
Die professor, een van die gewildste programme op Amore Bekker se oggendprogram op RSG, is nou in boekformaat beskikbaar.
- Die ideale Kersgeskenk!
- Hierdie program word weer in Oktober hervat. Die menslike dieretuin nooi die leser uit vir ’n unieke leeservaring oor die belangrikste parasiete en ander organismes wat in en op ons leef.
- Die gedetailleerde illustrasies en beskrywings sorg vir ’n besonderse leeservaring en maak hierdie interessante onderwerp toeganklik soos nog nooit tevore nie.
- Vars uit die navorsers se penne.
- Die jongste en mees relevante boek tans oor die parasitologie beskikbaar.
- Vir alle leergieriges!
- Lesers kom meer te wete oor parasiete, maar ontwikkel ook ’n dieper insig in die natuurlike wêreld en die mens se plek daarin.
- Kontroversieel: bv die feit dat ’n groot persentasie mense met toksoplasmose besmet is wat tot depressie en ander neurologiese probleme kan lei, of dat ’n wanbalans in jou derm-mikrobes die hoofoorsaak vir suikersiekte en kolonkanker is.
- Die omvattende woordelys saam met die tekeninge is ’n besonderse geskenk aan die Afrikaanse leser.

