Leefstyl
Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.
Onderhoud: Kirky van Kirkwood sing dat ’n mens moet spring
2022-09-16Kirky van Kirkwood se tweede enkelsnit, "Spring", is pas uitgereik. Die lied handel oor iemand wat ’n loopbaankeuse moet maak. Izak de Vries het by Kirky gaan kuier enkele dae voordat sy haar bakkie gepak het om self ’n enorme loopbaanskuif te maak. Gaan jy spring, of spyt wees?
Kaap: ’n onderhoud met Hans Pienaar
2022-09-15"[D]aar (was) ’n tyd toe ek kwaad was oor die ANC wat ons almal in die steek laat, maar ek wou nie by kwaad vassteek nie, ek wou iets doen, net soos ek destyds nie by kwaad oor apartheid wou vassteek nie, maar dit wou beveg. En ek het gedink: Nou maar as die ANC die staat kaap, kom ons kaap die revolusie by die ANC."
Persverklaring: Etienne van Heerden Veldsoirée in Cradock, besprekings kan nou gemaak word
2022-09-14Die reuk van ’n Karoovuur, die geklingel van silwer eetgerei op wit tafeldoeke, draadwindpompies … Meng dit met storievertellers, skrywers, akademici, historici, aktiviste en ’n hele klomp honde, dan het jy die raamwerk van die Etienne van Heerden Veldsoirée wat van 23 tot 25 September 2022 in Cradock plaasvind. Bespreek nou!
Press release: Etienne van Heerden Veldsoirée in Cradock, bookings have opened
2022-09-14Take storytellers, authors, academics, historians and activists; mix in the smell of a Karoo fire, the tinkling of silver on dining tables dressed in white, and a few dogs, and you have summarised the Etienne van Heerden Veldsoirée taking place in Cradock from 23 to 25 September 2022. Book now!
Program/Programme: Etienne van Heerden Veldsoirée 23–25 September 2022
2022-09-14Program | Programme: Etienne van Heerden Veldsoirée, 23–25 September 2022 in Cradock
Besprekings kan nou gemaak word. | Bookings have opened.
Persverklaring: Internasionale seëltentoonstelling by KIKS2 in Kaapstad
2022-09-13Die internasionale filateliese tentoonstelling sal aangebied word by die Kaapstad Internasionale Konvensiesentrum (KIKS2) en toegang vir die publiek is gratis. Die publiek kan hul seëlversamelings bring vir ’n waardasie deur deskundiges.
Persverklaring: Suid-Afrikaanse sangeres en liedjieskrywer Jodi Jantjies palm ’n Aitsa-nominasie in
2022-09-13Jantjies het die eerste keer aandag getrek toe sy as skaam tiener ’n oudisie by die Cedar Secondary School in Mitchells Plain voor die ATKV-Crescendo-paneel gehad het. Dit was ’n liedjie wat sy self geskryf het. Die res is as ’t ware geskiedenis.
Ha wa lebona
2022-09-13Stemme | Voices | Amazwi is LitNet’s series of 15 short, powerful monologues, presented in collaboration with Suidoosterfees, NATi and ATKV. In Jane Mpholo’s Ha wa lebona, Lerato gives her former best friend, Palesa, a dressing down after malicious gossiping did the rounds. Tankiso Mamabolo performs the monologue, directed by Mahlatsi Mokgonyana. Watch the performance in Sesotho with English subtitles here.
Fraksie op kykNET: ’n onderhoud met Louis Pretorius
2022-09-09"Ons ideale kyker is iemand wat nie bang is om uitgedaag te word nie. Om van die karakters te hou ten spyte van hulle feilbaarheid. Hulle is almal menslik, en almal probeer hard. Die kyker wat bereid is om in die spieël te kyk en bereid is om sy eie donker kant te sien, sal die reeks geniet."
Die inspirerende onnie agter Kakamas se tienertoneelprestasies
2022-09-08"Met 240 leerders is ons ’n klein skool, so almal moet alles doen, of daar is niks. My beste akteurs en aktrises is rugbyspelende landbouseuns, die kaptein van die hokkiespan, die dux-leerder …" – Ontmoet vir Barnie Mans, die onderwyser van Kakamas wie se tienertoneelgroep die land aan die brand speel.
