Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
My storie van hoop deur Hykie Berg: ’n resensie
2017-10-31"Dit het my laat dink aan die probleme van ons land in Suid-Afrika: hoë werkloosheidsyfers, mense wat hoop soek in bottels en hole met tik en dagga, mense sonder rigting. En ek wens ek kan in elkeen se hand ’n Hykie-hoopboek stop sodat hulle kan lees van die ander kant en dat dit 12 baie presiese nuanses van stappe kos om die lig te sien."
Gister is verby deur Juanita Aggenbach: ’n resensie
2017-10-31"Die uitbeelding van kanker en kankerbehandeling wys daarop dat dit jou hele lewe oorneem en dat daar ’n fisieke en ’n psigiese dimensie daaraan verbonde is. Dit is veral ’n verhaal van oorwinning oor borskanker."
Die Boendoesbaai-ding deur Rudi Venter: ’n resensie
2017-10-31"Anders as die tradisionele speurverhaal is hier nie ’n moord in die ware sin van die woord betrokke nie en kan hierdie speurverhaal die grondslag lê vir die jong leser om speurverhale te geniet."
Paul Kruger. Toesprake en korrespondensie van 1881–1900 deur Johan Bergh: ’n resensie
2017-10-31"In die finale instansie sal die versameling toesprake en korrespondensie in Johan Bergh se boek vir navorsers van groot hulp wees omdat hulle nie meer in ’n groot verskeidenheid van bewaarplekke en publikasies daarvoor hoef te gaan soek nie, en daardeur is ’n ontsaglik groot diens aan die geskiedeniswetenskap bewys."
Uit die Beek deur Barend Vos: ’n resensie
2017-10-27"Soms is die son skroeiend, die wind nukkerig, die maan ’n flou skynsel. Elke dag het genoeg van sy kwaad en goed. Juis daarom bied Uit die Beek drinkplek vir elke dag. Dit is ook vir alle dae se stemminge bedoel."
Boereverneukers deur Izak du Plessis: ’n lesersindruk
2017-10-26"Met Boereverneukers volg Du Plessis sterk in die spore van sy voorgangers, die joernalis-historici, en lewer hy ’n aangename bydrae tot die Afrikaanse boekeskatkis."
Op die vingerpunte van die heelal deur René Bohnen: ’n resensie
2017-10-26"’n Bundel soos Op die vingerpunte van die heelal is, onvermydelik, ’n soort testament – ’n nalatenskap aan die toekoms, ’n optekening van hoe ons nou is en hoe ons nou leef: op die mespunt van die Antroposeen ..."
Die laaste wals – Hennie Aucamp se keuse uit sy verhaalkuns: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2017-10-25"By my bespreking van die verhale in Die laaste wals gaan ek uit van die Aucamp-oog waardeur ’n personasie binne sy/haar interieur gestalte aanneem en wat van die menslike toestand daaruit spreek binne ’n betrokke verhaal."
Radbraak deur Jolyn Phillips: ’n resensie
2017-10-25“Radbraak is ’n uitstaande debuut, ’n bundel waarin suiwer poëtiese segginge onverpoos uit die afbraak van taal gemyn word.”
Op pad deur Dana Snyman: ’n lesersindruk
2017-10-24"Snyman se beskrywinge simboliseer toeganklikheid, nie net maar in die taal nie, maar ook in die karakters. Dit is dinge waarmee al die gewone mense kan assosieer, in ’n taal waarmee gewone mense kan assosieer."
Jan Smuts – van boerseun tot wêreldverhoog: ’n lesersindruk
2017-10-20"Smuts se lewe en loopbaan is nie een wat eenvoudig begrawe kan word op grond van sy rasbeleid nie; daarvoor is sy nalatenskap eenvoudig te groot. Jan Smuts: Van boerseun tot wêreldverhoog is daarom ’n mylpaal in die Suid-Afrikaanse historiografie."
Lig wankelend deur Gerard Scholtz: ’n FMR-resensie
2017-10-18"Lig wankelend is ’n aangrypende herinnering daaraan dat ons grootste wens vir ons kinders, en dus vir die toekoms, moet wees dat hulle nooit die vernietigende gevolge van ’n oorlog in die gesig hoef te staar nie."
Boerekos met ’n twist deur Annelien Pienaar: ’n resensie
2017-10-18"Boerekos met ’n twist is ’n volledige handleiding vir enigiemand wat met ’n arsenaal van bekende gunstelinge wil onthaal, maar met ’n moderne baadjie aan."
Die einde van die storie deur Santie van der Merwe: ’n resensie
2017-10-17"Haar bladsye lewer een na die ander waarheid op – dat mens altyd ’n keuse het, dat jy die kaptein van jou eie skip is. Die karakters se wroegings, hartseer en woede, onsekerheid en vertwyfeling is iets wat mens self as leser kan aanvoel – ons almal kan met baie van dié gevoelens of situasies identifiseer."
Alles begin met Anna deur Annemari Coetser: ’n resensie
2017-10-17"Dit behoort aanklank te vind by ’n wye lesersmark. Dit is soos Fees van die ongenooides – bedrieglik eenvoudig geskryf, sodat aanhangers van ligter boeke dit ook sal geniet. Tog het dit veel meer om die lyf as net ’n familiesage."
The fifth Mrs Brink, a memoir by Karina M Szczurek: a book review
2017-10-17"Karina Brink is now crafting a life as Karina Szczurek, author, lover of others, and who knows what else. André Brink’s presence will always be with her on her journey, just as his writing and his work will remain with an entire generation of readers."
Oorkant jou deur Juliana Coetzer: ’n lesersindruk
2017-10-13"Vir my moet enige verhaal waar sou kon wees om geloofwaardig te wees. Hierdie was veel meer as dit: dit was asof universele emosies en gedrag uit ’n bron van buite geneem is en op ’n vlak aangespreek is wat in ons almal se onbewuste teenwoordig is."
Wintersrust deur Joyce Kotzè: ’n resensie
2017-10-13"Dis sonder pretensies van literêre gloeiings. Dit probeer nie pedagogies inlig nie, maar dit getuig van goeie kennis van die betrokke historiese milieu en tydgees."
Nou, hier deur Corné Coetzee: ’n resensie
2017-10-12"Onopgesmukte eerlikheid, die eenvoud en prag van die lewe, verganklikheid en humor maak van hierdie bundel ’n leeservaring soos min."
Dwarsklap deur Piet Matipa: ’n resensie
2017-10-12"Sy verwondering oor en bewondering vir die taal slaan egter oral deur in sy kleurvolle en verbeeldingryke gebruik van woorde, die manier waarop hy vars beelde oproep, en sy geesdrif om in Afrikaans te skryf."
