WA Hickey (1909–1989)
2024-11-18"Ek is op my beste wanneer ek sonder kinkels en lang draaie reguit op die man af skryf. Met tierlantyntjies het ek nog altyd gesukkel." Lees meer oor WA Hickey se lewe en werk in die AKTV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Hans du Plessis (1945–2024)
2024-11-14"Afrikaans gaan nêrens anders heen as waarheen ons dit vat nie. Ons moet produkte skep wat só goed is dat mense agter ons aanloop." Hans du Plessis se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is nou volledig bygewerk.
Topsy Smith (1914–1985)
2024-11-06"Ophou skryf, sal ek nie maklik nie en selfs die hartoperasie sal my nie langer as wat nodig is van my pen en papier weghou nie." Lees meer oor Topsy Smith se lewe en werk in hierdie ATKV|LitNet-Skrywersalbum, opgestel deur Erika Terblanche.
Marlene le Roux (1934–)
2024-10-30"Ek pas ook dissipline toe in die skryfproses. Wanneer dit tyd is om voor die rekenaar te gaan sit, doen ek dit en ek staan nie weer op voordat ek iets uitgerig het nie. Soms is die vrug op die inset gering, want skryf is nie altyd maklik nie." Lees meer oor Marlene le Roux se lewe en werk in dié ATKV|LitNet-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Persverklaring: Pret met nuwe limeriekeveldtog
2024-10-29Die ATKV stel vandeesweek ’n splinternuwe limeriekeveldtog op sosiale media bekend. Dit volg op die gewilde idioomveldtog wat mense weer gewys het hoe prettig en pittig Afrikaans kan wees. Die nuwe limeriekeveldtog is nes die idioomveldtog die breinkind van die aktrises Cindy Swanepoel en Anél Wood.
Persverklaring: Hans du Plessis is oorlede
2024-10-26Die ATKV neem met groot leedwese kennis van Hans du Plessis – letterkundige, digter, skrywer en ATKV-erelid – se heengaan op 25 Oktober.
Cor Dirks (1911–2000)
2024-10-23"Daar is nie ’n wenresep om kinderverhale te skryf nie, net ’n liefde daarvoor en deursettingsvermoë." Lees meer oor Cor Dirks se lewe en werk in hierdie ATKV-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Persverklaring: RUK EN RYM-wenners lei nuwe, klankryke hoofstuk in
2024-10-21Die Taalgenoot-RUK EN RYM-finaal op Saterdag 12 Oktober was ’n alternatiewe smeltkroes vol vonkende talent. Volgens Jaco van der Merwe, die projek se kreatiewe regisseur was dit "baie bemoedigend om die feit bevestig te hê dat Afrikaanse musiek nié ’n genre is nie, maar dat Afrikaans as ’n taal gebruik word om op baie verskillende maniere uitdrukking te gee".
Foto’s en video: Bekendstellingsgeleentheid van "Dames en here" deur Elbie Adendorff, Lisinda de Jager en Elize Steenkamp
2024-10-18"Dames en here", ’n boek rondom redenaars en debat, het onlangs by LAPA verskyn. Naomi Meyer het by die bekendstellingsgeleentheid op 15 Oktober 2024 met Elbie Adendorff en Lisinda de Jager, gesels. Hier is foto’s en ’n video van die geleentheid.
Persverklaring: Uitnodiging na die bekendstelling van Dames en Here deur Elbie Adendorff en Lisinda de Jager
2024-10-10Hierdie boek is ’n eerste in sy soort en sal ’n groot gaping in die mark vul. Daar is spesifiek gekyk na alle redenaars- en debatskompetisies in Suid-Afrika, sowel as alle vorme van toesprake wat in die skoolkurrikulum vereis word. Opvoeders en onderwysers – en enigiemand wat belangstel! – word hartlik uitgenooi om hierdie boekbekendstelling op 15 Oktober in Stellenbosch by te woon. Hier is nog inligting.
Maritha Snyman (1952–2024)
2024-10-10"Boeke laat jou krities en innoverend dink en sinryke besluite neem: Koop boeke vir jou én jou kinders. Lees dit saam en praat saam. ’n Groter guns kan jy hulle nie bewys nie, en niemand anders gaan dit doen nie."
