Nuut by Human & Rousseau: Net aliens eet spinasie en ander stories (2022) deur Jaco Jacobs

  • 0

Geïllustreer deur Iain Rennie

’n Alien land in ’n swembad, kinders verdwyn in ’n biblioteek, ’n monsterhond word ’n woefie-woef en ’n vampier-jagter-ouma bestorm ’n skool met ’n knoffel-bazooka ... Maar dis nog lank nie al nie! 

Hierdie versameling van tonekrul-lekker stories deur Jaco Jacobs is al meer as ’n dekade lank gewild. Die nuwe uitgawe met fassinerende illustrasies deur Iain Rennie sal lesers laat gril en ril van plesier. En die beste van alles? Een splinternuwe storie is bygevoeg!

Klik hier vir nog inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top