Op die redakteur se lessenaar
Nuut by Protea: Gedaantes en gedoentes deur Daniël Lötter
2022-11-10Sy skryfstyl herinner aan kampvuurstories waarna nuuskieriges grootoog en vasgenael sit en luister; betower deur ’n unieke verteller met ’n pittige sin vir humor.
Nuut by Naledi: Seks, skoonma's en skuld deur Elize Parker
2022-11-10Elize Parker kyk met wysheid en insig na die tipiese uitdagings wat in briewe aan haar troostantekolom sowel as in navorsing en onderhoude vir verhoudingsartikels na vore gekom het.
Nuut by Naledi: Kliniek van verlatenheid deur Alda Merini
2022-11-10Kliniek van verlatenheid is Rina Cascione se vertaling van die befaamde Italiaanse digter Alda Merini se laaste versameling gedigte.
Nuut by Human & Rousseau: Plunder deur Antjie Krog
2022-11-10Krog probeer oplaas sin maak van die land, van die self, van die verlede.
New from Jonathan Ball: The ANC billionaires by Pieter du Toit
2022-11-10The book draws on first-hand accounts by major role players about the contentious relationship between capital and the ANC before, during and after the country’s transition to democracy.
New from Penguin: The presidents by Richard Calland and Mabel Sithole
2022-11-10Since 1994, South Africa has had five presidents who have varied greatly in style and character, despite all belonging to the same political party. How do they compare? How did they handle the crises they faced? What impact did they have on the country?
New from Melinda Ferguson Books: Samurai sword murder by Nicole Engelbrecht
2022-10-31When 18-year-old Morné Harmse walked into his high school in 2008, armed with a samurai sword, he had one mission – to commit a massacre.
Nuut by Tafelberg: Agter my glimlag deur Lindie Stander
2022-10-31Lindie Stander was op die kruin van haar loopbaan toe sy in ’n bloedbevlekte bed in ’n staatshospitaal wakker word. Elise Kruger, die karakter wat Lindie in Binnelanders vertolk het, het sonder waarskuwing van kykers se televisieskerms af verdwyn.
Nuut by Human & Rousseau: Dryf deur Cecilia Steyn
2022-10-31Mense glo daar’s ’n vloek oor Stormwater. Die see roep elke jaar sy slagoffers. Is dit waarom Caleb se pa se vliegtuig neergestort het?
Nuut by Naledi: Anne van Green Gables deur Lucy Maude Montgomery
2022-10-27Toe Lucy Montgomery middae in die laatstrale van die son by haar venster gesit en skryf het aan haar storie oor die enigmatiese Anne, sou sy nooit as te nimmer kon droom dat dié verhaal, meer as honderd jaar later, steeds die harte van mense oor die aardbol heen sou steel nie.
New from Naledi: Lobola for life by André Brink
2022-10-27Lobola for life is one of the author’s only novels which had not been translated into English. It is a timeless piece of art which sees Brink set in motion what would become a life-long revolt against injustice, the Lie and all that threatens freedom.
Nuut by Protea: Sanctum deur Joan Hambidge
2022-10-27Soos ons van Hambidge verwag, is die verse persoonlik en intiem, maar met die afstand wat woordvaardigheid meebring – iemand wat hul vaardigheid geslyp het en ’n universele noot kan raakslaan.
Nuut by LAPA: Die lang papawer deur Kristel Loots
2022-10-27Deur hoeveel brandende hoepels moet Libbi nog spring voordat sy haar tribe ontdek? Voordat die lang papawer kan blom?
Nuut by Hemel & See: In die klipknoets van haar vuis deur Adriaan Potgieter
2022-10-19In die klipknoets van haar vuis is ’n Jungiaanse perspektief op die lewe en werk van Sheila Cussons, met besondere verwysing na haar poëtiese prosa-jeugwerk, Gestaltes 1947.
Nuut by Naledi: Nagouers deur Saskia de Coster
2022-10-19Saskia word onder versweë teensinnigheid moeder saam met haar groot liefde en eggenote, Juli. Laasgenoemde dring daarop aan om ’n eie kind in die wêreld te bring.
New from Tafelberg: Cleaner’s Boy by Patric Tariq Mellet
2022-10-19Mellet’s autobiography demonstrates a spirit of innate and unbridled resistance, in small and major ways, that liberated Cleaner’s Boy from an unpromising and tragic early life to a life of influence driven by a deep understanding of identity.
New from Tafelberg: Blood and silver by Jan Glazewski
2022-10-19Before fleeing the family estate near Lviv, in what is now Ukraine, Jan Glazewski’s father buried what he could salvage of the family silver in the forest.
Nuut by Protea: Die Waterplek: Afrika, volume 1 deur Carina Stander
2022-10-11Baie water en bloed het intussen in die see geloop en nou verlaat die sewentienjarige Eron Verberger uiteindelik sy geboorteland in die hoop om die laaste Geseënde en sy pa by die Waterplek te vind ...
Nuut by Umuzi: Die kapokdokter deur François Loots
2022-10-111816. Die Kaap de Goede Hoop. ’n Jong dokter, James Barry, stap aan wal as ’n militêre chirurg se assistent. Goewerneur Lord Charles Somerset is ná ’n paar maande só beïndruk met die briljante Barry dat hy hom as sy huisdokter aanstel.
New from Naledi: I wish I’d said ... Vol 5, edited by Johann de Lange and Nxalati CP Golele
2022-10-11Imagination saves us in dark days and the words on these pages will show you an experience that is as universal as it is individual.
