Nuwe Skryfwerk-video: Onderweg

  • 24

Willem de Swyger en Carmen Platt het ’n video vir LitNet geskep. Die tema handel oor die gebeurtenis van die jaar. Dit verskyn as multimedia-skepping in LitNet se nuwe skryfwerk-afdeling. Kyk die video hier (grafika: erkenning aan Pexels).

  • 24

Kommentaar

  • Shadow work of one’s spirit and soul. An amazing journey, begun and expressed with words only your talent can string together. Beautiful.

  • Willem. Die voorlesing is rou en verfynd, opbeurend en roerend. Die balans perfek! Poëtiese yin yang. Dis hoendervleisgenot.

  • Lelanie Roode

    Briljant! Meester van woorde en so help jy ander, soos ek, om die deurmekaar stukkies legkaartlewe elkeen in sy eie plek, op die perfekte tydstip, in mekaar te pas, sodat, wanneer ons vorentoe stap en wegstap, ons die geheelbeeld kan beskou; in retrospek van als gebeur soos dit moet. Briljant en welgedaan. Dit maak die verstaan en perspektief sigbaar en sinvol.

  • Such a masterful use of the Afrikaans language, Willie. I love listening to the inner workings of your soul expressed through your poetry.

  • Andreas Potgieter

    Steeds die evolusie van De Swyger - van sang na dig na multimedia. En steeds die aanslag van die intieme blootlegging van die persoon agter die naam.
    Welgedaan Willem!

  • Hoe waar is die woorde, Willem. As ons almal net braaf genoeg kan wees, en genoeg deursettingsvermoë kan hê om ons self te ontdek en waardeer, sal ons wêreld 'n heeltemal ander plek wees.

  • Rozelle Blackie

    Ja. So nodig dat elk hierdie pad stap. Om te verstaan wat ons nie verstaan nie en sin te probeer maak van dít wat afwesig of aanwesig is, maar soos ‘n onverwagte gas opdaag wat nie eintlik welkom is nie, dog steeds tyd en plek opneem tot mens begin gesels.
    Mooi, liewe vriend. Baie mooi.

  • Ek stem met Andreas Potgieter saam oor die evolusie van De Swyger. Dis opwindend om dit te volg.
    Met sy diep persoonlike aanslag boor hy met hierdie multimedia-skepping universele senupunte beeldend raak.
    Knap Willem, knap.

  • Willem, jou skryfwerk maak emosies wakker waarvan ek lankal vergeet het. Jou rustige stem dra by tot die treffende oordrag van jou boodskap. Jy mag maar skryf!

  • Ek het absolute bewondering vir jou woordkeuse, Willem. Ek sien die beeld geskep deur jou woorde. Dis fantasties, my vriend. Hou net aan, asseblief? My woordeskat skiet ver tekort.

  • Wilma Enslin-Geyser

    Wow! Dankie Willem, dit was ’n voorreg om saam met jou die Enneagram te doen. Ek is bly dit bring soveel insig en groei en verandering ... jou beskrywing van jou belewenis raak my diep! Heilige grond ... Waardeer jou en Carmen.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top