Pieter Fourie se Teatermaker, die derde bundel in die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se huldigingsreeks oor literêre kunstenaars wat met die Hertzogprys bekroon is, is onlangs by Protea Boekhuis in Stellenbosch bekendgestel. Saartjie Botha, Fanie Olivier (redakteur van die publikasie) en Pieter Fourie was met mekaar in gesprek. Johan Kotzé het namens LitNet foto's van die geleentheid geneem.














