
Dié skrywer het geen bekendstelling onder lesers nodig nie; hy is die 21ste eeu se eie kombinasie van Koöperasiestories se Tant Mietie en Herman Charles Bosman. Sy talent om stowwerige geskiedenis tot vermaaklike streeksvertellings te transformeer, grens aan die legendariese. Sy skryfstyl herinner aan kampvuurstories waarna nuuskieriges grootoog en vasgenael sit en luister; betower deur ’n unieke verteller met ’n pittige sin vir humor.
Geen Lötter-liefhebber se versameling sal volledig wees sonder hierdie bundel nie en dit word veral aanbeveel vir lesers wat sy Ware spookverhale van Suid-Afrika (Protea Boekhuis, 2021) geniet het.

