Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
Persverklaring: President stel voorbeeld vir Panyaza Lesufi
2019-05-27"Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir onderwys, se uitsprake oor onderwys in Afrikaans en sy opmerking dat ’n mens aan leerlinge ’n ondiens bewys deur hulle in Afrikaans te laat studeer, getuig van onkunde oor skolestelsels en moedertaalonderrig."
Persverklaring: Jan H Maraisprys toegeken aan die historikus Fransjohan Pretorius
2019-04-01"Die Jan H Maraisprys vir ’n uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal word vanjaar toegeken aan die historikus Fransjohan Pretorius. Die prysgeld sal op 29 Mei 2019 by ’n funksie op Stellenbosch aan hom oorhandig word."
Oproep om referate vir die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns
2019-02-20Voorleggings word ingewag vir referate oor die oorkoepelende tema "Mensgemaakte bedreigings vir lewe op aarde: Die tydperk van die Antroposeen". Die sluitingsdatum is 30 April 2019.
Persvrystelling: ’n Hartlike uitnodiging vir nominasies vir die Jan H Maraisprys vir 2019!
2018-10-18"Met ’n prysgeld van R500 000 wat deur die pryswenner na goeddunke bestee kan word, en ’n beeldjie van Coert Steynberg se 'Helpende hand', is die Jan H Maraisprys ’n gesogte toekenning." Nominasies sluit op Donderdag 31 Januarie 2019.
Uitnodiging vir nominasies: SA Akademiepryse 2019
2018-10-11Graag vestig ons u aandag op die Akademiepryse wat in 2019 vir toekenning oorweeg word. Kandidate vir enigeen van die pryse kan tans genomineer word. Die sluitingsdatum vir voorstelle is 31 Januarie 2019.
Uitnodiging: Studentesimposium vir die sosiale en geesteswetenskappe
2018-09-26"Is jy lief vir Afrikaans? Rol woorde soos ghoeroe of eureka! lekker van jou tong af en wil jy graag jou deel doen om Afrikaans as wetenskaptaal te bevorder? Indien wel, wil ons jou uitdaag om jou navorsingswerk in Pretoria in Afrikaans te kom bekendstel."
Persvrystelling: Die SA Akademie betreur die heengaan van Christo van Rensburg
2018-08-14"Met die oorlye van Christo van Rensburg het Afrikaans een van sy belangrikste navorsers oor die herkoms van Afrikaans verloor, het Jacques van der Elst namens die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns gesê."
Persverklaring van SA Akademie oor Tom Gouws: Literêre wêreld treur
2018-07-27Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns betreur die dood van Tom Gouws, vooraanstaande letterkundige wat in sy huis in Pretoria vermoor is.
Persvrystelling: Beurse vir M- en D-studie 2019
2018-07-04Die SA Akademie stel vir 2019 ’n beperkte aantal studiebeurse beskikbaar vir M- en D-studie in enige vakrigting (geestes- of natuurwetenskappe). Die uitkoms van die betrokke studie (’n proefskrif of verhandeling of enige ander vereiste vorm) moet in Afrikaans wees. Die sluitingsdatum vir die aansoeke is 31 Augustus 2018.
Persvrystelling: Meer as 50 museums reeds gesluit en ’n verdere 50 in gevaar
2018-06-12"Wêreldwyd word museums as bewaarders of beskermers van kultuurgoedere beskou, en in Suid-Afrika verkeer die daarmee gepaardgaande kultuurbewussyn in ’n krisis."
Foto's en commendatio's: Drie ATKV|SA Akademie-pryse oorhandig
2018-04-26Drie van die ag ATKV|SA Akademie-pryse van 2018 is Woensdagaand by ’n byeenkoms van die Werkgemeenskap Wes-Kaap van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns oorhandig. Vier LitNet Akademies-artikels is vanjaar bekroon; die pryse vir twee van hulle is by dié funksie oorhandig.
SA Akademie vir Wetenskap en Kuns: 2018 se pryswenners bekend
2018-04-13Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het pas die wenners van die meeste van 2018 se Akademiepryse bekend gemaak.
’n Onderhoud met bekroonde navorser Michelle Barnard
2018-04-05"Dit was vir my baie belangrik dat die artikel ’n oorspronklike bydrae tot die vakgebied moes beliggaam en moontlik die ontwikkeling van Afrikaans as wetenskapstaal sou bevorder."
’n Onderhoud met bekroonde navorser Cilliers van den Berg
2018-04-05"Ek is eintlik ’n Germanis en is veronderstel om my met die Duitse letterkunde besig te hou, maar Afrikaans sal altyd die taal wees waarin ek my die beste kan uitdruk. Dat goeie navorsing steeds in hierdie taal gegiet kán word, is klinkklaar, en dit is graag hiér waar ek ook ’n bydrae wil lewer."
’n Onderhoud met bekroonde navorser Helgard Raubenheimer
2018-04-05"Dit was vir baie jare pret om op die gebied van goudchemie, een van my gunstelinggebiede, te werk en dit verder te ontwikkel."
’n Onderhoud met bekroonde navorsers Aslam Fataar en Henry Fillies
2018-04-04"Hierdie prys is ’n erkenning van die behoefte aan navorsingsbenaderings tot die verstaan van onderwys wat fokus op die multidimensionaliteit en kompleksiteit wat nou studente se opvoedkundige weë en praktyke vorm."
ATKV|SA Akademie-pryse 2018: Vier LitNet Akademies-artikels word bekroon
2018-02-26Vier LitNet Akademies-artikels is vanjaar met die gesogte ATKV/SA Akademie-pryse vir geakkrediteerde navorsing in Afrikaans bekroon.
Persvrystelling: ’n Hartlike uitnodiging vir nominasies vir die Jan H Marais-prys vir 2018
2017-11-15"Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wag nominasies in vir die Jan H Marais-prys vir 2018. Enige persoon of instansie is welkom om voor Woensdag 31 Januarie 2018 nominasies in te stuur."
Persvrystelling: Irma Eloff nuwe voorsitter van die SA Akademie
2017-10-03"In sy bestaan van 108 jaar is Eloff slegs die tweede vrou wat voorsitter van die Akademie word na Elize Botha wat tussen 1990 en 1992 die eerste vroulike voorsitter was."
Persvrystelling: Miljoene vir studie in Afrikaans
2017-07-27"Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns stel vanjaar weer miljoene rand beskikbaar vir beurse aan nagraadse studente in enige vakdissipline. Studente wat vir ’n meestersgraad of doktorsgraad by enige universiteit in Suid-Afrika wil inskryf, kan aansoek doen."
