ABSA KKNK 2013 Kuns: Quintessence: 12 People I Know and Objects of Enlightenment

  • 0

Quintessence: 12 People I Know and Objects of Enlightenment

Vanessa Berlein en Michele Davidson
Twee-vrou-uitstalling

“Barbara Wildenboer”
“Francois Irvine”
“Paper cups”
“Sweetpea”

’n Reeks werke wat die kwintessensie van verhoudings tussen mense en mense en objekte verken.

In die reeks werke 12 People I Know, deur Vanessa Berlein, word die emosionele speling binne verhouding verken. Wanneer ons iemand vir die eerste keer ontmoet, word ons na hul fisiese kenmerke aangetrek, maar soos wat ons hul persoonlike essensie leer ken, raak hul fisiese beeld minder opmerklik vir ons en hul interne persona word ’n weerspieëling van groot dele van onsself. Binne die estetiese ideaal wat uitgebeeld word deur ’n basiese portret, is gepoog om hul skoonheid te interpreteer. Elke portret is met ’n dubbel glaslaag geraam. Die onderste laag is gegraveer met prosa relevant tot die persoon wat uitgebeeld word, en dit belemmer die besigtiging van die portret; die boonste laag glas dwing die kyker om deur hul eie refleksie na die portret te kyk en so smelt die kyker se beeld saam met die portret om ’n eenheid te vorm.

In die reeks stillewe werke Objects of Enlightenment, deur Michele Davidson, word ’n nuwe manier van kyk na alledaagse objekte aan die kyker getoon en openbaar. Die kunstenaar poog om ’n spirituele katarsis aan die kyker te openbaar deur middel van haar werk. Dit is die kunstenaar se intensie dat die kyker die ruimte rondom die objek, sowel as die objek self, sal beleef as van gelykstaande belangrikheid.

Die eenvoud van die objekte en hul monochromatiese kleurskema skep ook ’n spirituele atmosfeer. Davidson transformeer die ordinêre na ’n eteriese plato om portrette van ikone te skep eerder as objekte.

Gratis daagliks, Prince Vincent-gebou, Baron van Rheedestraat

 

Besoek die virtuele galery

Gaan terug na die kunstenaarlys

 

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

 

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top