Notas, toetse en vraestelle

Hierdie inhoud mag nie verkoop of elders gepubliseer word nie.

Graad 5: Wiskundetoets en memo – breuke, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-08-02

Is jy in graad 5? Dan weet jy seker al daar is orals stukkies en blokkies van ’n geheel om ons. Jy kan ’n gratis oefenvraestel en memorandum oor breuke deur Wilhelm du Toit hier aflaai om jou breuke vir Wiskunde hierdie kwartaal te oefen. Dan kry jy sommer volpunte en nie net ’n fraksie van die punte nie!

Graad 4: Wiskundetoets en memo – breuke, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-08-02

Is jy in graad 4 en skryf julle hierdie kwartaal toets oor breuke? As jy hierdie gratis oefentoets deur Wilhelm du Toit aflaai en daarvoor oefen, gaan jy nie verder jou kop oor hierdie afdeling van die werk hoef te breek nie.

Graad 9: Wiskunde – produkte en faktore, toets en memorandum

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-07-29

As jy in graad 9 is, weet jy dat produkte nie net items is wat jy aanlyn kan bestel nie. Indien jy hierdie gratis oefenvraestel met voorbeeldsomme van Wiskundige produkte en faktore deur Lee-Ann Langeveld uitwerk, kan jy jou wiskundepunte verbeter. Kort voor lank sal jy keuring vir ’n studierigting kry en dan kan jy na hartelus op eie koste produkte bestel waarvoor jy self kan betaal!

Graad 11: Wiskunde, Euklidiese meetkunde-toets en memorandum, kwartaal 3

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-07-24

Is jy in graad 11 en wonder jy wie die Euklides was aan wie die term "Euklidiese meetkunde" sy ontstaan te danke het? Dan kan jy na skool dalk by die Departement Antieke Studie aanklop om uit te vind. Terwyl jy nog in graad 11 is, kan jy eers Lee-Ann Langeveld se gratis oefenvraestel gebruik om jou Euklidiese meetkunde-punte te verbeter.

Wiskunde met LitNet-video, graad 9: Faktorisering mbt gemene faktore

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-07-19

Is jy in graad 9 en wil jy faktorising mbt gemene faktore beter verstaan? Hierdie YouTube-video deur Lee-Anne Langeveld gaan jou help verstaan dat gemene faktore nie noodwendig slegte maniere het nie. Gemene faktore kan baie gaaf wees as jy hulle verstaan – en jou uitslae kan ook gaaf wees. Daar is nog ander video's op LitNet se YouTube-kanaal wat jy kan kyk om jou Wiskundepunte hierdie kwartaal te verbeter.

Wiskunde met LitNet-video, graad 8: Vermenigvuldiging en deling van breuke (2)

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-07-19

Is jy in graad 8 en klink resiprook vir jou soos ’n spook? Jy hoef nie afgeskrik te wees nie, want Lee-Ann Langeveld se volgende Wiskundevideo gaan jou help om breuke se vermeningvuldiging en deling nog beter te verstaan. (As resiprook vir jou dieselfde as spook beteken, verwys LitNet jou ook graag na ons Afrikaans-vraestelle wat gereeld bygevoeg word by ons vraestelle-afdeling.)

Wiskunde met LitNet-video, graad 8: vermenigvuldiging en deling van breuke (1)

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-07-16

In hierdie gratis Wiskunde-video gee Lee-Ann Langeveld raad vir graad 8-leerders oor vermenigvuldiging en deling van breuke.

Wiskunde met LitNet-video, graad 8: optel en aftrek van breuke

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-07-15

Is jy in graad 8 en wil jy liewers YouTube-video’s kyk as om skoolwerk te doen? As jy hierdie video aangaande skoolwerk kyk, sal jou ouers sommer baie bly wees. Boonop sal dit jou met jou skoolwerk help! In hierdie gratis Wiskunde-video deel Lee-Ann Langeveld wenke met graad 8-leerders oor optel en aftrek van breuke.

