Op die redakteur se lessenaar
Nuut by Human & Rousseau: Moederland deur Madelein Rust
2022-09-20In Junie 2070 skenk die 27-jarige Jenesis Baron geboorte aan ’n tweeling in haar woonstel in Xin Xianggang. Maar swangerskap sonder ’n toestemmingspermit van die owerhede is taboe, en die pasgeborenes word deur generaal Ben Wagner uitgesnuffel en aan die MediBot oorhandig.
Nuut by LAPA: Uit die donker deur Santie van der Merwe
2022-09-20Ian Strydom het twee gesinne: Madelein en driejarige Liam, vir wie hy soveel tyd moontlik steel, en Henriette en sy ouer kinders wat hom al minder nodig het.
New from Penguin: Black Beach by Daniel Janse van Rensburg and Tracey Pharoah
2022-09-15Black Beach, located on Bioko Island off the mainland of Equatorial Guinea, is one of the world’s most feared prisons, notorious for its brutality and inhumane conditions.
New from Penguin: The quality of mercy by Siphiwe Gloria Ndlovu
2022-09-15In her most magnificent novel yet, award-winning author Siphiwe Gloria Ndlovu showcases the history of a country transitioning from a colonial to a postcolonial state with a deft touch and a compassionate eye for poignant detail.
Nuut by Kwela: Buit deur Dibi Breytenbach
2022-09-15Markus Gerlach en Domingos Magadzi vlug oor die grens van Suid-Afrika na die noorde van Mosambiek omdat hulle vrees dat hulle van moord aangekla sal word. Die joernalis Phoebe Maritz sit hulle agterna om ’n eksklusiewe onderhoud los te slaan.
Nuut by Protea Boekhuis: Zeus van Wyngaardt en die skrikgodin deur Julio Agrella
2022-09-15In Zeus van Wyngaardt en die skrikgodin word Zeus se buurman, Atif Dinali, se tienerdogter Tahina vermis. Zeus vermoed dat mensehandel en prostitusieringe iets met haar verdwyning te doen het.
Nuut by Protea: Franz Marx: Uit die perd se bek deur Chris Vorster
2022-09-15Hierdie “biografie” – uit die perspektief van ’n onwaarskynlike vertroueling – is ’n verwerking van gesprekke met Franz (persoonlik en professioneel) deur die bekroonde akteur, skrywer en regisseur Chris Vorster.
Nuut by Litera Publikasies: Wieg deur Joan Kruger
2022-09-15Uit skrapse oorblyfsels soos hofverslae, mediese rekeninge, veilings en testamente onthul Joan Kruger ’n ryk en boeiende verhaal, vol humor en patos.
New from Penguin: No retreat, no surrender by Oscar Chalupsky, with Graham Spenc
2022-09-08But as with everything else Oscar does, he is determined to emerge victorious. He continues to paddle kayaks, play golf, and with a combination of medical treatment, exercise, iron determination and unconquerable optimism, he has defied every doctor’s prediction to date.
New from Tracey McDonald Publishers: Pleasures of the harbour by Adam Kethro
2022-09-08Part adventure, part action, and lots of wheeling and dealing means readers are in for a rollicking ride in this highly entertaining novel that traverses the high seas and low roads of Southern Africa, while opening boardroom and a few bedroom doors along the way.
Nuut by LAPA: Murasie deur Chanette Paul
2022-09-08Moles is nie ongekend op Verlatenfontein nie. Moord ook nie. Inteendeel.
Nuut by Protea: Ongekende ellende: Rampe wat Suid-Afrika geruk het deur Chris Schoeman
2022-09-08Chris Schoeman neem nog Suid-Afrikaanse rampe oor die eeu heen opnuut onder die loep, maar sluit dié keer ’n hele paar minder bekende voorvalle in en party wat amper heeltemal vergete geraak het.
Nuut by Kwela: Moerstaāl deur Loit Sōls
2022-09-08Die lewegewende moederfiguur staan sentraal in dié bundel. Sý wat onderdruk en misken is, en wie se bydrae, soos dié van die taal, deur die gedigte herstel word.
Nuut by Human & Rousseau: Flora deur Engela Ovies
2022-09-01Engela Ovies se tweede roman is ’n hartroerende verhaal oor ’n dapper tienermeisie se liefde vir haar sibbe. Dit getuig van medemenslikheid, vergifnis en oorwinning – eerlik, deernisvol en opreg.
New from Umuzi: Notes on falling by Bronwyn Law-Viljoen
2022-09-01Unbeknownst to them, Thalia, Robert and Paige share a story that links them to one another, to the turbulent worlds of New York in the 1970s and South Africa in the 1990s and, finally, to the photographs that hold the secrets of their lives.
New from Melinda Ferguson Books: Bamboozled by Melinda Ferguson
2022-09-01Ferguson’s latest memoir is about looking for patterns and uncovering answers in a world that’s crumbling. It’s also about loosening the grip of money and finding magic. Then she rescues a dog who ends up rescuing her.
Nuut by Lux Verbi: Kies die lewe: Leer dans in depressie deur Ivor Swartz
2022-09-01In hierdie intens persoonlike, dog toeganklike reis gee Ivor nie maklike antwoorde nie, maar vra dat ons ons oë sal oopmaak vir mense rondom ons, en dat ons hulle sal ondersteun.
Nuut by Human & Rousseau: Hondman 3: Katkenades deur Dav Pilkey
2022-08-25Die superspeurder kom weer te staan teen sy groot vyand, Ramkat, wat die lewe vir die polisie moeilik maak. Ramkat ontsnap uit die tronk en breek in by ’n laboratorium.
Nuut by LAPA: Sneeuman-swem deur Luan Serfontein en Fanie Viljoen
2022-08-25Pieter Poggenpoel is die grootste grapmaker in die skool. Selfs sy naam is ’n grap. Almal noem hom Padda! Nou moet hy bewys dat hy ook ernstig kan wees.
Nuut by Protea Boekhuis: Die avonture van Iwan deur Otfried Preussler
2022-08-25Iwan is die jongste en ook die luiste van drie seuns. Op ’n dag stuur sy pa hom om takke in die woud te gaan afbreek en daar kom hy ’n blinde man teë.