Program: Elfde Tuin van Digters op 7 en 8 Oktober 2022 by die Breytenbach Sentrum in Wellington
2022-09-08Die huldiging van die digter Antjie Krog, die oorhandiging van die Ingrid Jonker-prys vir ’n debuutbundel, ’n optrede deur die Nederlandse digter, skrywer en teatermaker Babs Gons, die amptelike bekendstelling van Ons Klyntji, besprekings van nuwe bundels van onder andere Antjie Krog, Adam Small, Philip de Vos en Loit Sōls en uitsonderlike musiektoonsettings van gedigte, dit is van die hoogtepunte by vanjaar se Tuin van Digters.
Musiekvideo: Corné Pretorius sing "Ek Wil Glo"
2022-09-07Jan Bloukaas het aanvanklik die musiek vir "Ek wil glo" geskryf en dit is later verder verwerk deur Johnny de Ridder. Hunter Kennedy het ook saam aan die lirieke geskryf.
Persverklaring: Die Vrystaat Kunstefees is terug
2022-09-06Die feesspan maak nou gereed vir ’n aansienlike groter fees, wat vanaf 2 tot 8 Oktober 2022 ook op die UV-kampus sal plaasvind.
Persverklaring: Karatara by die Baxter
2022-09-06Karatara vertel die verhaal van die verwoestende Knysna-brande in 2018. Op die 29ste Oktober van daardie jaar word ’n klein dorpie verswelg in ’n vlammehel. Die inwoners het bykans al hulle besittings verloor, sommige hul lewens.
Ludik – indrukke van die eerste 35 minute
2022-09-06"Die skep van hierdie reeks is ’n misdaad teen die mensdom. Oukei, ek oordryf. Dan ’n misdaad teen goeie reekse, teen Afrikaans en vir seker teen my oogballe."
Not lost
2022-09-06Stemme | Voices | Amazwi is LitNet’s series of 15 short, powerful monologues, presented in collaboration with Suidoosterfees, NATi and ATKV. In Jemma Kahn’s Not lost, a girl explains how she got fired while working on the set for a Barbie advert. Devonecia Swartz performs the monologue, directed by Jemma. Watch the performance here. The monologue text is also available.
Toyota US Woordfees 2022 is "Wild": ’n onderhoud met Saartjie Botha
2022-09-05"Dis tyd om nou weer litte los te maak, bollas los te skud, en agter te kom dat mense vryer is. ’n Sin van vryheid en ongebondenheid kan beleef. ’n Bietjie minder konvensioneel en minder konserwatief as wat hul normaalweg sou wees." Lees die onderhoud en laai die Woordfeesprogram én die volledige boekeprogram hier af.
Press release: Three exciting young musicians performing on clarinet, saxophone and piano in Knysna, Gqeberha and Makhanda
2022-09-02These performers have all achieved high distinction results for their ABRSM advanced performance exams, placing them amongst some of the top students in South Africa. We wish to encourage them in their pursuit of musical excellence as they further their musical careers by creating opportunities to perform.
Afrikaanse rock ’n roll: Brixton Moord en Roof en Raaskopleef raas steeds
2022-09-02“Johannesburg is punk, metal en industrial, in daardie volgorde. Pretoria is meer folk en country. Kaapstad en die stad se flipside is elektroniese dansmusiek, hip-hop en jazz. Stellenbosch is blues, omdat dit ons ekwivalent van die Amerikaanse Suide se slawegeskiedenis is. Durban is Kaliforniese surfer rock, alhoewel daar min Afrikaans is.”
Karen se Tafelberg-potjie (vir M)
2022-09-01"Hierdie een is nou baie hoog boaan die trefferlys en ek maak dit gereeld. Wanneer hy vir hom van hierdie potjie skep, sê M, lyk sy bord soos Tafelberg, lekker hoog gestapel. Dis een van sy groot gunstelinge."
