Menings

LitNet se ruimte vir onderhoude, essays, seminare en rubrieke wat toonaangewende menings uitspreek.
LitNet's space for interviews, essays, seminars and columns that express groundbreaking opinions.

Twitter gons oor Gerwel se dood

2012-11-28 Joernaliste, politici, musikante en verskeie ander figure het teen Woensdagmiddag getweet oor die dood van prof Jakes Gerwel.

In Memoriam: Ampie Coetzee onthou Jakes Gerwel

Ampie Coetzee 2012-11-28 Wanneer 'n groot vriend sterf, kom gedagtes by jou op van die tye waar julle saam was, Dan onthou jy meer en meer, en dan raak die onthou seer.

Jakes Gerwel "’n uitstaande rolmodel"

Henry Jeffreys 2012-11-28 "Hy was die aktivis-professor wat nie geskroom het om sy plek in die voorste linies in te neem teen die onregte en vergrype van apartheid nie."

Die jaar 1983 – drie boeke, drie denkers in ’n drempeltyd

Francis Galloway 2012-11-28 Jakes Gerwel se Literatuur en Apartheid staan as baken en padwyser geplant in die jaar 1983. Francis Galloway skryf In Memoriam oor sy bydrae tot ’n kritiese gesprek wat seker as een van die belangrikste studies oor die Afrikaanse literatuur gereken word.

LitNet Akademies-resensie-essay: Die einde van die wêreld en hoe om dit te oorleef deur Johannes Bertus de Villiers

Sandra Troskie 2012-11-28 "Die aarde begin tril en dreun in die onmiskenbare aanloop tot ’n aardbewing, en die wete is skielik en seker: dit is nie die maan wat besig is om van die aarde weg te val nie. Dit is ons eie planeet wat uit haar vaste baan om die son geruk is."

Boeing, boeing, gone (to jail)

Gustaf Pienaar 2012-11-28 "Toe was hy so dapper soos 'n leeu. Hy het die oulike waardinnetjie nadergeroep, en - soos in die rolprente – gefluister: "Miss, this is a hijack." Sy het kalmpies geantwoord "Rêrig?" waarop hy gevra het of sy weet wat 'n skaking is. Toe sy bevestigend antwoord, het hy haar opdrag gegee om die kaptein te loop sê dat hy na Lourenço Marques (deesdae Maputo) moes vlieg, anders sou hy - dis nou Jeffers - nie vir die gevolge verantwoordelik wees nie."

Antwoorde op Jaco se vrae van gister

Jan Rap 2012-11-27 Jy vra of ek jou voorbeelde kan gee van waar Dan Roodt pro-aktief was.  Die antwoord is ja ek kan.

via struktuurg’weld

Jacobus Faasen 2012-11-27 terwyl ekonomieë een-een afsterf, ou orde chaoties meegee,
g’bruikers, nes maervarke, in slagpaal-effek, doodskreet sjee,

'n Inklusiewe Kersboodskap aan elkeen

Cornelius Henn 2012-11-27 So kan 'n mens die sommetjie aanhou deel en besef dat selfs die koudste hart denkbaar 'n liggie is wat die duister in die ganse Kosmos kan verdryf.

Errisdon Nirsgee

Jan Rap 2012-11-27 Sopas die radio (RSG) afgesit; nou gatvol vir al die Engels. 

’n Lewe van menswaardigheid – 'n gesprek oor die bruin identiteitseminaar

Nico Koopman, Nico Botha, Michael Cloete, Naomi Meyer 2012-11-27 ’n Interdissiplinêre konferensie oor bruin identiteit word aangebied deur die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie, Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch. Naomi Meyer het prominente rolspelers en seminaarbydraers by die seminaar hieroor uitgevra.

"Abandon all hope, ye who enter here"

Johannes Comestor 2012-11-27 "Volgens Lovecraft het die lewe geen betekenis nie; niks is sinvol nie. 'Life is a hideous thing' (p 34)."

LitNet Akademies-resensie-essay: Die aanspraak van lewende wesens deur Ingrid Winterbach – 'n Postmoderne quest-verhaal

Chris van der Merwe 2012-11-27 "Die aanspraak van lewende wesens voer die leser op reise waarin die individuele en kollektiewe onbewuste geopenbaar word; onderdrukte energieë kom in die loop van die verhaal na bo."

LitNet Akademies-resensie-essay: Philida 'n waarskuwing aan die elite

Izak de Vries 2012-11-27 "Waar mense se wense té lank onderdruk word, het jy min nodig om hulle tot aksie te laat oorgaan. Philida se waarskuwing is gerig aan die nuwe politieke en godsdienstige elite: Die onderdruktes is nie almal onnosel nie. Party van hulle gaan leer om néé te sê."

onheilig’ doel, onheilig’ middele

Jacobus Faasen 2012-11-26 patriot, dodelik g’wapen, b’reid v’r b’leid t’stry,
bemidd’laar, ond’rhand’laar, kannittie kleinkry,
moord, doodslag, verwoes van infrastruktuur,
vóór missiellanding, teiken in allerfinale uur

Oor jupiter en optiese illusies

Kobus de Klerk 2012-11-26 Brianvds doen moeite om my te oortuig dat hulle die mane om jupiter met verkykers en gewone teleskope kan sien van hier af.

LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)

Trienie 2012-11-26 Ek is so opgewonde oor LitNet se nuwe been, LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe).

In gesprek met ... Willy Martin

Carina van der Walt 2012-11-26 Carina van der Walt gesels met akademici uit verskillende dissiplines uit die Lae Lande, wat hulle onvermoeibaar besig hou met Afrikaans of met Suid-Afrika. Wie is die man of die vrou agter die boek, die projek, die navorsing of op die leerstoel? Waaroor gaan die boek, die projek, die navorsing? Hoe geïnspireerd sit ’n wetenskaplike op ’n leerstoel vir bande met Suid-Afrika?

Ingrid Winterbach en Saul Bellow

Joan Hambidge 2012-11-26 Ingrid Winterbach se roman Die aanspraak van lewende wesens het die Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2012 gewen. Joan Hambidge beskou nou Winterbach se oeuvre na aanleiding van die LitNet Akademies-artikel "'Te hel met heling, Niggie!': Wanneer traumanarratiewe tekort skiet."

ATKV-Rieldansfinaal

2012-11-26 Die ATKV-Rieldansfinaal vind op 1 Desember om 19:00 by die Liqui-Fruit Amfiteater plaas.

Top