Onderhoude
Interviews about topical issues
Suidoosterfees 2018: ’n onderhoud oor die Fantastiese 15!-kunsuitstalling
2018-04-05"Van die tradisionele olie op doek tot keramiek, beeldhouwerke, grafiese werk en ontwerpersmeubelstukke. Dis jonk en vars en eietyds. En glo ek ’n fees vir die oog."
’n Onderhoud met Catherine du Toit oor Afrique mon désir en die Rabearivelo-poësievertaalprojek
2018-04-04"Die idee agter die bundel was om erkenning te gee aan die wonder van taal, van die uitdrukkingsvermoë in verskillende tale in ons streek, om verbande te lê oor die grense van taal en kultuur tussen elemente van ons menswees hier in Afrika, dinge wat ons almal gemeen het."
Groot Romanwedstryd 2018: Jaco Fouché
2018-04-03"Ek werk nie vreeslik metodies aan ’n boek nie en sit met baie notas en fragmente en paragrawe wat dalk nooit gepubliseer sal word nie. Sommige werk wel iewers – ek meet en pas en dwing maar in."
KKNK se Teksmark-vernuwing bekroon: ’n onderhoud met Hugo Theart
2018-03-28"Ons ding nou met nuwe tegnologie en vermaak mee wat nie voorheen so vrylik beskikbaar was nie. Ek dink teatergangers in 2018 soek eerlike werk."
Kennis is mag! Basiese onderwys vir volwassenes as teenvoeter vir geweld teen vroue en kinders
2018-03-19"Die hele samelewing, en nie net vrouens nie, is aandadig aan gewelddadigheid, omdat ons nie genoeg oor die onderwerp, en die oorsake en gevolge daarvan, praat nie. Dit vra dus vir die aanspreek (en veroordeling) van geweld in opvoeding en onderrrig op alle moontlike vlakke."
Ingrid Glorie wen Vertaalengel 2018
2018-03-16"Ek is altyd weer geweldig beïndruk met hulle betrokkenheid en omgee vir Suid-Afrika en sy mense en vir Afrikaans as taal. En ek is diep dankbaar dat hulle my werk vir Afrikaans, sy skrywers en sy kunstenaars, hier in die Lae Lande help moontlik maak."
Skin we are in: an interview with Sindiwe Magona
2018-03-14"The science that underpins what we usually say without having any proof: people have more in common than they have differences. Now, to be told the fact that skin colour is less than 1% of what comprises the human body – 0,001% – is staggering."
!Xun Bible translation: an interview with Masenyani Baloyi
2018-02-28"My opinion about the general development of indigenous languages in South Africa is that each and every one of us – and every organisation – must promote, and create conditions for, the development and use of all official languages: the Khoi, Nama and San languages; sign language; and all other languages commonly used by communities (see section/article 6(5)(a) and (b) of the Constitution of the Republic of South Africa)."
Omstrede kwessies in voorgeskrewe jeugliteratuur: ’n onderhoud
2018-02-15"Ek sou beslis ’n voorstander wees daarvan om jeugromans van ’n omstrede aard, maar met ’n hoopvolle einde, voor te skryf. Ek glo dat leerders deur die lees van sulke jeugromans afsluiting (katarsis) kan vind van hulle eie probleme of ten minste vaardighede kan aanleer om soortgelyke probleme te kan hanteer."
’n Kanniedood-koerantman: ’n onderhoud met Hennie van Deventer
2018-02-08"Nietemin, die behoefte om in Afrikaans ingelig te word, gaan nie verdamp nie; dalk eerder versterk word deur die toenemende politieke inbreuk op die lewensruimte van ons taal. Vir Afrikaanse e-media voorsien ek dus stelselmatige groei namate rekenaargeletterdheid en -gebruik toeneem."
Die eenheid van die reënboog: ’n Vredesentrum ten bate van transformasie
2018-02-01"Vredebou volg normaalweg die amptelike versoeningsfase op. Versoening vereis in die eerste plek inklusiewe skuldbelydenis. Inklusiwiteit is krities belangrik en impliseer/vereis dat alle rolspelers in die konflik hul betrokke aandeel in die konflik moet erken en bely."
Navigate: an interview with Karin Schimke
2018-01-18"On a day-to-day basis, poems rush by me and through me all the time, and only now and again do I have the time to snatch them by their slippery tails and nail them to the page."
KABV: Ruimte vir kreatiwiteit in die taalklaskamer?
2018-01-16"Doen meer as wat van jou verwag word, dit gaan die moeite werd wees. As jy entoesiasties is oor die taal, sal dit aansteeklik wees." Ronel van Oort gesels met Estelle Kruger en deel ook praktiese wenke vir onderwysers se taallesse.
Sitting pretty: ’n onderhoud met Christi van der Westhuizen
2018-01-14"Dit is die nalatenskap waaruit ek kom, en dit is belangrik vir my om dit te verstaan. Hoeveel agentskap het hulle gehad en hoeveel het ek? Kan ons as mense ’n meer etiese wêreld skep, of is ons oorgelewer aan ons omstandighede?"
Hans steek die Rubicon oor: ’n onderhoud met Rudie van Rensburg
2018-01-03"Tweedens wou ek die groot Suid-Afrikaanse tragedie belig dat soveel bejaarde ouers vereensaam in inrigtings omdat hulle kinders en kleinkinders in die buiteland is én dat hulle soms teen hulle wil in daardie inrigtings geboender word."
Prettige maniere om Afrikaans te leer praat
2017-12-22"Ek het opnuut my liefde vir Afrikaans ontdek. Die studente se opgewondenheid en positiewe reaksies wys daarop dat Afrikaans ’n lekker leef- en lagtaal is."
Kinders en lees: ’n onderhoud
2017-12-22"Leeswaardering beteken dat die leser hou van ’n teks en emosioneel daarby betrokke raak deur met die karakters en gebeure in die teks te kan identifiseer. Leesbegrip vind plaas wanneer die leser verstaan wat hy/sy lees."
Hoe om van Suid-Afrika ’n beter land te maak
2017-12-19Die eerste Suid-Afrika-dag is vanjaar op 25 November gehou. Jean Oosthuizen wou by SA-dag se bedryfshoof, Barend le Grange, weet wat hierdie inisiatief behels en of gewone Suid-Afrikaners regtig ’n verskil kan maak om van Suid-Afrika ’n wenland te maak.
Brand: ’n onderhoud met Peet Venter
2017-12-11"Die kernverhaallyn gaan oor die politieke riller waarin ons land haar bevind. Die pres en sy kliek besef hulle tyd om te roof raak min, maar hulle wil so lank as moontlik aan die mag klou."
Loki Rothman: Dit is passie
2017-12-11"Die reaksie op mense se gesigte by ’n lewendige optrede. Wanneer ek doodstil sit in die ateljee maar sweet van opgewondenheid wanneer daar iets mooi gebeur. Dit is passie. Die woorde, kommentaar en ondersteuning van die publiek voer dit en inspireer en druk my vorentoe."
