Onderhoude
Interviews about topical issues
Poel van kundigheid ten bate van Afrikaanse onderrig, ’n onderhoud met Wannie Carstens
2017-03-14"Hierdie projek is nou ’n geleentheid om die bestaande kundigheid te tap. Tap ons leeg en kry alles wat julle nodig het om aan Afrikaans se toekoms te bou! Dit is opwindend, en ’n uitdaging vir die jonger geslag."
Syferfontein, ’n onderhoud
2017-03-07"Suinigheid is ’n siekte. Godsdiens kan insgelyks baie maklik patologies word. En saam glo ek is die twee ’n heerlike kombinasie om ’n karakter soos Peet mee te ontwikkel, veral in iemand soos Peet wat sy verwronge teologie gebruik om sy optrede te regverdig."
Selfoonwoordeboeke, ’n onderhoud
2017-03-07“Woordeboeke moet as kennisbron gesien word – houers vol nuttige taalkundige inligting.”
US Woordfees 2017: Sing jy van bomme, ’n onderhoud
2017-03-07"Dertig jaar gelede was Suid-Afrika in die greep van ’n magtige militêre masjien met sensuur en indoktrinasie en ongelykheid as grondbeginsels. Die land is bevry van dié ongeregtighede. Nou is daar egter uiteraard nuwe monsters om aan te vat."
Drif by US Woordfees 2017
2017-03-01“Die teks is dig en ryk en die karakters kompleks, maar ek is baie dankbaar vir ’n uitsonderlike rolverdeling wat hierdie magiese wa werklik met fyn aanvoeling en oortuiging deur die Drif trek.”
Misverstand – ’n gesprek met Marita van der Vyver
2017-03-01"En ek soek nuwe uitdagings met elke stuk skryfwerk wat ek aanpak: ’n ander genre, ’n ander aanslag, iets wat my bang maak voor ek begin skryf."
Hermann Giliomee – ’n onderhoud oor sy outobiografie
2017-02-22"Giliomee vertel hoe hy as Afrikaner so half aan die rand van die volk beland het, waar die oorsprong van apartheid lê en die NG Kerk se rol daarin, hoe dit gebeur het dat mede-Afrikaanse bruin mense so verontreg is en waarom hy teleurgesteld is in die finale produk van die onderhandelingsproses wat tot ’n nuwe Suid-Afrika gelei het."
HemelBesem: “Ek glo dat die taal steeds besig is om te groei”
2017-02-20"Ek deel stories uit my lewe en waarnemings, in die taal waarin ek grootgeraak het en steeds mee omsingel is, met die hoop dat mense voort sal gaan om dit in hulle alledaagse lewe te gebruik en om sodoende seker te maak dat Afrikaans so organies groei."
Is Afrikaans nie miskien veel sterker as wat ons dink nie? Abraham de Vries gesels met Willem de Vries
2017-02-15"Wat nie Jan [Rabie], en sekerlik ook nie die Gilde ooit sou glo nie, is dat mede-Afrikaanssprekendes die grootste vyand van Afrikaans sou word."
Regering moet skuld dra vir swak onderwys
2017-02-09"Ouers, onderwysers, skoolbeheerliggame en geestelike instansies kan nie meer toeskouers wees en toekyk hoe die onderwys van hul kinders en kleinkinders deur ’n groep onbevoegde en onbekwame individue tot in die grond bestuur word sonder enige reaksie van hul kant nie."
Malhuis – ’n gesprek met Anel Heydenrych
2017-02-08"Ek dink daar is geweldig baie skrywers wat die “ligter” kant van die lewe ontgin en karakters skep wat nie met die donker poele van die lewe gekonfronteer word nie, maar ongelukkig is die lewe nie vir almal maklik nie."
Onderhoud: Goede Hoop. Zuid-Afrika en Nederland vanaf 1600, Rijksmuseum tentoonstelling
2017-02-03"De geschiedenis van Nederland strekt zich verder uit dan alleen de landsgrenzen en dus hoort het gedeelde verleden van Nederland met een land als Zuid-Afrika bij onze nationale geschiedenis."
Wanneer Ouma en Oupa die kinders grootmaak – 'n gesprek
2017-02-02Dit is die begin van ’n nuwe skooljaar. Wie sien smiddae om na die kinders? Issie Jacobs en Susan Brink gesels met Naomi Meyer oor hul navorsing rondom die versorgende rol wat baie grootouers in hul kleinkinders se lewens speel en oor hul artikel in LitNet Akademies.
#FeesMustFall: vervreemding en protes
2017-02-01“Staatsingryping, wat outonomie direk bedreig, vergrote toegang en dus meer studente, swakker befondsing, verlies aan vermoë as gevolg van talle faktore en sosiale en politieke onstabiliteit is besig om die universiteitswese in Suid-Afrika in gevaar te stel.”
Kettinggesprek: Wannie Carstens gesels met Frank Hendricks oor Kaaps in fokus
2017-01-30"Standaardafrikaans is volwaardig Afrikaans en so ook Kaaps."
Kettinggesprek: Charlyn Dyers gesels met Wannie Carstens oor Ons kom van vêr
2017-01-23"[D]it [is] een van die boeke waarin die bruin sprekers van Afrikaans self aan die woord kom, en daar word nie óór die bruin sprekers geskryf nie. Dit is vir my ’n groot wins."
“Swartafrikaans”: Afrikataalmoedertaalsprekers en Afrikaans?
2017-01-18Navorsers Ansie Maritz en Jako Olivier gesels met Menán van Heerden oor hul artikel "Napraatswartafrikaans: konteks en persepsies van die alternatiewe gebruik van Swartafrikaans".
Verbeter jou wiskunde- en wetenskappunte vir tersiêre studie
2017-01-18SUNSEP-kollegas gesels met Naomi Meyer oor die SciMathUS-program, wat matriekleerders in staat stel om hul wiskunde- en wetenskappunte te verbeter en daardeur te kwalifiseer vir universiteitsprogramme.
Kettinggesprek: Michael le Cordeur gesels met Charlyn Dyers oor Kaaps in fokus
2017-01-17"Soos een student dit so beeldryk gestel het: 'Toe Prof vir die eerste keer sê dat van die materiaal in Kaaps vertaal is, het ek gevoel hoedat my kop oplig en my skouers breër word.'"
Omstrede matriekuitslae: ’n Onderhoud met Gert van der Westhuizen
2017-01-16"Politici sien en gebruik matriekuitslae as die prestasie van die regerende party; ouers juig oor suksesse, of huil oor die gevolge van hulle kinders se swak prestasies en hoe dit deure toemaak."
