PEN Afrikaans
PEN Afrikaans is deur sy lidmaatskap van PEN die verteenwoordiger van sy lede en die Afrikaanse skrywersgemeenskap in ’n internasionale verband. Kontakadres: [email protected]
PEN Afrikaans Vertaalfonds: Reglement
Rules and regulations for the PEN Afrikaans Translation Fund
PEN Afrikaans: Die wêreld van die skrywer – Henning Pieterse
2019-09-06"Die wêreld van die skrywer” is PEN Afrikaans se artikelreeks waarin skrywers uitbrei oor temas wat met die praktyk van skryf te doen het. Die bekroonde digter, vertaler en letterkundige Henning Pieterse, is in hierdie artikel aan die woord.
PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Augustus 2019
2019-09-06Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Augustus 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is.
Uitnodiging na PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering 2019
2019-08-19"Die deure sal oop wees vir lede, hul metgeselle en ander belangstellendes, so kom klink 'n glasie, geniet ligte verversings en vind meer uit oor PEN Afrikaans se werksaamhede."
Fotogalery: Ses skrywers skryf tesame op Somerset-Oos
2019-08-16In die winter het ses skrywers, in samewerking met PEN Afrikaans, op Somerset-Oos in die Jakes Gerwel Stigting se skrywershuis aan hulle manuskripte gaan werk. Hier is ’n paar kiekies – soos deur die oë van Ronelda S Kamfer.
PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Julie 2019
2019-08-06Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Julie 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
PEN Afrikaans Nuusbrief: Julie 2019
2019-07-18Oor: Wysigingswetsontwerp op Outeursreg steeds ongeteken; Petisie om vrylating van Tashi Wangchuk te eis; Die MOS-inisiatief; Inskrywings ingewag vir die RSG / Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie; Ingrid Jonker-prys aan Pieter Odendaal; PEN Afrikaans hou algemene jaarvergadering by Tuin van Digters 2019; 'n Oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Junie; Nuwe Afrikaanse boeke in Julie.
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Junie 2019
2019-07-09Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Junie 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
PEN Afrikaans Nuusbrief: Junie 2019
2019-06-18In hierdie maand se nuusbrief: PEN Afrikaans Vertaalfonds befonds vertalings van Ronelda Kamfer, Nathan Trantraal en Hester Kruger; joernalis Karima Brown wen saak teen die EFF; NB-Uitgewers internasionaal vereer; leesstof uitTaalgenoot se Somer 2019-uitgawe; voorleggings ingewag vir kykNET en M-Net se draaiboekkompetisie; sie wêreld van die skrywer: EKM Dido en Jolyn Phillips oor hul pad na debuteer; 'n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in Mei en oor nuwe Afrikaanse boeke in Junie.
PEN Afrikaans-artikelreeks: Die wêreld van die skrywer
2019-06-10Vrae aan EKM Dido en Jolyn Phillips: Watter gebeurtenis(se) en/of individue het daadwerklik daartoe bygedra dat ’n skrywer kon debuteer, of aangemoedig gevoel het om aan ’n eerste manuskrip te begin werk? Watter geleenthede was van onmisbare waarde om te groei en nuwe rigtings in te slaan?
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Mei 2019
2019-06-10Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Mei 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
PEN Afrikaans Vertaalfonds kondig suksesvolle aansoeke aan
2019-05-31PEN Afrikaans kondig met trots drie nuwe suksesvolle aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds, wat moontlik gemaak word deur finansiële ondersteuning van die Trust vir Afrikaanse Onderwys (TAO), aan.
Artikels en resensies uit Taalgenoot se Somer 2019-uitgawe
2019-05-28Baie dankie aan die Taalgenoot-redaksie wat dit vir PEN Afrikaans moontlik maak om die taal- en boekverwante inhoud uit dié kwartaallikse tydskrif se Somer 2019-uitgawe hier te deel. Die tema van dié uitgawe is: “Wees bevrees!” Klik gerus op die skakels onder om die artikels en resensies gratis in PDF-formaat af te laai.
PEN Afrikaans Nuusbrief: Mei 2019
2019-05-12Oor: Perspektiewe op die Ghoemas, Afrikaans, borgskappe en sensuur; suksesvolle aansoeke vir die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans se skrywersresidensie; 'n bloemlesing ter viering van inheemse tale; PEN Afrikaans Vertaalfonds: aansoeke ingewag; PEN VIDA-telling; die Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2021; 'n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings in April; nuwe Afrikaanse boeke in Mei; nuwe lede.
PEN VIDA-telling: ’n ondersoek na geslagsverteenwoordiging in die Afrikaanse boekjoernalistiek
2019-05-10VIDA – Women in Literary Arts is ’n Amerikaanse nie-regeringsorganisasie wat daarop gemik is om lig te werp op moontlike geslagsongelykhede in die boekjoernalistiek en uitgewersbedryf. PEN Afrikaans besluit om ons eie PEN VIDA-telling te doen om te probeer bepaal hoe dié saak in die Afrikaanse boekjoernalistiek daaruit sien.
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in April 2019
2019-05-09Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in April 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
PEN Afrikaans: perspektiewe op die Ghoemas, Afrikaans, borgskappe en sensuur
2019-05-09PEN Afrikaans het bydraers gevra om hul indrukke oor die Ghoema-insident en die gevolge daarvan neer te pen. Lees die menings van Kerneels Breytenbach, Bettina Wyngaard, Izak de Vries, Colette Combrink, Bernard Odendaal en Mercy Kannemeyer.
Suksesvolle aansoeke vir die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie
2019-04-30"Die skrywersverblyf sal die skrywers in staat stel om vir ’n maand aan ’n manuskrip te slyp in die rustige en prentjiemooi omgewing van die Paulethuis in Somerset-Oos."
PEN Afrikaans Nuusbrief: April 2019
2019-04-11Oor: Ontwrigting van bekendstelling van Gangster State; wenners van UJ-pryse 2019; benoemings vir ATKV-Mediaveertjies; stuur jul gedigte: ’n bloemlesing ter viering van inheemse tale; RSG/Sanlam se radiodrama-skryfkompetisie; ’n skrywersresidensie in samewerking met die Jakes Gerwel Stigting; verwikkelinge rondom die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg; ’n oorsig van Afrikaanse resensies en boekbesprekings; nuwe Afrikaanse boeke in April; nuwe lede.
PEN Afrikaans veroordeel die ontwrigting van bekendstelling van Gangster state deur Pieter-Louis Myburgh
2019-04-10PEN Afrikaans veroordeel die destruktiewe optrede van die groep betogers ten sterkste. Dit het ’n geleentheid vir gesprekvoering in die wiele gery deur die toepassing van boelie- en intimidasietaktieke wat daarop gemik is om kritiese stemme stil te maak.