Persverklaring: Suidoosterfees 2019 – ’n paar hoogtepunte om na uit te sien

  • 0

Die program van die 16de Suidoosterfees, wat hierdie jaar van 25 April tot 1 Mei 2019 gehou word, bevat uiteenlopende aanbiedinge en dit is ’n gebeurtenis wat jy nie sommer wil misloop nie.

Die Suidoosterfees is ’n fees vir almal. Hier is ’n paar hoogtepunte om na uit te sien! 

DIE GANGSTERS

  • 24 April 2019 (voorskou)
  • 25 April 2019
  • 27 April 2019

Regie: Marthinus Basson

Met oa June van Merch, Basil Appolis, Vashti Prins en Dean John Smit

DIE GANGSTERS raak aktuele kwessies aan soos demokrasie, persoonlike vryheid en die verhouding tussen goed en kwaad wat steeds vandag in teater en verskeie diskoerse bespreek word en plaas dit onder die loep.

ROOILUG

  • 28 April 2019

Met: Jefferson J Dirks Korkee

Lag kom vanself … trane is onvermydelik. Rooilug is die hartroerende, emosionele dog humoristiese storie van ’n familie se beproewings in ’n klein dorpie in die Ooskaap, gesien deur die oë van die stilswyende slagoffer.

NATANIËL: ANTHEM

  • 29 April 2019

Nataniël se Anthem konsert is geïnspireer deur die mees ikoniese “volksliedere” in die geskiedenis van film, teater, oorlog, geloof, kultuur, sport, jazz, blues en pop – dit vier grootsheid en sluit ook oorspronklike musiek deur Nataniël in.

DIE VROLIKE WEDUWEE (THE MERRY WIDOW)

  • 27 April 2019

Met oa Leah Gunter, Raimondo van Staden-Slabbert, Lauren Dasappa en Johannes van Staden-Slabbert

Na afloop van AGL Opera se komiese Die Fledermaus in 2018, is AGL Opera nou terug met Lehár se musikale, Die Vrolike Weduwee. Baron Mirko Zeta en sy vrou Valencienne hou by die Kaapse ambassade van die Prinsipaliteit van Pontévédriaanse weduwee Anna Glawari word ook by dié feesviering verwag.

LA SERVA PADRONA (Die diensmaagd as vrou van die huis)

  • 27 April 2019

Met oa Bongani Kubheka, Nombulelo Yende en Devon Florence

Umberto, ’n bejaarde vrygesel, is moerig vir sy huishulp Serpina omdat sy nie vandag vir hom sjokolade gebring het nie. Serpina het so arrogant geword dat sy reken sy is die vrou van die huis. Wanneer Umberto haar roep om sy hoed, pruik en jas te bring, verbied sy hom om die huis te verlaat en voeg daarby dat hy van nou af haar opdragte sal moet gehoorsaam.

MI(SA)

  • 28 April 2019

Met: Amanda Strydom, Cecilia Rangwanasha (sopraan), Makudupanyane Senaoana (tenoor), Ané Pretorius (mezzosopraan) en Kaapstadse Operakoor

MI(SA) is ’n drieledige uitvoering bestaande uit die Missa Luba, die Misa Criolla en ’n nuwe Suid-Afrikaanse mis geskryf deur Antjie Krog met musiek deur Antoni Schonken: Die nuwe verbond  – ’n Misorde vir die universum.

ATKV-HARMONIE-KOORGALA

  • 1 Mei 2019

ATKV-Harmonie-Koorgala is die afsluitingskonsert van die Suidoosterfees en is een van die hoogtepunte op die feesprogram. Hierdie jaar gaan ons ’n haas uit die hoed trek wanneer die ses wenkore saam met die Weskus Jeug-en Jazz-orkes plus die wenner van ATKV-Muziq 2018, Cameron Williams (saksofoon) asook die wenner van ATKV-Muziqanto 2018, Bongani Kubheka (bariton) gaan optree.  

ELLA FITZGERALD – A CENTURY IN SONG

  • 26 April 2019

Met: Sima Mashazi en Anna Davel

Die jazz-wêreld het onlangs die manjifieke Ella Fitzgerald se 100ste verjaardag gevier. Die First Lady of Song word nog elke dag wêreldwyd onthou deur middel van haar uitgebreide diskografie wat aan miljoene jazz-aanhangers oraloor vreugde verskaf.

SOWETO STRING QUARTET, ANTON GOOSEN & VRIENDE

  • 26 April 2019

Met Soweto String Quartet, Anton Goosen, Lynelle Kenned, Sonja Herholt en Early B

Madiba se gunsteling groep, die wêreldbekende Soweto String Quartet asook Liedjieboer, Anton Goosen het elkeen onderskeidelik groot spore in die Suid-Afrikaanse musiekwêreld getrap. Met hierdie produksie word die besondere musiekbydrae van die Soweto String Quartet en Anton Goosen gevier

DOZI & REFENTSE

  • 30 April 2019 

Dozi en Refentse sing in Afrikaans, Engels, Zoeloe, isiXhosa en Tswana. “Jantjie” (in Zoeloe), “Halala Afrika”, “Ou Ryperd” (Zoeloe), “Knocking on Heaven’s Door” (Zoeloe), “Sonvanger” en “Lisa se klavier” is maar ’n paar van die treffers wat in hierdie brugbou-vertoning gehoor kan word.

  • Foto's: verskaf

Lees ook

Suidoosterfees 2019: ’n onderhoud met Irma Albers

Eietydse MI(SA) ook te sien by Suidoosterfees

Die vrolike weduwee beloof om feesgangers by die Suidoosterfees te bekoor

Coffee Snobs gereed om die teater aan te pak

Jerry, an unconventional hero and Dude, wa’s my bakkie? at the Suidoosterfees

Persverklaring: Jong Sterre-projek bied uitsonderlike geleentheid vir jong dramaturge

Suidoosterfees 2019: Jakes Gerwel-gespreksreeks

Persverklaring: Die Suidoosterfees is terug – ’n fees vir almal

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top