Tydens die Suidoosterfees 2019 (25 April – 1 Mei, Kaapstad) het vier Jakes Gerwel-diskoersgesprekke plaasgevind.
Die eerste gesprek het op Donderdag 25 April by Kunstekaap plaasgevind, met Mercy Kannemeyer, Saartjie Botha, Basil Appollis, Cintaine Schutte en Kabous Meiring (gespreksleier).
Hoe lyk die uitvoerende kunste in postapartheid Suid-Afrika?
Spreek die kunste werklik tot ’n diverse en verteenwoordigende gehoor en weerspieël dit ’n getransformeerde samelewing?
Wat is die uitdagings van die bedryf en hoe kan ons dit aanspreek?
- Bron: Suidoosterfees
- Video: Blackhole Productions
Kyk na video’s van die ander gesprekke:
Kommentaar
By die Suidoosterfees word Jakes Gerwel graag gehuldig. Tot laat in sy lewe het hy van "soomloos" pleks van "naatloos" gepraat. Maar dit is seker nie onvanpas as ons deesdae eerder die woord "naatloos" gebruik nie.