Tieners skitter in #Simbiose-toneelkompetisie: ’n oorsig van die ATKV se top 10 produksies
2024-10-02"’n Hond is die mens se beste vriend. Só lui die spreekwoord. Maar vir Sebastian en Spot is dié woorde in oortreffende trap van toepassing. Hulle doen alles saam. Spot wag heeldag vir Sebastian se tuiskoms. Hy is meer as Sebastian se hond; hy is sy beste vriend, sy kameraad, sy vertroueling." Vir Spot, die ATKV-tienertoneelwenproduksie, is ook vanjaar by die Toyota Stellenbosch Woordfees te sien.
Persverklaring: Simbiotiese ATKV-Sêrwenners bekroon tydens ATKV-toneelfinaal
2024-09-25Nasionale sêrmentors Frieda van den Heever en Francois van der Merwe moes behoorlik kopkrap om die wenners van die eerste ATKV-Sêrkompetisie aan te wys danksy simbiotiese tieners wat met voetstamp-lekkerte en tongklap harmonieë die toon aangegee het.
Persverklaring: ATKV-Woordveertjies 2024 – Prys vir Spanningslektuur, Prys vir Niefiksie en ATKV-Prosaprys
2024-09-20Die ATKV-Woordveertjies bekroon jaarliks uitsonderlike prestasies rondom die Afrikaanse woord. Die ATKV huldig die geskrewe woord met die Prys vir Spanningslektuur, een van die vinnig groeiendste en gewildste genres in Afrikaans; die Prys vir Niefiksie; en die ATKV-Prosaprys, een van die oudste en mees gerespekteerde letterkundepryse in Afrikaans.
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Jaco van der Merwe
2024-09-19"Worldplay is een van my gunstelingprojekte. Dis basies soos ’n game show, waarin ’n handvol digters en ’n handvol musikante beurte maak om saam te improviseer. Dis amper soos Spin the bottle: ’n Digter en ’n musikant se name word getrek en dan moet hulle saam op die verhoog ’n stuk opvoer. Die collaborations is 100% unrehearsed en spontaan."
Persverklaring: ATKV-Woordveertjies 2024 – Prys vir Poësie, Prys vir Dramatekste en Woordwystoekenning
2024-09-19Die ATKV-Woordveertjies word aangebied om uitsonderlike bydraes rondom die Afrikaanse woord te bekroon. Van Suid-Afrika se voorste Afrikaanse skrywers en illustreerders het al met hierdie veer in hul hoed weggestap. Die waarde van poësie, dramatekste en woordeboeke lê in hul vermoë om die menslike ervaring te verryk, kreatiewe uitdrukking te bevorder en taalvaardighede te ontwikkel.
Persverklaring: ATKV-Woordveertjies 2024 – Prys vir Liefdesroman en Prys vir Romanses
2024-09-18Boekwurms wêreldwyd sal jou vertel dat min dinge ’n goeie liefdesverhaal klop, en ook in Afrikaans staan liefdesromans hul plek op boekrakke vol.
Persverklaring: ATKV-kinderboektoekennings 2024
2024-09-17Die ATKV-Kinderboektoekennings word jaarliks aangebied om die gewildste Afrikaanse kinderboeke wat gedurende die voorafgaande kalenderjaar verskyn het, te bekroon.
Fanie Viljoen (1970–)
2024-09-11"Grootmense hou nie van vlieënde varke nie. Hulle hou van reëls en realiteit. Kinderboeke maak ’n mens se kop weer oop. Dit laat jou weer jonk dink." Lees oor Fanie Viljoen se lewe en werk.
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: Hoe het dit skielik laat geword? – 'n onderhoud
2024-09-09Olga Leonard praat met Naomi Meyer oor die woordkunsproduksie, Hoe het dit skielik laat geword? by die Toyota Stellenbosch Woordfees vanjaar: "Die temas wat voorkom in Olga Kirsch se werk is vandag nog relevant. Sy skryf breed oor geloof, liefde en om ’n buitestander te wees."