Onderhoude

Onderhoude oor aktuele kwessies
Interviews about topical issues

Jeugdag 2017: Jonkheid in die kunste

Christiaan J de Swardt Leefstyl 2017-06-14

Die kunste is ’n weerspieëling van wat op ’n gegewe oomblik in ’n samelewing gebeur. Hier gesels ’n aantal jong kunstenaars prontuit oor hoe die kunste die toekoms ten goede kan verander.

Learning to Live Music: ’n onderhoud met Vicky Davis

Menán van Heerden, Vicky Davis Onderhoude 2017-06-14

"Die CTMA fokus op die opheffing van kontemporêre musiek en het ten doel om werkskepping in die musiekveld te vermeerder en die algemene stand van die musiekbedryf te verbeter."

Learning to Live Music: ’n onderhoud met Luna Paige

Menán van Heerden, Luna Paige Onderhoude 2017-06-14

"Ek dink wat my opgewonde maak is die feit dat die werkswinkel gratis is. Dat niemand uitgesluit hoef te word nie. Ordentlike musiekopleiding kos geld, en dit is nie vir alle talentvolle mense beskore nie." Daar vind ’n gratis konsert op Donderdag 15 Junie plaas.

Rymklets saam met Jitsvinger op Jeugdag: ’n onderhoud

Menán van Heerden, Jitsvinger Onderhoude 2017-06-14

"Rymklets is die billboard van streeksdialekte, die baarmoeder van nuwe woorde en die fakkel van progressiewe letterkunde." 

Waterskaarste: Praktiese wenke

Alta Cloete, Naomi Meyer Onderhoude 2017-06-13

“Ek dink dus ons moet eenvoudig aanvaar ons leef in ’n waterskaars land en ons lewens daarvolgens inrig. Dit kan gedoen word.”

Oewerkonyn: ’n Onderhoud met Louisa Punt-Fouché

Louisa Punt-Fouché, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2017-06-12

"Die oewerkonyn is ’n skugter dier ... Hulle is ongelooflik mooi, met buitengewoon lang ore. Hulle was altyd die trots van die Karoo. Hulle speel ’n baie belangrike rol in die bewaring van die droë rivierlope en die bestuur van water in die Karoo."

Paaie van hoop deur Nadia Beukes: ’n onderhoud

Liné Loff, Nadia Beukes Skrywersonderhoude 2017-06-09

"Ek het al geleer om vir myself oomblikke van hartseer of kwaad of teleurstelling te gun, sodat ek dit kan probeer verwerk en verstaan en vroeër eerder as later kan opstaan en aangaan, hopelik met ’n les wat ek uit daardie ervaring geleer het."

“Ons is ’n waterskaars land”

Menán van Heerden, Hermann Stehle Onderhoude 2017-06-08

"Alhoewel onvoorspelbare weerpatrone ’n invloed het, kan behoorlike beplanning vir die toekoms deur damingenieurs en kenners op die gebied van waterhulpbronnebestuur baie doen om die land, en spesifiek die Wes-Kaap, voor te berei vir sulke droogtes."

Krotoa movie: an interview with Kaye Ann Williams

Menán van Heerden, Kaye Ann Williams Onderhoude 2017-06-08

"Films are there to stimulate discourse, and to bring about awareness of issues to remind us where we come from. Often, we forget how strong we are as a nation, and just focus on the negative. But film is meant to enlighten and ignite change."

Skoolleiers en sosiale geregtigheid: ’n onderhoud

Estelle Kruger, Clarence Williams Onderhoude 2017-06-07

“Ek is ’n voorstander van die begrip van gedeelde leierskap wat gebaseer is op die idee dat leierskap nie die uitsluitlike domein van een individu is nie, maar in baie mense gesetel is. Ek glo dat alle opvoeders die potensiaal het en geregtig is om tot leierskap by te dra.”

Die mense langsaan deur Elsa Hamersma: ’n onderhoud

Elsa Hamersma, Naomi Meyer Skrywersonderhoude 2017-06-07

"Aanvanklik begin ek met ’n idee. Dis die vonk. Daarna word dit hoofsaaklik gedryf deur die karakters en daarom is dit vir my nogal nutteloos om te veel beplanning te doen." 

