Nuut by Umuzi: Vetplantfeetjies deur Antjie Krog, Ingrid de Kok en Fiona Moodie

  • 0

Suider-Afrika het die rykste en uiteenlopendste groepering vetplante ter wêreld. Vetplantfeetjies is ’n versameling kinderryme en pragtige kunswerke oor inheemse vetplante wat ook feetjies is, in die styl van Fynbosfeetjies, die boek se suksesvolle voorganger. Antjie Krog en Ingrid de Kok het die verse geskryf, en Fiona Moodie het kunswerke in volkleur geskep. Soos in Fynbosfeetjies, kry die plantjies se wonderlike volksname lewe en word die wetenskaplike name ook aangedui in ’n boek wat gou ’n klassieke werk sal raak.

Klik hier vir nog inligting oor dié publikasie.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top