Ek sien nou die dag, nie te lank terug nie, flieks waarin Sigourney Weaver, Julia Moorie, Jodie Foster en Sandra Bullock in was en nie EEN keer kon mens hulle bene sien nie. Die paar keertjies wat mens hulle vollyf gesien het, het hulle jeans of langbroeke gedra. Wie is so gemeen; is dit die kameraman of die regisseur?
Ek sien ook so nou en dan The Wild as ek by die TV verbystap en, daardie ou wat Sloet was in Arende, is ook daarin en dit lyk vir my of hy die rol van 'n Afrikaner speel, seker die enigste een in die storie. Eventwil, die ou loop in die huis rond met sy hoed op, eet selfs met sy hoed op. Kan niemand in die span vir die regisseur vertel dat, die eerste ding wat 'n Afrikaner doen as hy by die huis instap is om sy hoed aan die kapstok op te hang nie? Daar moet tog iewers 'n Afrikaner in die span wees of hoe?
Jan Rap


Kommentaar
Jan Rap: Miskien moet hulle sommer twee vlieë met een klap tref, en reël dat Sandra Bullock vir ’n slag net ’n hoed dra en niks anders nie. 🙂
Brianvds, dis geniaal! G'n wonder jy maak uit van swaartekrag en goed nie.
Brianvds
Dis nou ’n man met wysheid wat so praat – en dan wil KdK suggereer dat jy geen insig het nie!
Thomas