Reis

Lees reisartikels en -verhale deur gesoute reisigers op ons reis-ruimte.
Read travel articles and fiction by seasoned travellers in our travel section.

Dan Patlansky skud Londen se Borderline

Stephen Fourie Musiek 2016-01-27

"Ek het met my eie oë gesien hoe Dan daardie Saterdagmiddag sy Fender Strat instem met die gebruiklike klanktoets voor ‘n optrede. Daar was geen duiwel nie. Máár: om presies 20h30 dieselfde aand was die duiwel behoorlik los."

Skryf nou in vir die Sanlam reisverhale-slypskool tydens Woordfees 2016

LitNet Skryfsake en rubrieke 2016-01-11

LitNet bied op 5 Maart ’n reisverhale-slypskool aan met skrywers Johan Bakkes, Gerrit Rautenbach en Nanette van Rooyen aan die woord.

Stadige klim na Groot Hoogtes

Jannie van Rensburg Reis 2015-12-15

"In my opkyk, sien ek die magiese berg voor my. Die sneeugletsers teen die piek gloei in die maan ..."

Onderhoud: Wendy Anthonie oor haar pryswennerverhaal

Wendy Anthonie, Naomi Meyer Reis 2015-06-23

"Ek het 'n hele paar keer met die geel bus gery. Anders as  die lorrie, wat slegs twee piepklein vensters gehad het, het die bus hope  gehad, maar die sitplekke was van metaal/plaat en yskoud onder jou alie."

Hier is 1001 reiswoorde se wenner(s)

Gerrit Rautenbach Reis 2015-05-07

Weer eens geluk en baie dankie aan almal wat ingeskryf het. Al die stories was lekker om te lees.

90 090 reiswoorde … en net 1 001 kan wen. Genugtig!

Gerrit Rautenbach Reis 2015-04-30

"Om die proses aan die gang te kry het ek deeglik gelees en weer gelees en uiteindelik die 90 stories uitgedun na ’n kortlys. Dit word dan die Top 10-lys, maar die stories is so lekker dat daar 13 stories in die Top 10-lys is."

Septentrion – die kind-danser

Will van der Walt Reis 2015-04-17 Die storie van Septentrion spook in die nou strate van Antibes, die kusdorp tussen Nice en Cannes. Antibes se ou-dorp self laat my dink aan ’n langbaard-grysaard wat na die soutgolwe van die see ruik, en dit was Ptolemeus, die Griekse geograaf, wat aan dié inboorlinge die naam mense van die see (Saleya) toegeken het. […]

Pelgrimstogte

Marlet Venter Reis 2015-04-16

 Daar in die soel herfsson stap ek op die oorblyfsels van ’n ou tuinpaadjie en besef dat die grys betongebou blykbaar opgerig is in die plek waar vroeër ’n herehuis gestaan het. Daar waar ’n tuin voorheen floreer het, leef nog net die reuse ou akkerbome; onaangeraak deur die historiese gebeure wat hulle omgewing so ingrypend verander het ...

Hiernamaals op toortapyt

Anél Olsson Reis 2015-04-15 Jy is op Sondag, 30 November 2014 oorlede.  Vandat ek ’n verstand het wou ek vir jou skryf. Oor jou skryf, Mamma. En ek’t nooit gedroom dit sal die eerste woorde wees nie.  Jy was op pad om by ons te kom woon in die Kaap. Al die planne wat ons gehad het. En toe […]

Jangseung – die kuns van die groteske

Will van der Walt Reis 2015-04-15 Dit was in 'n klein landelike dorpie oos van Andong in Suid-Korea waar die wêreld van groteske kuns vir my aansienlik verbreed het, my binnegedring en daar nes geskop het. Is dit nodig, na meer as ’n eeu se 'moderne' kuns om nog onsself te herinner dat kuns nie altyd mooi en strelend hoef te […]

Stasiesongs

Marlet Venter Reis 2015-04-15

“Ek staan op die perron ... heeltemal onseker van my status in hierdie wêreld, in hierdie stad, hierdie familie ...” Franz Kafka

Huweliksbootjie

Helené Bestbier Reis 2015-04-15

’n Janfrederik wekker die groep voor sonop. Tienuur vertrek nege roeibootjies. En sommer met die inroei-slag kry ek en Manlief nie ons roeie nie ...

Stap in die spoor van ’n leeu

Trienie Reis 2015-04-14 Ek onthou die reuk van olifantmis en geknakte riet, van sweetvel, sweethare maar bowenal die walms van Zero se neusflanke onder my trillende vingers. Die Jeep wat hoes en proes en dan diep vasval in die riviersand en dieselfde bosgeluide wat in Noag se tyd al gehoor is, wat my kop inbars.  En die lawaai […]

Bestemming: berusting

Gloudine Kellerman Reis 2015-04-14 “Gaan. Jy kan nie vir ewig bly vasklou aan iets wat nie meer bestaan nie.” Waar woorde, maar ongevoelig. Wil my beste vriendin na amper twee jaar steeds nie verstaan nie? “Jy is die een wat altyd sê dinge gebeur met ’n doel,” verdiep sy die pyn in my hart. “Gesê het,” help ek haar […]

My lewensreis begin op 1 April 1948 om 12 uur middag in Belfast, Suid Afrika

Ina Dreyer-Nel Reis 2015-04-14 En voordat julle dink dis ’n grap moet ek julle ernstig vermaan: dis geen grap nie! Van die reis vooraf weet ek niks. My ma het wel vertel dat ons op die 31ste Maart met my pa se Ford op die grondpad gejaag het (teen 30 myl per uur?) sodat ek tog net voor 12 […]

In transit

Stephan Jones Akademies en skole 2015-04-13

Hulle reisstorie het in Middelburg begin. Michael het sy welvarende besigheid verkoop, die trollie uit sy kop gebou, proviand gekoop en sy avontuur begin. Die detail was verstommend: hy het beplan om van Middelburg af tot in Durban en dan kuslangs tot in Kaapstad te loop, trollie, hond en al ...

 

Reistog na die wildevy

Ansie Nel Akademies en skole 2015-04-13 Ek verheug my aan die herfslug hoewel die bosveldson steeds bloedig steek in die middel van die dag. Ek begin my staptog met ‘n kinderlike opgewondenheid.         Ek was lanklaas by die krans; ek kan nie wag om te sien of die wildevy al begin verkleur het nie. Die kwêvoël skinder oor my teenwoordigheid in […]

’n Kruiwa is gemaak om te stoot

Lané Grobbelaar Akademies en skole 2015-04-13

Vasgepen aan jou lirieke wat ek heeltemal te laat gebore is om te ken. So luister ek na jou hart en vat die houe wat die lewe al na jou kant toe gegooi het saam met jou ...

Die soektog na stilte

Mariska Ford 2015-04-13 Dit was die aanhoudende hoofpyne, tamheid en vatbaarheid vir irritasie wat my laat wonder het of die konstante teenwoordigheid van geraasbesoedeling my nie dalk sieklik affekteer nie. My hele wese het gesmag na stilte. (Ek het myself gesien in 'n bladsy uit Koester jou baba; styf toegedraai met 'n sagte kombersie in 'n stil donker […]

Lesotho: Warm herinneringe aan ’n koue land

Amori Heydenrych 2015-04-13 Ek wag op die skreeu van die voertuig se remme of vir die gil van ʼn veewagter wat hier teen die berg af rol. Stilte ...
Top