| Naomi Meyer gesels met musikante, musiekkenners en musiekliefhebbers in die wêreld van klassieke musiek. Vandag is Michelle Breedt – internasionaal-bekende mezzosopraan – aan die woord. |
Naam
Michelle Breedt.
Beroep
Sangeres.
Watter rol speel musiek in jou lewe en hoe is jy daarby betrokke?
Dis my lewe, dis my passie; ek is 'n internasionaal-erkende klassieke sangeres, en ek tree internasionaal op.
Maak jy self musiek, en indien wel, watter instrument(e) kan jy speel?
Ek is 'n professionele opera-/konsert-/liedersangeres. Ek speel klavier.
Na watter instrumente luister jy graag?
Die menslike stem ... viool ... orkes, klavier ...
Wat is jou gunsteling-lied of snit (en, as dit vir jou belangrik is, ook die orkes of persoon wat dit vertolk)?
Te veel om te noem ...
Wie is jou musiekhelde?
Enigeen wat die moed het om op 'n verhoog te staan en te perform.
Na watter ander musiek luister jy ook graag?
Dink jy die musiek waarby jy betrokke is, het nog 'n rol te speel in Suid-Afrika vandag, en indien wel, waarom?
Ja, want klassieke musiek is voedsel vir die siel en Suid-Afrika het die voedsel bitter nodig!
Stuur asseblief 'n foto van jou om by die onderhoud te gebruik, asook 'n video waarvan jy hou.

