Universiteitseminaar | University Seminar
Follow and join the ongoing conversation on education, access, transformation, language and the Constitution.

Triangel voor het Afrikaans in Gent
2016-08-29"Meer internationale samenwerking vanuit het Nederlandse taalgebied met onderzoekscentra in Zuid-Afrika zal leiden tot breder opgezet wetenschappelijk onderzoek en vergroot de kans het ook gefinancierd te krijgen. De uitreiking van bi-diploma’s, copromotorschappen en interuniversitaire samenwerking zijn cruciaal voor een taal die onder druk staat."
Quo Vadis Suid-Afrikaanse universiteite?
2016-08-26“Duisende studente met bedenklike toelatingskwalifikasies en ontoereikende taalvaardigheid stroom na die universiteite omdat dit vir hulle die belofte inhou van ‘n toekomstige beter bestaan. Ook om die voordele van studentwees te kry, goedkoop etes en huisvesting in koshuise. Maar minder as 50 persent van hulle haal die paal en val uit.” Waar lê die probleem?
US-taalbeleid: Taalverwarring
2016-08-11"Uit die voorgaande punte behoort dit duidelik te wees dat die beleid onduidelik en selfs onuitvoerbaar is. As hierdie siening reg is, sal dit progressief in die hande speel van ’n Engels-alleen-aanbod oor tyd."
Voorsittersrede by die Helpmekaar-studiefonds se eeufees
2016-08-01"Ware opvoeding streef na wysheid, nie blote kennis of tegniese vaardigheid nie, sodat goeie samelewings gebou kan word – en daarin staan moedertaalonderrig sentraal."
Persverklaring: Jan Heunis bedank as 'n lid van die Raad van die Universiteit Stellenbosch
2016-07-22"Ek het vandag mnr George Steyn, die Voorsitter van die Raad van die Universiteit van Stellenbosch, meegedeel dat ek as 'n lid van die Raad bedank. Ek bly aan as President van die Konvokasie."
Persvrystelling: Reaksie op die Vrystaatse Hooggeregshof se uitspraak
2016-07-22"Die Taalraad vertrou dat die hofuitspraak tot groter insig in die waarde van moedertaalonderrig sal lei en so kalmte oor die taalbeleidskwessie aan universiteite tot gevolg sal hê."
Persvrystelling: SA Akademie verwelkom hofuitspraak oor UV
2016-07-22"Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns doen 'n dringende beroep op UV-owerhede om die hofuitspraak ernstig op te neem en deeglik te besin oor die UV se pad vorentoe waarin veeltaligheid met 'n plek vir Afrikaans 'n rol speel."
Persvrystelling: "ʼn Kans in Afrikaans!" praat met die US-bestuur oor taalbemagtiging
2016-07-21"Tydens 'n gesprek vandeesweek tussen 'n bruin afvaardiging van 'n Kans in Afrikaans! en die US-bestuur is ooreengekom dat Afrikaans gelyke status met Engels sal geniet en dat Afrikaanse studente, veral dié uit arm, bruin gemeenskappe, nie deur die nuwe taalbeleid benadeel sal word nie."
Geen mindere plek vir Afrikaans: Oorwegings vir die toekoms van Afrikaans in Suid-Afrika
2016-07-21"Hierdie beweging moet die fout van die tweede beweging regstel deur die uiteenlopendheid van die Afrikaanse taalgemeenskap te erken, te omarm, en daardeur ’n kulturele platform te skep vir die ontwikkeling van ongeveer 16 miljoen Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika en Namibië."
Dink anders oor sosiale geregtigheid
2016-07-19"Meertaligheid is nie teenliberaal nie. Net soos mens vir rasse- en geslagsgelykheid moet streef, so moet ware meertaligheid ook nagestreef word. Om een tipe gelykheid bo ’n ander te verhef, is moeilik regverdigbaar."
Kaapse dinkskrum pleit vir oop inklusiewe Afrikaanse universiteit
2016-07-13"Minstens 50 van die wêreld se top universiteite is nie Engels nie."
Persverklaring: “ʼn Kans in Afrikaans!” praat met US oor regverdige taalbeleid
2016-07-06"Die doelwit van ʼn regverdige bedeling vir taal en toegang by die US sal reguit praat verg. ʼn Kans in Afrikaans! sal aanhou om dit te doen ̶ in belang van ons land se grootste bate: sy mensepotensiaal."
The future of Stellenbosch and Pretoria universities
2016-07-01"Consultation, for want of a better word, with the universities alone is not enough. The matter should have been subject to systematic public discussion."
PEN Afrikaans: Stellingname rakende die taalbeleidswysigings aan die US, UP en Unisa
2016-06-28"Mag hierdie waterskeidende oomblik in ons geskiedenis die begin van nuwe alliansies en ’n breë demokratiese beweging vir verdraagsame meertaligheid en bemagtigende moedertaalonderrig wees."
#GelykeKanse-persverklaring: Reaksie op die US se nuwe taalbeleid
2016-06-24Die Gelyke Kanse-veldtog sal hom verder beywer vir die gelyke beregtiging van Afrikaans en Engels op die US-kampus.
Taalraad-persverklaring: Taalbeleid by die US, UP en UNISA
2016-06-23"Daarby is dit doenbaar en heeltemal redelik om almal se belange by die US te akkommodeer. ʼn Voorvereiste hier is dat die taalbeleid met alle belanghebbers onderhandel word, eerder as om dit met ʼn administratiewe proses af te dwing."
ATKV-persverklaring: Afrikaans by die universiteite van Stellenbosch en Pretoria
2016-06-23“Die nuus oor Afrikaans by die universiteite van Stellenbosch en Pretoria is nie goeie nuus nie, maar hoe hanteer ons dit vorentoe?” – Japie Gouws
Die besluite teen Afrikaans by die UP en US is geskiedkundig - en 'n onreg
2016-06-23"Die besluite teen Afrikaans as onderrigmedium deur die rade van die Universiteit van Pretoria en die Universiteit Stellenbosch op 22 Junie 2016 moet in die geskiedenis opgeteken word, om ’n hele paar sonderlinge redes."
Persverklaring van die Universiteit Stellenbosch: Nuwe US Taalbeleid aanvaar
2016-06-22"Die Raad van die Universiteit Stellenbosch (US) het vandag (22 Junie 2016) die voorgestelde nuwe Taalbeleid met die Senaat se aanbevole wysigings aanvaar. Die Senaat het die Taalbeleid op 9 Junie 2016 met ’n groot meerderheid van stemme (113 ten gunste en 10 daarteen) goedgekeur."
#GelykeKanse: Versoekskrif aan die Raad van die Universiteit Stellenbosch
2016-06-21"Die finale konsep-taalbeleid wat Woensdag vir bekragtiging voor die Raad dien, toon sulke ernstige gebreke dat die Raad dit in geen omstandighede kan goedkeur nie."
