Onderhoude
Onderhoude oor aktuele kwessies
Interviews about topical issues
Interviews about topical issues
Fokusberoep: Towenaar
2013-09-18 Al ooit oorweeg om vir jou kruideniersware te betaal met geld wat jy verdien het deur 'n towenaar te wees? Abrakadabra: Hier is 'n onderhoud met een.Clover Aardklop 2013: macbeth.slapeloos
2013-09-17 Marthinus Basson het macbeth.slapeloos vir vanjaar se Clover Aardklop verwerk. Daar is bloed, 'n opstand, 'n verbrokkelende huwelik en 'n vrou wat slaapwandelend deur die kasteel se gange dwaal. Hy vertel vir Naomi Meyer van die produksie.Vuurwarm Jan Braai
2013-09-11 Jan Braai se doelwit is om Nasionale Braaidag as dié vakansiedag op Suid-Afrikaners se almanak te laat uitstaan. Sy eerste boek, Vuurwerke, word beskryf as "’n omvattende ensiklopedie van hoe om te braai". Nou is sy tweede boek, Vuurwarm, op die rak. Naomi Meyer het hom kort voor Erfenisdag 2013 hieroor uitgevra.Ilse van der Merwe gesels oor Jan Braai se Vuurwarm
2013-09-11 In Jan Braai se jongste boek, Vuurwarm, staan daar by die erkennings: "Ilse van der Merwe het aangebied om te help en sy was reg!" Maar wie is hierdie Ilse van der Merwe van wie Jan Braai praat?Kaalvoet oor die highway
2013-09-04"Die skrywers Clinton V du Plessis en Afred Schaffer het mekaar by Cradock se Olive Schreinerfees raakgeloop en 'n gesprek het posgevat wat eenvoudig op LitNet voorgesit moes word ..."
Score my 'n gwai – Marlize Hobbs en Nathan Trantraal gesels oor Marlize se jongste boek
2013-09-04 “Om te skryf is ’n eensame ding en dis oukei om soms eensaam te voel maar dan wil jy uit ’n state van connectedness uit slip into daai loneliness, die eensaamheid kan nie eerste wees nie, jy makeer ’n plek om na terug te keer as jy klaar geskryf het.”Clover Aardklop 2013: Tien skole ding mee om die titel van ATKV-Tienertoneelwenner
2013-09-03 Toneelgroepe van tien hoërskole ding tydens Clover Aardklop in die finaal mee om die gesogte titel van ATKV-Tienertoneelwenner vir 2013, met prysgeld van R45 000. Naomi Bruwer het by Lizané Basson van die ATKV uitgevind wat die gehoor kan verwag.Die skare wat die konsert befonds
2013-08-23 Gerhard Maree het besef daar is baie kreatiewe mense wat elke dag werk en nooit kans kry om op te tree en hul kuns uit te leef nie. Daarom het hy City Soirée uitgedink.Rozelle Blackie 101
2013-08-23 Wie is Rozelle Blackie? In 2011 het Rapport met haar gesels. Nou het sy haar debuutalbum uitgereik. Sy gesels met Naomi Meyer oor kos en musiek.Verskietende ster: ’n Onderhoud
2013-08-20 "Stad-en-streeksbeplanning het my kreatiwiteit en lus vir werk heeltemal doodgemaak en ek het besef hoe belangrik dit is om geluk in jou werk te vind." Stefan Enslin gesels oor sy reis na romanskryf.Clover Aardklop 2013: Nicola Hanekom gesels oor Land van skedels
2013-08-14 "Ons moet probeer om die slegte dinge in toom te hou en die werklike gesig van oorlog te probeer onthou sodat ons so min moontlik ons gruwels herhaal."Michael le Cordeur gesels oor Kaaps
2013-08-08"... dit bewys dat leerders wat in Kaaps opgroei, beter vaar in toetse as die toetse in Kaaps gestel word. Tans moet hulle uit boeke lees wat ver verwyderd is van hul huistaal."
