ampertjies nes jazz

  • 0

(enige taal ultra-musikaal, skatlik “scat”-baar, ’n ilwimi-jazz)

mooiste vanne taal, haar fleksibiliteit, plooibaar-, skoonheid,
spiritualiteit, konfidensialiteit, ontvanklik’ ontvangbaarheid,
dinamiet van haar dinamika, interg’meenskaplik, kollektief,
grondwetlik, eg anti-puristies, ultra-k’tools, liefd’shart’dief

kommunikasiemedium wat wetenskaplik onnergronds gaan,
oppe oop vlak t’n grond’ gaan, /Xam-lik, v’rdwyn, asse taal,
sal voorouers’l verhaal t’r wille van oorlewering wil kô haal,
sints suig’ling melkdrinkinstruksie nie meer intuïtief v’rstaan

Millennium Drie Krisis, chaos, politiek, Ekonomieë Een en Twee,
pseudo-gelowiges, oorlogsgieriges, God se Spel nie reg wil speel,
vrugte vannie tong, moedertaal, uitvoerproduk, onner onreg-reël,
“isiBhulu” as pejoratief legitimiteit aan ’n nuwe taal-apartheid gee

as “Boertaal” kan Afrikaans nimmer ’n Afrika-taal word,
skiet steun v’r opheffing, van pejorativering, t’vér t’kort

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top