Graad 11: Wiskundevraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-07-11

Gratis vraestel! Klik hier om die vraestel en memo deur Lee-Ann Langeveld in PDF-formaat af te laai.

Graad 10: Wiskundevraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-07-10

Gratis vraestel! Klik hier om die vraestel en memo deur Lee-Ann Langeveld in PDF-formaat af te laai.

Graad 9: Wiskundevraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-07-01

Gratis vraestel! Klik hier om die vraestel en memo deur Lee-Ann Langeveld in PDF-formaat af te laai.

Graad 8: Wiskundevraestel en memo, derde kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-06-25

Gratis vraestel! Klik hier om die vraestel en memo deur Lee-Ann Langeveld in PDF-formaat af te laai.

Graad 12, Wiskundige Geletterdheid: vraestel 3 en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-06-03

Gratis vraestel! Klik hier om die vraestel en memo deur Lee-Ann Langeveld in PDF-formaat af te laai.

Graad 6, Wiskundevraestel en memo: gewone en desimale breuke; persentasie

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-05-31

Gratis vraestel! Klik hier om die graad 6-vraestel en memo deur Wilhelm du Toit in PDF-formaat af te laai.

Graad 5: Wiskundevraestel en memo – numeriese en geometriese patrone

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-05-27

Gratis vraestel! Klik hier om die vraestel en memo deur Wilhelm du Toit in PDF-formaat af te laai.

Graad 12: Wiskundige Geletterdheidsvraestel 4 en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-05-27

Gratis vraestel! Klik hier om die vraestel en memo deur Lee-Ann Langeveld in PDF-formaat af te laai.

Graad 4: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, tweede kwartaal (3 afdelings)

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-05-22

Is jy in graad 4 en sal jy veel eerder na ’n film of ’n YouTube-video kyk as om vir jou eksamen voor te berei? Hierdie gratis oefenvraestel deur Eugene van der Westhuizen bevat lekker stories oor prinse en prinsesse – en dit kan jou sommer laat vergeet jy is besig om hard te werk. Boonop sal jy werklik goeie punte vir jou Afrikaans Huistaal-eksamen hierdie kwartaal behaal; nie nodig om slegs lugkastele daaroor te bou nie! 

Graad 12: Wiskundige Geletterdheidsvraestel 2 en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-05-21

As jy in graad 12 is en Wiskundige Geletterdheid as vak gekies het, sal jy met hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld vir jou eksamen kan voorberei. Oefen woordsomme soos hierdie een: "Hanlo bly in Suid-Afrika terwyl sy ouers na Nieu-Seeland verhuis het. Sy suster bly in Amerika en sy broer in Europa. Hy wil graag ’n familiereünie in Thailand reël om al sy gesinslede weer te sien." Help vir Hanlo! En verbeter sommer jou eie Wiskundepunte!

Graad 7: Wiskundevraestel en memo – numeriese en geometriese patrone, funksies en verwantskappe

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-05-20

As jy in graad 7 is, is julle waarskynlik nou in Wiskunde besig om patrone, funksies en verwantskappe te behandel. LitNet het hulp om jou werk oor hierdie wiskundige rye onder die knie te kry. Klik hier om die oefenvraestel en memorandum deur Wilhelm du Toit gratis af te laai. Jou kennis oor vloeidiagramme sal vinniger as hierdie ry mense op die prentjie vloei! 

Graad 12: Wiskundevraestel 4 en memo, tweede kwartaal

LitNet Notas, toetse en vraestelle 2024-05-15

Is jy vanjaar in matriek en maak jy sommetjies oor hoeveel weke daar nog voorlê voordat die eindeksamen afskop? Laai eerder hierdie gratis oefenvraestel deur Lee-Ann Langeveld af en span jou wiskundige berekeninge in om vir jou eksamen voor te berei. Die persentasie van jou Wiskundepunt sal styg en jou spanningsvlakke sal daal!

Top