Leefstyl

Stimuleer jou sintuie en leef jou uit: LitNet se ruimte vir elke leefstyl-voorkeur.
Stimulate your senses and express yourself: LitNet makes room for every lifestyle preference.

Etienne van Heerden Veldsoirée: Elise Bishop oor Twee lewens

Izak de Vries, Elise Bishop Skrywersonderhoude 2022-10-05

Die Etienne van Heerden Veldsoirée het van 23 tot 25 September 2022 op Cradock plaasgevind. Elise Bishop het met Izak de Vries gesels oor haar outobiografie Twee lewens.

Die Etienne van Heerden Veldsoirée deur Johan Kotze se lens

Johan Kotze Leefstyl 2022-10-05

Die Etienne van Heerden Veldsoirée het van 23 tot 25 September in Cradock plaasgevind. Johan Kotze was daar en deel sy gunstelingfoto’s.

Toyota US Woordfees 2022: ’n onderhoud met Johan de Villiers van die Libertaskoor

Naomi Meyer, Johan de Villiers Toyota Stellenbosch Woordfees 2022-10-03

"Deur instudering van ’n koorstuk word die sanger se DNS ... ten diepste binnegedring deur die ritmes en melodieë van die musiek, tesame met die meegaande tekste. Om dit uiteindelik voor ’n gehoor te sing is onvergelykbaar bevredigend, deels ook vanweë die dikwels oorrompelende wisselwerking tussen die koor en hulle luisteraars."

Toyota US Woordfees 2022: ’n onderhoud oor ’n Akkerboom

Naomi Meyer, Nico Scheepers Toyota Stellenbosch Woordfees 2022-09-30

"Die kunstenaar suggereer met woorde, en ’n glas water verander in ’n akkerboom in jou kop. Die stuk gebruik hierdie idee om ’n storie te vertel van verlies deur die wortel van rolspel en die krag van woorde te ondersoek."

Franz Marx: Uit die perd se bek deur Chris Vorster: persoonlike herinneringe en foto’s

Annalize Marx Hills, Johan Allers Boeke en skrywers 2022-09-29

Chris Vorster se boek oor Franz Marx, Uit die perd se bek, word op 12 Oktober 11:00 by die Toyota US Woordfees bekendgestel. Die item heet “Die private Franz Marx”. Annalize Marx Hills, ’n familielid van Marx, deel met die familie en familievriend se toestemming haar eie en hulle persoonlike herinneringe aan die mens Franz Marx.

The Etienne van Heerden Veldsoirée through my lens

Darryl David Leefstyl 2022-09-29

Festival director Darryl David shares his pictures of the Etienne van Heerden Veldsoirée which took place from 23 to 25 September 2022 in Cradock.

’n Fees in die veld: Etienne van Heerden Veldsoirée-fotogalery

Menán van Heerden Leefstyl 2022-09-29

Bakkies, biltong en ’n brakbrêgh. Benewens aktuele gesprekke deur skrywers, gemeenskapsleiers en -aktiviste, akademici, advokate, landdroste en joernaliste, het die derde Etienne van Heerden Veldsoirée (23 tot 25 September 2022) op Cradock ook vir feesuitstappies in die Karoo-veld gesorg. Menán van Heerden het foto's geneem.

Toyota US Woordfeesprogram 2022

LitNet Toyota Stellenbosch Woordfees 2022-09-28

Klik hier om die volledige Toyota US Woordfeesprogram 2022 in PDF-formaat af te laai. Die volledige boekeprogram is ook hier beskikbaar.

 

Persverklaring: Tien tekste uit KKNK Teksmark word verder ontwikkel

LitNet KKNK 2022-09-27

Teksmark is van 24 tot 26 Augustus by die Baxterteater in Kaapstad aangebied en kon gratis deur belangstellendes bygewoon word. Altesaam 22 skrywers het hul teksidees voorgelê en 90 akteurs en regisseurs het deelgeneem om uittreksels uit elk van die tekste as leesteater aan te bied.

Press release: True Pan-Africanism – a look into the future of Africa

LitNet Kuns 2022-09-27

The exhibition includes the representation of the Afrikaner folk and native peoples of Africa and combines our diverse and beautiful cultures into one. It is something not to be missed. It is unlike anything seen before. It’s what we need. This is art for the future. Unity on the continent begins at home.

