Onderhoude
Interviews about topical issues
Kleinboer en Lungi: ’n onderhoud oor die dokumentêre film
2017-08-30"Dit bly op die ou end ’n liefdesverhaal van twee mense wat mekaar inniglik liefgehad het, maar ook sleg opgemors het."
Aardklop 2017: ’n onderhoud met Henque Heymans oor DEURnis
2017-08-29"Anders as ander teaterervarings, waar jy gemaklik verlore raak in die gehoor en absolute anonimiteit geniet, word jy hier ’n karakter. Sonder om ’n woord te uiter besef jy wie jy as gehoor 'speel' en bevind jy jou in iemand anders se skoene."
67 woorde vir Mandela-dag: ’n onderhoud met die kompetisiewenner
2017-08-29"Iets van ons hoop en vrese het oornag weggeraak en ek staan moedig en statig en wag vir die terugkeer daarvan, wanneer 'Mama Afrika' weer die banier van sin en herstel sal hys vanuit die wêreld wat om ons aan die brand is."
Navorsingsassistentskappe: wie behoort aangestel te word?
2017-08-28"Dit is my oortuiging dat ons nie net moet konsentreer op die mentorskap van permanent aangestelde jong personeel nie, maar ook moet belê in toekomstige navorsers deur die potensiaal van navorsingsassistente te ontgin."
Die laksman se dogter: ’n onderhoud met Gerda Taljaard
2017-08-21"Rosaria onthou ook haar eie jeug, hoe sy as kind deur haar twee ouer susters afgeknou is. Sy besef haar aandeel in haar dogter se middelafhanklikheid, sowel as in haar mislukte huwelik."
Kan leerders uitstyg bo moeilike omstandighede? Ja, hulle kan!
2017-08-21"As kinders by hulle opvoeders die boodskap kan kry dat hulle nooit slagoffers van enige situasie hoef te wees nie, dat hulle altyd ’n keuse kan uitoefen om self verantwoordelikheid op te neem vir hulle eie bestemming, kan dit ontsaglik baie tot innerlike veerkragtigheid bydra."
Alfred Schaffer: gasskrywerskap by die Universiteit Leiden
2017-08-17"Die Nederlandse taal bly ’n belangrike brug as dit gaan oor spesifiek Afrikaans en Nederlands, maar as ons praat van Suid-Afrika, dan is gedeelde ervarings nog belangriker as taal, en speel byvoorbeeld musiek en vertaalde literatuur ’n groot rol, juis deur die toenemende multikulturaliteit."
On Record: ’n onderhoud met Schalk van der Merwe
2017-08-16"Musiek (en natuurlik ander vorme van kuns) is iets wat die samelewing weerspieël. Selfs ’n popliedjie met oppervlakkige lirieke is ook op ’n manier betekenisvol. Wat die invloed van Suid-Afrika se geskiedenis op Afrikaanse musiek betref: ja, dit is grootliks die kern."
Taaldag 2017: ’n onderhoud met Willem Botha
2017-08-16"Vroeër is daar veral hulde gebring aan die taalstryders wat die weg gebaan het vir die erkenning en ontwikkeling van Afrikaans, maar vandag word klem gelê op die belewing van Afrikaanse musiek, letterkunde en toneel."
Al wat ek weet: ’n onderhoud met Marita van der Vyver
2017-08-16"Maar ek dink tog tieners het ’n emosionele intensiteit wat die meeste volwassenes iewers langs die pad verloor. En as jy vir tieners wil skryf, is die grootste uitdaging miskien om hierdie emosionele intensiteit te bly voel."
Die groot drie: ’n onderhoud met François Verster
2017-08-14"Die gevaar van satire is net dat jy nie die mán te veel moet speel nie, eerder die bal – val die onreg aan wat gepleeg word, nie alewig die persoon wat dit pleeg nie, anders kan die simpatie na die oortreder verskuif."
The Dalai Lama in Botswana: an interview
2017-08-10"A local neuroscientist from Pretoria, Karen Fitzgerald is one of the organisers of a conference that will be held in Gaborone, Botswana, which His Holiness the 14th Dalai Lama will attend. With this historic visit by the Dalai Lama, Botswana is his only planned destination in Africa."
Afrikaans, Afrika en Japan: Afrikaans-Japannese woordeboek
2017-08-02"Die publikasie daarvan is glad nie kommersieel van aard nie, maar in die eerste plek akademies, omdat ’n vertalende woordeboek waarskynlik een van die beste maniere is om die woordeskat, uitspraak en kulturele agtergrond van tale met mekaar te vergelyk."
Afknouery en bullebakkery teenoor onderwysers
2017-07-31"Slagoffers is bang om te praat, omdat dit aanleiding kan gee tot meer teistering. Hulle verduur dus die situasie met die hoop dat dit sal oorwaai en omdat dit hul bron van inkomste is wat hul nie kan verloor nie, en dit verklaar ook die geweldige trauma en spanning wat hul ervaar."
Kook & Geniet: ’n onderhoud met Eunice van der Berg
2017-07-25"Uiteindelik is die reeks ’n wonderlike erkenning vir my ma se lewenstaak."
VraNet: Wat jy moet weet voor jy ’n huurkontrak teken
2017-07-24"Daar moet liefs nie op grond van foto's alleen besluit word om die eiendom te huur al dan nie. Daar is verskeie redes, waarvan persepsie een is. Foto's kan vir seker nie die nodige inligting verskaf wat nodig is om ’n ingeligte besluit te neem nie."
Stichting Eer en Herstel: Abolishment of slavery commemoration
2017-07-21"The whole story needs to be told: how the people were stolen from Africa, how inhumane the journey to the Americas was and how they deprived Africa of its human capital."
Mik-en-tik teenoor selfgerigte leer en toetsbordvaardigheid
2017-07-19"Dit sal vir my wonderlik wees as ek dit kan regkry dat leerders in Suid-Afrika ook die waarde van toetsbordvaardigheid in die tegnologiese era waarin ons ons bevind kan besef en hierdie vaardigheid ook reeds in laerskole (vanaf graad 4) in ons Suid-Afrikaanse skole onderrig kan word."
A Time Traveller's Guide to South Africa in 2030 deur Frans Cronje: ’n onderhoud
2017-07-19"Wanneer ’n mens na die pas van globale tegnologiese vordering kyk, is dit selfs meer onaanvaarbaar dat Suid-Afrika sulke swak onderwysresultate lewer, veral met betrekking tot wiskunde. Dit is net so waansinnig om Suid-Afrikaanse politici te sien kibbel oor wie die grond of die myne behoort te besit wanneer die toekoms van welvaartskepping lê by wat in mense se koppe aangaan."
Demokrasie en Suid-Afrika in 2017
2017-07-19"Sedert die oorgang na ’n inklusiewe demokrasie in 1994 het ek, soos miljoene mede-Suid-Afrikaners, met die vraag geworstel: Is ’n inklusiewe demokrasie in Suid-Afrika volhoubaar gegewe die traumatiese ervarings wat die samelewing op velerlei terreine gedurende die apartheidsera deurloop het?"
