Nuut by Tafelberg: Stories in die wind deur Deidré Jantjies

  • 0

Geïllustreer deur Dav Andrew

Tien verhale wat die minder bekende stories van die mense van die Richtersveld, Namakwaland en Kalahari vertel. Die karakters is diere, mense, die son, maan en sterre. Skilpad en Volstruis sê mekaar die stryd aan. Sal Jakkals en Leeu kan saamwerk om te jag? Die mense van Hoerikwaggo trek //Hui !Gaeb toe. Daar is die Gariep se watergees in die vorm van ’n vrou. Pragtig vertel om lesers se verbeelding aan te wakker.

Klik hier vir nog inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top