
In die klipknoets van haar vuis is ’n Jungiaanse perspektief op die lewe en werk van Sheila Cussons, met besondere verwysing na haar poëtiese prosa-jeugwerk, Gestaltes 1947, ’n heruitgawe waarvan vir hierdie doel by die houer ingesluit is. Die belangrike keuses en gebeurtenisse van Cussons se lewe word nuut geteken teen argetipiese strukture van die psige en verbind aan die impak van die onbewuste in haar lewe. Die intuïtiewe en esoteriese aard van haar werk word deur Potgieter behou in die struktuur, die verskeie stemme wat deelneem aan die gesprek en die ineenvlegging van haar taal met dié van die skrywer. Hierdie is ’n vars en uitsonderlike invalshoek op Cussons en val saam met die honderdjarige herdenking van haar geboorte.
Kontak Hemel & See Boeke vir nog inligting oor dié publikasie.


Kommentaar
Boeke kan bestel word van die volgende e-posadres: Klipknoets@gmail.com