Buit: ’n onderhoud met Dibi Breytenbach

Naomi Meyer, Dibi Breytenbach Skrywersonderhoude 2022-09-27

"Die skryf van Buit was tot ’n baie groot mate vir my ’n herkalibrering van my Afrikaanskap. Ek dink dat die pennie, soos die Engelse sê, na ’n geleidelike ontwaking vir die eerste keer behoorlik gedrop het dat ek ook ’n deel van hierdie kontinent is. Hoe meer ek geskryf het, hoe kwater het ek geword. Vir die eerste keer het die diepte van die skade wat deur kolonialisasie aan die kontinent aangerig is en steeds aangerig word, tot my merg deurgedring."

Persverklaring: Musiekindaba, ’n eerste vir Afrikaanse musiek

LitNet Musiek 2022-09-27

Hoe kan ons saamwerk vir ’n beter musikale toekoms? Dis tyd om te praat. Musiekindaba bring kunstenaars, die ganse musiekbedryf en musiekliefhebbers byeen om koppe bymekaar te sit, verhoudinge te bou, loopbane te bou, te leer, inligting te deel en die wonderwêreld van musiek te vier.

Suid-Afrikaanse samelewing weer eens by ’n kruispad: Gesprekke by die Etienne van Heerden Veldsoirée

Izak de Vries Menings 2022-09-26

"In die laat jare tagtig het Suid-Afrika gesteier. Ons land was finansieel in ’n gemors, en die samelewing was vasgevang in ’n brutale geweldsklimaat. Uit daardie dryfsand het leiers verrys wat ’n verskil sou maak."

Etienne van Heerden Veldsoirée: fotogalery van die sprekers

Menán van Heerden Menings 2022-09-26

Die derde Etienne van Heerden Veldsoirée het van 23 tot 25 September 2022 op Cradock plaasgevind. Gesprekke deur skrywers, gemeenskapsleiers en -aktiviste, akademici, advokate, landdroste en joernaliste het vir behoorlike pitkos in die skaduwee van Karoo-koppies gesorg. Menán van Heerden het foto's van die sprekers geneem.

kykNET-Rapport-boekpryse 2022: Afrikaanse skrywers en resensente bekroon met R1 miljoen

LitNet Boeke en skrywers 2022-09-24

Die Covid-pandemie en grendeltyd het skitterende gevolge vir die Afrikaanse boek ingehou, te oordeel aan die kreatiwiteit, diepte en reikwydte van titels wat vanjaar meegeding het om die kykNET-Rapportpryse. Die wenners betrek van ’n herverbeelding van die plaasroman tot die skeibrekers van die Dorslandtrek tot charismatiese lekepredikers tot vroue in opstand teen die patriargie.

kykNET-Rapport Herman Binge-filmprys 2022: Die getuienis deur Francois Smith

Beer Adriaanse Boeke en skrywers 2022-09-24

"Die boek verras die leser van begin tot end; dit voer gelowige én ongelowige mee ..."

kykNET-Rapportprys vir fiksie 2022: Vier susters deur Gerda Taljaard

Sonja Loots Boeke en skrywers 2022-09-24

"Natuurlik gaan dit ook om die oorlog tussen man en vrou, en die letsels wat dit laat. In hierdie opsig blink die roman uit as een wat nie net breed kyk nie, maar ook diep kyk."

Jan Rabie-Rapportprys 2022: Kompoun deur Ronelda Kamfer

Anastasia de Vries Boeke en skrywers 2022-09-24

"In Ronelda Kamfer se debuutroman Kompoun is ’n taalvirtuoos aan die slag; ’n meester wat die Afrikaanse taal soos ’n outydse viool bespeel."

kykNET-Rapportprys vir niefiksie 2022: Van Humpata tot Upingtonia deur Nicol Stassen

Bill Nasson Boeke en skrywers 2022-09-24

"Net soms verskyn daar ’n boek wat heeltemal ongewoon en uitsonderlik is. Nicol Stassen se Van Humpata tot Upingtonia is só ’n kultuurprestasie."

kykNET-Rapport-boekresensent van die jaar 2022: Commendatio's

Bibi Slippers Boeke en skrywers 2022-09-24

"In Izak de Vries se bespreking van Francois Smith se tweede roman word ’n velerlei ander skrywers en boeke betrek om leeskringe te help om hulleself ten opsigte van dié boek te oriënteer."

Top