Linda Remke, Emma Kotze2013-02-26"Omdat Zivaglo ’n nuwe konsep is, was die uitdaging om kreatiewe mense te werf en te betrek ’n baie langer proses as wat ons eers gedink het. Die proses het geverg dat ons meer as ses maande elke twee weke met kreatiewe groepe gewerk het om hul te mobiliseer."
2013-02-12Woon gerus die daaglikse kunsrondleidings en besprekings deur Sandra Hanekom, die Visuele Kunskurator, by vir ’n meer deurdagte en holistiese ervaring van die uitstallings.
2013-02-12The Seven Deadly Virtues / Die SeweDodelikeHoofdeugde uitstalling fokus op die kontemporêre gedagte van die konsep van die sewe dodelike hoofdeugde, waar ons ons eie sondes as deugdelike eienskappe vermom.
2013-02-12Met Skilder met Woorde III is daar aan sewe beeldende kunstenaars en digters opdrag gegee om ’n kunswerk en gedig te skep rondom die tema – “1 2 3 blok myself!”.
2013-02-12Moleskine is ‘n Italiaanse reeks hoë kwaliteit notaboeke en sketsboeke wat vervaardig word in Milan. Kunstenaars het tekeninge, voorbereidende sketse en proto-tipes gemaak. Die gekose tema was “Introspeksie”.
2013-02-12Na aanleiding van die suksesvolle Leonard Cohen Altaarstuk-uitstalling, kureer Gordon Froud ’n nuwe groepuitstalling gebaseer op die lewe en lirieke van Tom Waits.
2013-02-12Die meeste van Gutter se werk word gewy aan 'n ??toenemend wyer begrip en interpretasie van die idee van ons daaglikse bestaan op die randjie van gevaar.