aanlyn bronne 
  • Die effek van taalverandering aan universiteite op vakinhoud 
  • Afrikaans in wetenskapstegnologie en KI 
  • Is daar plek vir Afrikaans in KI, datawetenskap en rekenaarprogrammering? 
  • Ontwikkeling van Afrikaanse spraaktegnologie, stemherkenning en korpora 
  • Biodiversiteit, omgewingswetenskappe en gemeenskappe: taal as verbindingsmiddel 
  • Die waarde van Afrikaans in gemeenskapsbetrokkenheid by omgewingsprojekte 
  • Taal en plaaslike kennis in ekologie en landbou 
  • Gebruik van Afrikaans in landelike wetenskapsopvoeding en volhoubare ontwikkeling 
  • Die Afrikaanse letterkunde as draer van identiteit 
  • Die rol van Afrikaanse teater en film in taalbehoud en -bevordering 
  • Letterkunde, drama en populêre kultuur as draers van Afrikaanse identiteit 
  • Digters, dramaturge en denkers: 100 jaar van Afrikaanse stemme 
  • Afrikaans buite Suid-Afrika: Namibië, diaspora en digitale ruimtes 
  • Kaaps en ander variëteite: herwaardering van niestandaardvorme 
  • Multitaligheid, identiteit en Afrikaans in stedelike ruimtes 
  • Wat beteken 'amptelike status' in 2025? 
  • Afrikaans in die vierde nywerheidsrewolusie 
  • Jeug en Afrikaans: Is daar ’n toekoms? 
  • Beleid, beleggings en beplanning vir die volhoubaarheid van Afrikaans 
  • Afrikaans en nasiebou: verlede, hede en toekoms 
  • Die geskiedenis van ’n taalstryd 
  • Aktivisme en institusionele vestiging van Afrikaans 
  • Afrikaans as onderrigtaal: van stigting tot dekolonisering 
  • Universiteitsstatus: taalregte en realiteite 
  • Wetenskap in Afrikaans: Is vaktaalontwikkeling lewensvatbaar? 
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top