ABSA KKNK 2013 Kuns: Aantekeninge/Notes

  • 0

Aantekeninge | Notes

Ian Grose
Kurator: Paul Bayliss
Solo-uitstalling deur 2011 ABSA l'Atelier-wenner

“There / Not There” – Reeks van 12 olieverftekeninge op Fabriano-papier
 

Dit is met trots dat die ABSA KKNK 2013 optree as gasheer vir die 2011-wenner van die ABSA l’Atelier, Ian Grose. Grose is bekend vir sy eiesoortige en subjektiewe benadering en stem. In die uitstalling Aantekeninge, konsentreer Grose op groeperings kleiner werk van ’n intieme en narratiewe natuur op linne en papier. Die kunstenaar spits hom nog steeds toe op sy fassinasie met die analogie tussen literatuur en die visuele beeld, alhoewel in terme van hierdie uitstalling dit handel rondom die aktiwiteit van aantekeninge.

Grose gebruik die konsep van interpretasie en vertaling as die beginpunt van hierdie werke, en benader dit met die gees van eksperimentele beskrywing met die aksent op die verbygaande aard van tyd, soortgelyk aan ’n skrywer se dagboek. Die kunswerke verteenwoordig as te ware visuele aantekeninge deur die kunstenaar, wat gegroepeer word om ’n samehorige geheel te word.

Hierdie is Grose se eerste solo-vertoning sedert hy die ABSA l’Atelier gewen het. Die uitstalling het in Februarie gedebuteer by die ABSA Galery in Johannesburg en is nou te sien tydens die ABSA KKNK in Oudtshoorn.  Grose se werk toon ’n individuele volwassenheid en begrip wat nie tipies is van ’n jong ontluikende kunstenaar nie, maar eerder verteenwoordigend van ’n gevestigde kunstenaar is. Hierdie werke deur Grose verteenwoordig die kaliber jonger kunstenaars wat deur middel van die ABSA l’Atelier op die voorgrond van die kunste in Suid-Afrika geplaas word.

Gratis daagliks, Prince Vincent-gebou, Baron van Rheedestraat

 

Geen virtuele kunsgalery tans beskikbaar.

Gaan terug na die kunstenaarlys

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top