Vaselinetjie, die film: ’n onderhoud

Mercy Kannemeyer Onderhoude 2017-06-01

"Vaselinetjie is ’n film oor die soeke na identiteit en die lang pad na oorlewing om te ontdek wie jy werklik is; ’n huldeblyk aan die krag van die menslike gees, die mag van liefde en ons vermoë om ten spyte van alles wat teen ons saamsweer te triomfeer." Vaselinetjie begin op 22 September 2017 in filmteaters draai.

Om al die balle in die lug te hou: 'n Gesprek oor rolkonflik by manlike onderwysers

Estelle Kruger, Deon Vos Onderhoude 2017-05-31

"Hierdie navorsing het bewys dat rolkonflik ’n baie ernstige werklikheid is waarmee rekening gehou moet word. Alle opvoeders beleef rolkonflik tot ’n sekere mate. Dit is uiters belangrik dat persone in gesagsposisies by die werk asook gesinslede toegerus moet word om rolkonflik te begryp en te minimaliseer."

No longer whispering to power – The story of Thuli Madonsela: ’n onderhoud met Thandeka Gqubule

Maryke Roberts, Thandeka Gqubule Skrywersonderhoude 2017-05-31

"Die meeste geskiedenisboeke handel oor dinge wat lank terug gebeur het. Hierdie [Madonsela se storie] is geskiedenis waardeur ons almal geleef het. Elke leser kan daarmee identifiseer, of hulle die boek haat of mal daaroor is."

Offerlam word Sacrificed: ’n onderhoud oor die vertaling

Daleen Venter, Chanette Paul, Elsa Silke Skrywersonderhoude 2017-05-30

"Ek het skoon in tale begin droom. Dit was egter vir my ’n geweldig verrykende ervaring. Dit het my opnuut laat besef hoe soepel Afrikaans is en hoe uniek ’n mens jou daarin kan uitdruk."

Bart Luirink: ’n onderhoud oor ZAM

Menán van Heerden, Bart Luirink NeerlandiNet 2017-05-30

"Op die journalistieke en creatieve vriendschap bouwt ZAM voort. We beperken ons daarbij niet langer tot Zuid-Afrika. We maken een online magazine dat het werk van Afrikaanse onderzoeksjournalisten, fotografen en andere creatieven onder de aandacht van een internationaal publiek wil brengen."

Wat moet ons met ons kerk doen?: ’n onderhoud

Jean Oosthuizen, Jurie van den Heever Skrywersonderhoude 2017-05-23

"Dit voel vir my egter asof die vraag nie soseer by die godsdiens lê nie, maar by die optrede van sommige mense wat hulself Christene noem en dikwels die amptelike gesig van die kerk verteenwoordig." 

The working poor, the fractures in the ANC and the South African situation: an interview

Hans Pienaar, Lawrence Hamilton Onderhoude 2017-05-23

"So, there are only really two options … in politics. You somehow make the changes in the interests of most of the big players. So, you would somehow persuade the ANC, the EFF and the DA that these pieces of change are in their interest – which is, at the very least, a complex process. It’s not reachable because, generally speaking, people in politics, and particularly in South Africa, have a conservative bent; they want to keep things as they are."

Kinders se leesprobleme: is daar oplossings?

Ansie Lessing, Marike W de Witt, Estelle Kruger Onderhoude 2017-05-18

"Ongeletterde ouers kan stories vertel en hulle kinders aanmoedig om te luister, aandag te gee en die stories te herhaal. Maak die kinders bewus van klanke, vorme en kleure."

“Jol”, “antie”, “pelle”: omgangstaal in poniekoerante

Menán van Heerden, Elvis Saal Onderhoude 2017-05-10

"Kodevermenging in poniekoerante dien nie net as ’n aanduider van die veranderinge in die sosiopolitieke dinamika van die Afrikaanse spraakgemeenskap nie, maar het ook die potensiaal om onder lede van die spraakgemeenskap ’n bewustheid van hierdie veranderinge te skep."

Top