
’n Bosveldstorie oor vriendskap en avontuur
’n Welpie genaamd Leeutjie ontsnap uit die dieretuin en vlug bergop. Hy ontmoet vir Louwtjie, ’n jong seun met wie hy boesemvriende word. Louwtjie se oupa Theuns stem in dat Leeutjie op sy bosveldplaas, Paradys, mag kom woon. Saam met Bob Bond, ’n mak bobbejaan wat eintlik ’n geheime agent is, beleef hulle opwindende avonture soos om renosterstropers vas te trek en wilddiewe te fnuik.

