Onderhoude

Onderhoude oor aktuele kwessies
Interviews about topical issues

Ontmoet Maria du Toit, bekroonde klarinetspeler

Maria du Toit, Naomi Meyer 2012-09-19 Dis nie net die land se Olimpiese swemmers wat langasems is nie. Naomi Meyer gesels met 'n klarinetspeler wat die tegniek van "circular breathing" verfyn het en wie se klarinetspel mens se asem wegslaan.

Kom les jou dors na boeke (en stil jou honger) by die ATKV se Boeke-oase

Kabous Meiring, Naomi Meyer 2012-09-19 "Ons is reg langs die feesterrein. Deesdae kan mens lekker koffie of lewer en netvet op die Bult koop en dan kom luister na 'n gesprek in die ATKV Boeke-oase."

Dié kabouter deurstaan die toets van die tyd saam met (Human &) Rousseau

Leon Rousseau, Naomi Meyer 2012-09-13 In 'n wêreld waar alles anders is as dertig jaar gelede, het Storieman herleef. Naomi Meyer vra vir Leon Rousseau hoe hy weer in 2012 asem in die elf se longe geblaas het.

Haar storie is elke vrou se storie - Medea

Coba-Maryn Wilsenach, Naomi Meyer 2012-09-07 Medea was 'n Griekse godin, en daar is verskillende weergawes van haar mite. Een storie is dat sy haar kinders vermoor het en gedwing is om telkens haar lewe oor en oor te beleef wanneer sy sterf. By die Clover Aardklopfees is Coba-Maryn Wilsenach dapper genoeg om die verhoog alleen aan te durf en hierdie godin te word. Naomi Meyer vra haar uit oor Medea.

SA lifts moratorium on fracking

Julienne du Toit 2012-09-07 "Now comes the time when people should show their strength together."

Die dag toe Willemien die tekskompetisie gewen het

Naomi Meyer 2012-09-06 "Drama is my eerste liefde (ek het lank, lank gelede drama geswot op Stellenbosch), en toe ek in die vroegwinter vanjaar hoor van die KKNK se teksprys, het ek gewéét hier is my kans."

Die poppe dans in Wolwedans – Naomi Meyer gesels met Leon van Nierop

Leon van Nierop, Naomi Meyer 2012-09-05 "Ek voel Wolwedans is tuis in elke medium, want ek het dit spesifiek vir daardie mediums geskryf en die reëls vir daardie mediums probeer gehoorsaam ... Al wat Wolwedans nog moet word, is ’n musical!"

LitNet Akademies: Ena Jansen in gesprek met Marisa Botha

Marisa Botha, Ena Jansen 2012-08-31 "Ek dink ons leef nou in ’n ander wêreld, waarin mense op webwerwe, blogs, Facebook en deur ander sosiale media hulle persoonlike ervarings met die publiek deel. Die outobiografiese genre het ook baie gegroei in die afgelope paar dekades."

Speurders, seks en skryf – Naomi Meyer gesels met Chanette Paul

Naomi Meyer 2012-08-30 "Hierdie trekvoëlpatroon het voortgeduur nadat ek uit die huis uit is, veral toe ek boonop met ’n man trou wat ook nie vir lank op een plek kon bly nie. Tussen hom en my pa het ek in stede gebly en op dorpe, in koshuise en kommunes, in woonstelle en huise en karavane, op kleinhoewes, op plase en in woonwaparke. Elke plek het sy eie gevoel en dinamika. Dis moontlik hoekom ruimte vir my so ’n belangrike element in my stories is."

Karoo-ontwikkelingskonferensie: Karoo se "Arabiese Lente"?

Henry Cloete 2012-08-28 "Is hierdie die Karoo se 'Arabiese Lente'?"

Lonmin-skietery: Wat is die politieke implikasies?

Henry Cloete, André Duvenhage Academic research 2012-08-21

"Hierdie voorval mag vorentoe ’n waterskeidingsmoment vir beide Suid-Afrika en die ANC wees."

Darryl David on the third Midlands Literary Festival

Darryl David, Naomi Meyer 2012-08-20 Founder and director of the Midlands Literary Festival, Darryl David, talks to Naomi Meyer about this exciting event, now in its third year.

Nuwe FAK-sangbundel 'so akkommoderend as moontlik'

Henry Cloete, Danie Langner 2012-08-20 "Daar moet in gedagte gehou word dat die sangbundel ‘n deursnit bied van Afrikaanse musiek en dat nie alle Afrikaanse liedjies of groepe of sangers se liedjies opgeneem kan word nie."

Janet van Eeden discusses A Shot at the Big Time

Henry Cloete, Janet van Eeden 2012-08-20 "This film is based on the life of my brother but it’s had to move into the realms of fiction, for obvious reasons. I don’t know the exact details of who he met in the army and how they reduced him to the point of stealing a rifle and going AWOL during his basic training."

Standbeeld van Louis Botha: 'n simbool waarvan?

Henry Cloete, Gert Opperman 2012-08-15 "Die geskiedenis van Louis Botha spreek nie tot ons nie. As ons die standbeeld sien, sien ons pyn en onderdrukking."

Katinka Heyns vertel van Die Wonderwerker

Katinka Heyns, Naomi Meyer 2012-08-15 Dis Katinka Heyns se eerste fliek in veertien jaar en die hele land is opgewonde net by die noem van haar naam. Sy gesels met Naomi Meyer oor die enigmatiese Marais, oor die vrugbare teelaarde van die verbeelding – en die soeke na ’n bobbejaan.

Curiosity land op Mars

Henry Cloete 2012-08-06 "Indien tekens van lewe gevind word en genoeg grondstowwe gevind word om ‘n toekomstige kolonie op Mars te kan ondersteun, is ek seker dat dit wel in die toekoms sal gebeur."

Anti-fracking: "It will affect us all ..."

Henry Cloete 2012-08-03 "One of our key challenges is to ensure that this campaign is not seen as one where white people alone say no to fracking."

Hoop vir jou kunssinnige kind – visuele wiskunde

Henna Schwartz, Naomi Meyer, Charmaine van der Merwe 2012-08-02 Daar is leerders wat eerder hou van ’n verfkwas as ’n wiskunde-sakrekenaar. Hoe gemaak as hulle die vak wiskunde moet deurkom? Naomi Meyer hoor by Henna Schwartz en Charmaine van der Merwe van ’n ander benadering tot wiskunde.

Stories uit Amsterdam – Annemarié van Niekerk vertel

Annemarié van Niekerk, Naomi Meyer 2012-08-01 "Die wonde van die verlede kan nie so vinnig genees nie; ons moet geduldig wees; die skade wat aangerig is deur apartheid is onvoorstelbaar groot. Dit smeul nog voort, en elke nou en dan word daar weer nuwe vuurtjies aangesteek." Annnemarié van Niekerk gesels oor Amsterdam, oor boeke in die buiteland – en oor Melt Myburgh.
Top