Suidoosterfees
Suidoosterfees 2018: ’n onderhoud met Frans Swart oor Fiela se kind
2018-04-25"En so het ek die regte van Fiela se kind by Dalene self gekry: amptelike toestemming om Fiela weer verhoog toe te neem!"
Suidoosterfees 2018: NATi se bydrae tot Afrikaanse teater
2018-04-25"Afrikaans se heil lê in die kreatiewe omgewings, en teater is ’n sleutelvennoot."
Suidoosterfees SOF HIP POPS: ’n onderhoud met Janine Neethling
2018-04-25"Daar is ’n opbloei in die Suid-Afrikaanse kuns-oeuvre: meer films, meer musiek, meer boeke, meer poësie en meer toneel – hoofsaaklik agv die platform wat die kunstefeeste bied."
Suidoosterfees 2018: Rokkie, ’n onderhoud met Denver Breda
2018-04-24"Rokkie is ’n transvrou, sy is Cape Flats, sy is Khoe, sy is Afrikaans, en sy’s ook ’n fighter; sy’s funny, maar sy soek nie jou pity. Al wat sy jou vra, is om na haar te luister."
Suidoosterfees 2018: ’n onderhoud oor die Jakes Gerwel Stigting se diskoers- en boekgesprekke
2018-04-19"Dit was Jakes Gerwel se droom om ’n fees in die Kaap te begin wat totaal en al naatloos is en waar die ryke kulturele leefwêrelde van die uiteenlopende gemeenskappe by mekaar uitkom en sodoende verrykend en verruimend is van die kunste in al sy verskeie gedaantes."
Suidoosterfees 2018: Die toneelstuk NRNNSA, transformasie en die toekoms van teater: ’n onderhoud met Mercy Kannemeyer
2018-04-18"Rakende transformasie is daar baie belangrike en nodige dinge besig om te gebeur. Ons wat nou op universiteit saam met die Fallist-beweging grootword (dis nou onder andere die Fees Must Fall- en Rhodes Must Fall-bewegings), leef in ’n tyd waar ons nie kan bekostig om apaties te wees nie. Dinge is aan die gebeur, en ons sal moet luister en deelneem as ons aktiewe burgers wil wees. As ons ernstig is oor transformasie, sal ons moet saamwerk."
Suidoosterfees 2018: ’n Onderhoud met Deborah Steinmair oor Die Fledermaus-operette
2018-04-17"Die Flerriemuis herinner my aan daardie Restoration Comedies wat ons in Engels II behandel het: ’n komedie van blapse, so tipies frivool en teatraal, vol misverstand, spulsheid en koerasie."
Persvrystelling: Teater en musiek vir almal by die Suidoosterfees!
2018-04-12"Die tyd kom al hoe nader! Die 15de Suidoosterfees – met die tema 'Fantastiese 15' – vind van 26 April tot 1 Mei in Kaapstad plaas en beloof om weer een vir die boeke te wees."
Vandag wil ek my blou skoene dra: ’n onderhoud met Koos Kombuis
2018-04-05"Vir my het Vandag wil ek my blou skoene dra gevoel soos ’n bevryding van daardie ou klomp pyn. Dit was soos om jou ore oop te gaap as jy afkom van ’n bergpas."
Suidoosterfees 2018: ’n onderhoud oor die Fantastiese 15!-kunsuitstalling
2018-04-05"Van die tradisionele olie op doek tot keramiek, beeldhouwerke, grafiese werk en ontwerpersmeubelstukke. Dis jonk en vars en eietyds. En glo ek ’n fees vir die oog."
Persvrystelling: Jong Sterre by vanjaar se Suidoosterfees
2018-03-22"Suidoosterfees spog vanjaar met ’n reeks produksies wat deur die sterre van die toekoms op die planke gebring word. Die 15de Suidoosterfees – met die tema Fantastiese 15 – vind van 26 April tot 1 Mei in Kaapstad plaas."
Suidoosterfees 2017: Oorsig
2017-05-05"Die Suidoosterfees is slegs vir almal. Dit is die woorde wat deurgaans by die fees geëggo is en dit dra baie waarheid – die fees was divers, vars, opwindend en die deure was oop vir almal."
Suidoosterfees 2017: Onderhoud oor boekprogram
2017-04-24"’n Mens hoop dat mense eerstens sal opdaag om na die gesprekke te luister – en dan saam te praat, saam te sorg vir lekker gesprekvoering, én, ongetwyfeld, aangesien dit ’n Kaapse byeenkoms is: lekker lag."
Suidoosterfees 2015: Eerste feesfoto's
2015-04-29Suidoosterfees 2015 neem die Kaap op horings. Niël Rademan het pas oor die fees gesels en hier deel hy van sy eerste feesfoto's.
Suidoosterfees se nuwe uitvoerende hoof aan die woord
2014-04-24Niël Rademan gesels oor melkskommels, hologramme en kabaret. En natuurlik oor die Suidoosterfees, waarvan hy pas as uitvoerende hoof aangestel is.
Suidoosterfees 2013
2013-01-08Die Suidoosterfees waai die Kaap die tiende keer binne vanjaar – vanaf 29 Januarie tot 3 Februarie. Naomi Meyer het vir Niël le Roux, die uitvoerende hoof, oor 2013 se fees uitgevra.
